Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Genoeg is genoeg
Genoeg is genoeg [boodskap #24504] Ma, 05 Julie 1999 00:00
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Daar kom 'n tyd wanneer 'n mens hande in die lug moet gooi en erken dat jy
nie kan wen nie; wanneer 'n mens so keelvol word dat jy nie meer kan sluk
nie, en slegs 'n slegte smaak in die mond oorbly; wanneer al jou pogings op
niks uitloop nie. Natuurlik is die gevaar altyd daar wanneer 'n mens se
verwagtinge te hoog is; wanneer jy dink dat jy dalk 'n verskil kan maak aan
die soort gesprek wat plaasvind; en wanneer jy dink dat, al kan jy nie iets
verander nie, jy ten minste iets kan leer. Sien, ek soek altyd geleentheid
om te groei; om myself op een of ander manier te verbeter as mens. Daarom
het ek aangebly, ten spyte van my gevoel aan die begin dat dit seker nie die
moeite werd sal wees nie.

Maar die enigste ding wat op hierdie nuusgroep kan floreer, is nyd, en
bitterheid, en agterdog. Presies dieselfde dinge wat my in Suid-Afrika in
'n web vasgevang het, en my amper in 'n aggressiewe, neerslagtige persoon
laat verander het. Voordat dit kon gebeur, het ons ons droom gevolg en
onsself betyds uit daardie greep losgeruk. Ek het met opgewondenheid die
nuusgroep ontdek, maar nou moet ek erken dat houdings nooit verander nie; en
dat sekere mense altyd 'n rede sal vind om jou te beledig en af te kraak.
En ongelukkig is dit diesulkes wat so 'n sterk houvas op die groep het -
niemand en niks sal dit kan verander nie. Hoogmoedige, alleswetende,
onverdraagsame mense - die oorheersende indruk wat mense van Suid-Afrikaners
het. Selfs hier kan mens hulle op 'n afstand identifiseer. Nie veel het
verander in die nuwe Suid-Afrika nie - en ek wil nie met sulke mense
geassosieer word nie. En ek het geen begeerte om weer in dieselfde web
vasgevang te word nie.

Ja, ek kan die "Hoera!" en die "Amen!" en die "Good Riddance!" in die
agtergrond hoor. Spaar julle asem - ek gaan beslis nie op die randjie
huiwer om reaksies dop te hou nie. Ek stel net nie meer belang nie. Ek
verkies om hier in my pragtige paradys op die mooie te konsentreer - om die
wilde varings en palmbome te sien groei, die kookaburras te hoor lag en die
papegaaie, kokketiele en lorikiete in my tuin te sien eet en die magpies se
klokkespel te geniet.

En miskien eendag, wanneer ek die gevaar loop om al hierdie dinge as
vanselfsprekend te aanvaar, sal ek weer vinnig inloer om myself te herinner
daaraan hoe aaklig dinge kan wees. Miskien, in die jaar 3003.

Eva uit Queensland - die Blond van Brisbane
Vorige onderwerp: "Dolosse" deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: Afgedankte Onderwyser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:26:56 MGT 2024