Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afgedankte Onderwyser
Afgedankte Onderwyser [boodskap #24285] |
Mon, 28 June 1999 00:00  |
roy...
Boodskappe: 68 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek lees in die clari.world.africa.south_africa nuusgroep dat 'n onderwyser
in Cullinan afgedank is nadat hy uit Herman Charles Bosman se werk aangehaal
het in 'n eksamenvraestel. Vir die van ons wat oorse bly, die volgende
aanhaling het hom blykbaar sy werk gekos: "Alive, you couldn't go wrong in
distinguishing between a white and a kaffir. Dead, you had a great
difficulty in telling them."
Nou ja, dit lyk vir my of mens maar baie versigtig moet wees met die
aanhalings wat mens kies vir 'n vraestel. Ook maar goed ek het afgetree op
so 'n vroeë ouderdom. Ek dink nie ek sou oorleef het in die nuwe
Suid-Afrikaanse onderwysstelsel nie - ek het altyd my leerlinge uitgelok met
interessante aanhalings.
Die skoolhoof ontken dat dit die rede vir sy afdanking was, maar mens moet
seker wonder. Volgens die artikel is die gebruik van die woord "kaffer"
heeltemal onaanvaarbaar sedert 1994 en word dit net deur wit rassiste in
private geselskap gebruik.
Groete
Royleen
|
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24327 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Tue, 29 June 1999 00:00   |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> e...@dot.com (Johan) writes: > On 28 Jun 1999 12:20:03 GMT, wrote:
>
>
>> Twee witmense sal HCB lees en een sal aanstoot
> neem en een sal dit in konteks
>> sien waarin dit gekryf is.
>
> Nee Johan, enigiemand wat 'n kortverhaal
> van Bosman enduit lees, sal dadelik die
> konteks snap, en sien wat Bosman beoog
> met die dialoog of monoloog wat hy
> beplan het. Dis net iemand wat Bosman
> heel uit konteks aanhaal, wat sonde
> soek. Want dan loop hy die gevaar dat
> mense wat Bosman nie ken nie, kan dink
> dat wat hy aanhaal, Bosman se opinies
> is. Dis juis daarom dat dit so dom is
> om so 'n aanhaling in 'n eksamenvraestel
> te sit, al beoog jy miskien om die
> leerlinge te toets oor wie wat geskryf
> het. En in die klimaat van rasseverhoudings
> in Suid-Afrika vandag, het so 'n onderwyser
> net sonde gesoek, al was sy bedoelings
> goed.
>
> Gloudina
Was dit nie 'n voorgeskrewe boek gewees nie?
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24328 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Tue, 29 June 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> e...@dot.com (Johan) writes: > On 28 Jun 1999 12:20:03 GMT, wrote:
>> Twee witmense sal HCB lees en een sal aanstoot
> neem en een sal dit in konteks
>> sien waarin dit gekryf is.
> Nee Johan, enigiemand wat 'n kortverhaal
> van Bosman enduit lees, sal dadelik die
> konteks snap, en sien wat Bosman beoog
> met die dialoog of monoloog wat hy
> beplan het.
Korrek. Beide Bosman _en_ Twain skep self die "konteks" waarin hul werk
verstaan moet word.
> Dis net iemand wat Bosman
> heel uit konteks aanhaal, wat sonde
> soek. Want dan loop hy die gevaar dat
> mense wat Bosman nie ken nie, kan dink
> dat wat hy aanhaal, Bosman se opinies
> is. Dis juis daarom dat dit so dom is
> om so 'n aanhaling in 'n eksamenvraestel
> te sit, al beoog jy miskien om die
> leerlinge te toets oor wie wat geskryf
> het.
Is dit wat die onderwyser gedoen het?
> En in die klimaat van rasseverhoudings
> in Suid-Afrika vandag, het so 'n onderwyser
> net sonde gesoek, al was sy bedoelings
> goed.
Ek dink jy veroordeel op grond van aannames hier, Gloudina. Jy het dit met
angelina gedoen, onhou?
|
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24330 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Tue, 29 June 1999 00:00   |
Alwyn Nel
Boodskappe: 174 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek was die "skelwoord" BOER toegevoeg in my diensplig dae (patrollies
in die swart woonbuurte.) Of dan FOKKEN BOER as jy wil. (Scary - scary
days - daai R1 in jou hande het vanself gebewe, dit was nie bang-geit
nie) Nou kyk, dit maak nie saak watse voorvoegsel gebruik was nie, dit
het my nooit vernederd of beledig laat voel nie. Inteendeel, dit was
'n eer om 'n fokken boer genoem te word, deur watter ras ookal.
Hoekom neem die mense wat die term "kaffer" as aanstootlik beskou nie
die initiatief en draai dit in hul voordeel nie. Nog 'n voorbeeld: jy
kan nie meer vandag 'n homoseksuele persoon beledig deur hom die term
"moffie" toe te snou nie. Hy sal doodeenvoudig omdraai en se "proud to
be one, dear!"
En nog 'n voorbeeld: Stakings by die SAUK destyds het die bestuur laat
besluit om die (oorwegend) swart unie lede toegang tot die perseel te
weier. 'n Baie geliefde, joviale jong man wat ook onder die kategorie
"kleurling" sorteer wou nie aan die staking deelneem nie, tenspyte van
sy (gedwonge) affiliasie met die unie.
Getrou aan boere mannemoed het die klomp ambagsmanne hom etenstyd in
'n hoek gedryf en gevra hoekom hy nie ook buite staan en toi-toi nie.
Se die knaap in gewone Afrikaans, "maar ek is mos net 'n halwe kaffer,
my baas :-)."
Iemand kan jou selfs 'n "bastard" noem, en jy kan dit "so what"
tersyde vee. Wat is nou so erg aan ander "labels"
Awyn - uit pragtige Perth
Volgens die artikel is die gebruik van die woord "kaffer"
> heeltemal onaanvaarbaar sedert 1994 en word dit net deur wit rassiste in
> private geselskap gebruik.
>
> Groete
> Royleen
>
|
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24362 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Wed, 30 June 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
e...@dot.com (Johan) writes:
> On Mon, 28 Jun 1999 21:57:03 GMT, Leendert
van Oostrum
> wrote:
>
> |
> |Sotte soos jy, hoofsaak... ..
>
>
> Gloudina, dink jy nie ons moet dalk probeer om Leendert ook sover te kry om nie
> meer sulke persoonlik aanvalle te loots nie - of dink jy my logika is nou te
> gestrem...?
>
> Dink jy hy sal 'n geldige punt kan maak sonder om 'n ander ou se persoon af te
> skiet?
Leendert doen maar net wat jy aanhoudend
op hierdie nuusgroep gedoen het. Leendert
is ten minste eerlik, en doen nie die een
ding en maak, soos jy, asof jou hande so
skoon is nie. Jy was en is nog die meester
van persoonlike aanvalle. Om vir iemand
'n sot te noem, is nog binne die raam van
argument. Om mense weerwolwe te noem, en
seksistiese opmerkings oor mense te maak,
is baie verder af in die skaal van agteraf-
geit. En dis die manier waarop jy reageer
wanneer mense oor onderwerpe praat waar
hulle van jou verskil. So moenie by my
kom simpatie soek nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24363 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Wed, 30 June 1999 00:00   |
Shannon
Boodskappe: 220 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan wrote in message ...
> On 30 Jun 1999 12:35:23 GMT, wrote:
knip-knip
> Die afgelope paar dae se positiewe bydraes was so lekker ! Ek sal dit nie
> graag wil bederf nie en ek dink ons almal moet probeer om dit te laat voortleef.
>
> Ek was onlangs baie 'n baie interesante museum - en ek het lekker lang stukke
> daaroor geskryf en vir familie gestuur. Toe dag ek ouens hier op die nuusgroep
> sal dit dalk interesant vind. En toe besef ek, gee nie om hoe polities korrek
> ek dink ek dit sal skryf nie, iemand sal seker weer suurbraak daaroor. En die
> museum het min met enige "thorny issues" te doen.
>
'Iemand-sal-seker-weer-suurbraak-daaroor (wat in Kanada woon) moet asb nie
Johan se brief aan sy familie lees nie. Johan, ons ander lees graag.
Tussen hakies, ek sou my boute, moere en skroewe 'strip' as iemand my as
sotlik beskryf.
Indien ek egter as 'n weerwolf beskryf word (deur dieselfde persoon wat
grappe maak oor die Vrystaters), sal ek weet om dit af te lag!
Alhoewel, as ek in die spieël kyk... en ek lyk na 'n weerwolf.... sou ek
seker ook so reageer en... askies, ek dwaal van die punt af!
(Gloudina, ek terg net!)
Johan ons wag in spanning op jou skrywe aan jou familie.
Groete
Shannon
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24364 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Wed, 30 June 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 30 Jun 1999 12:35:23 GMT, wrote:
| Leendert doen maar net wat jy aanhoudend
| op hierdie nuusgroep gedoen het. Leendert
| is ten minste eerlik, en doen nie die een
| ding en maak, soos jy, asof jou hande so
| skoon is nie. Jy was en is nog die meester
| van persoonlike aanvalle. Om vir iemand
| 'n sot te noem, is nog binne die raam van
| argument. Om mense weerwolwe te noem, en
| seksistiese opmerkings oor mense te maak,
| is baie verder af in die skaal van agteraf-
| geit. En dis die manier waarop jy reageer
| wanneer mense oor onderwerpe praat waar
| hulle van jou verskil. So moenie by my
| kom simpatie soek nie.
Oh wel, ek het probeer en sal nog aanhou probeer om op 'n meer beskaafde manier
hier deel te neem. Jy was die een wat gevra het dat ek nie meer jou
weerwolwigheid moet noem as die maan vol is nie - jy het by my kom simpatie
soek. Ek het allermins jou simpatie nodig.
Ek beweer ook nie dat my hande skoon is nie - maar ek glo vas dat 'n mens kan
verander en dat ek besig is om dit reg te kry.
Die afgelope paar dae se positiewe bydraes was so lekker ! Ek sal dit nie
graag wil bederf nie en ek dink ons almal moet probeer om dit te laat voortleef.
Ek was onlangs baie 'n baie interesante museum - en ek het lekker lang stukke
daaroor geskryf en vir familie gestuur. Toe dag ek ouens hier op die nuusgroep
sal dit dalk interesant vind. En toe besef ek, gee nie om hoe polities korrek
ek dink ek dit sal skryf nie, iemand sal seker weer suurbraak daaroor. En die
museum het min met enige "thorny issues" te doen.
|
|
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24368 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Wed, 30 June 1999 00:00   |
Johann de Jager
Boodskappe: 30 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
roybob skryf in boodskap news:Jgyd3.16891$PN5.43850@newsfeeds.bigpond.com...
> Volgens die artikel is die gebruik van die woord "kaffer"
> heeltemal onaanvaarbaar sedert 1994 en word dit net deur wit rassiste in
> private geselskap gebruik.
>
> Groete
> Royleen
>
Nou wat van ons kleurvolle woorde soos die volgende:
kafferbaai, kafferbier, kafferblits, kafferboom, kafferboontjie,
kafferbroodboom, kafferdraffie, kafferbrak, kafferkoring, kafferpak (Italië
0, ons 101), Kaffertjie en kaffertjie (Twee betekenisse), kafferwaatlemoen
en nog talle ander.
Groetnis
Johann
|
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24370 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Wed, 30 June 1999 00:00   |
roy...
Boodskappe: 68 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In article ,
"Johann de Jager" wrote:
Hmm, 'n heel interessante vraag. Ek weet daar is mense in die omgewing
waar my ma woon wat die naam "Kafferkuilsrivier" wil verander... En as
die Springbokke die Wallabies so lekker klop, dan is daar nie 'n woord
vir my wat dit so goed en so eg Afrikaans beskryf soos "kafferpak"
nie. Bietjie van 'n tameletjie, ne?
Groete uit 'n grys en nat Brisbane )die een dag wat ons slagspreuk nie
beskryf nie...)
Royleen
> Nou wat van ons kleurvolle woorde soos die volgende:
>
> kafferbaai, kafferbier, kafferblits, kafferboom, kafferboontjie,
> kafferbroodboom, kafferdraffie, kafferbrak, kafferkoring, kafferpak (Italië
> 0, ons 101), Kaffertjie en kaffertjie (Twee betekenisse), kafferwaatlemoen
> en nog talle ander.
>
> Groetnis
> Johann
>
>
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
|
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24393 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Thu, 01 July 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johann de Jager wrote in message ...
> Nou wat van ons kleurvolle woorde soos die volgende:
>
> kafferbaai, kafferbier, kafferblits,
(Nog nie) verander nie.
> kafferboom,
Koraalboom
> kafferboontjie, kafferbroodboom, kafferdraffie, kafferbrak,
(Nog nie) verander nie.
> kafferkoring,
Sorgum / sorgumgraan
Daar is al 'n hele handvol plekname met "kaffer" (Kafferskraal, Kafferskuil,
ens) wat verander is.
Persoonlik dink ek dis stapelgek. Maar nou moet ek sê: Die gebruik van die
woord "kaffer" vir swartmense is al dekade lank onaanvaarbaar in die kringe
waarin ek beweeg. Nie net sedert 1994, soos in artikels wat Royleen lees
nie.
Wat ek wel vind, is dat ek dit in die onlangse tyd onwillekeurig begin
gebruik het in die konteks van insidente met Taxis, sommige
onderwysamptenare, ens.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24428 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Fri, 02 July 1999 00:00   |
Tobie de Villiers
Boodskappe: 50 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
hotnosvis?
boerewors?
-------------------------------------
Johann de Jager wrote in message ...
>
> roybob wrote in message
> news:Jgyd3.16891$PN5.43850@newsfeeds.bigpond.com...
>>
> Volgens die artikel is die gebruik van die woord "kaffer"
>> heeltemal onaanvaarbaar sedert 1994 en word dit net deur wit rassiste in
>> private geselskap gebruik.
>>
>> Groete
>> Royleen
>>
> Nou wat van ons kleurvolle woorde soos die volgende:
>
> kafferbaai, kafferbier, kafferblits, kafferboom, kafferboontjie,
> kafferbroodboom, kafferdraffie, kafferbrak, kafferkoring, kafferpak (Italië
> 0, ons 101), Kaffertjie en kaffertjie (Twee betekenisse), kafferwaatlemoen
> en nog talle ander.
>
> Groetnis
> Johann
>
|
|
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24431 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Fri, 02 July 1999 00:00   |
Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
"Alwyn Nel" wrote:
> Ek was die "skelwoord" BOER toegevoeg in my diensplig dae (patrollies
> in die swart woonbuurte.) Of dan FOKKEN BOER as jy wil. (Scary - scary
> days - daai R1 in jou hande het vanself gebewe, dit was nie bang-geit
> nie) Nou kyk, dit maak nie saak watse voorvoegsel gebruik was nie, dit
> het my nooit vernederd of beledig laat voel nie. Inteendeel, dit was
> 'n eer om 'n fokken boer genoem te word, deur watter ras ookal.
>
> Hoekom neem die mense wat die term "kaffer" as aanstootlik beskou nie
> die initiatief en draai dit in hul voordeel nie. Nog 'n voorbeeld: jy
> kan nie meer vandag 'n homoseksuele persoon beledig deur hom die term
> "moffie" toe te snou nie. Hy sal doodeenvoudig omdraai en se "proud to
> be one, dear!"
Btw, wat is de taalkundige achtergrond voor mof(fie)?
In het Nederlands is dat nl. een scheldwoord voor de Duitsers, 'Mof',
meervoud 'Moffen'; meest gebruikt in en na de 2e wereld oorlog (net als
Kraut (kool) in het Engels, en Boche (varken) in het Frans).
Waar de preciese betekenis is van het Nederlande Mof weet ik eigenlijk niet
eens....technisch gezien is 'mof' een schuif-las/verbinding....bij homo's
kan dat eventueel een verklaring zijn....;-))
--
Bye,
Willem-Jan Markerink
The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand
[note: 'a-one' & 'en-el'!]
|
|
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24434 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Fri, 02 July 1999 00:00   |
Tobie de Villiers
Boodskappe: 50 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
so jou familie bly hier naby my
kafferkuilsrivier het nou die naam goukou rivier gekry
maar die naambord bly nie lank op nie, die oorspronklike een
is ook verwyder voordat die agbare minister dit
kon verwyder, hulle laat to 'n andereen maak en word
toe aangesit vir die koerante se onthalwe
lekker hier in die suid kaap, groete ook daai kant
toe
tobie
roy...@my-deja.com wrote in message ...
> In article ,
> "Johann de Jager" wrote:
>
> Hmm, 'n heel interessante vraag. Ek weet daar is mense in die omgewing
> waar my ma woon wat die naam "Kafferkuilsrivier" wil verander... En as
> die Springbokke die Wallabies so lekker klop, dan is daar nie 'n woord
> vir my wat dit so goed en so eg Afrikaans beskryf soos "kafferpak"
> nie. Bietjie van 'n tameletjie, ne?
>
> Groete uit 'n grys en nat Brisbane )die een dag wat ons slagspreuk nie
> beskryf nie...)
> Royleen
>
>> Nou wat van ons kleurvolle woorde soos die volgende:
>>
>> kafferbaai, kafferbier, kafferblits, kafferboom, kafferboontjie,
>> kafferbroodboom, kafferdraffie, kafferbrak, kafferkoring, kafferpak (Italië
>> 0, ons 101), Kaffertjie en kaffertjie (Twee betekenisse), kafferwaatlemoen
>> en nog talle ander.
>>
>> Groetnis
>> Johann
>>
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
|
|
|
|
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24523 is 'n antwoord op boodskap #24285] |
Tue, 06 July 1999 00:00  |
Johann de Jager
Boodskappe: 30 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
lou skryf in boodskap news:377B3B90.15C3@hotmail.dinges.com...
> Leendert van Oostrum wrote:
>>
>
> Nog 'n bvoorbeeld - Houtkop stasie in Vereniging na Houtheuwel. histeries aan die lag van te raak>
>
Houtkopweg in Vereeniging is darem nog steeds Houtkopweg. Sukkel seker om
Houtheuwelweg op die bordjie in te pas.....
Johann
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 02:04:59 UTC 2025
|