Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die ligtere sy...van Student wees
Die ligtere sy...van Student wees [boodskap #24335] Di, 29 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Jun 1999 10:59:12 GMT, Leendert van Oostrum wrote:

|> Jy is daar reg midde in die studentegemeenskap - is daar nog poetsbakkery
|> onder studente aan die gang ? Is dit nog dieselfde poetse van die jaar
|> voor die vark (my tyd op Tukkies) of het die aard daarvan verander?? Is
|> daar nog dosente wie se reputasie 50% daaruit bestaan hoe hy kon terugkap ??
|>
|
|Nee. Almal is vreeslik ernstig. Transformasie is 'n gewigtige saak, en
|'n multikuturele, Politiek Korrekte, gemeenskap laat nie veel ruimte,
|lyk dit my, vir grappies nie. Grappies word gevaarlik.

Hieroor kan ons net treur en maar vir mekaar stories uit die ou tyd vertel...toe
dit nog 'n sorgvrye lewensstyl verteenwoordig het. Behalwe nou vir
eksamentyd...

Seker die mees klassieke universiteitsstorie is die eksamen vraestel waarop die
student 'n klip geteken het met 'n notatjie by : "Die antwoord is onder die
klip"
Toe hy sy vraestel terugkry, sien hy die proffie het ook 'n klip geteken met
hierdie nota daarby: "Jou punte is onder hierdie klip"

en dan is daar Prof Schoombee van RAU - briljante viskundige, maar "effens"
verstrooid en baie geliefd onder die studente. 'n Vriendin van my was in sy
klas toe hy voor 'n vistenk staan en verduidelik. Op een stadium wil hy 'n vis
uithaal - skuif toe ook sy baadjie en witjas mou hoog op. En toe steek hy die
ander hand en moue in die water .....

Vere Ferreira het vertel waar Prof Schoombee op die labs se dak by hom kom staan
het waar hy oor 'n mikroskoop gebuig was, besig om visskubbe se jaarringe te
tel. Hy het nie opgekyk nie, maar skielik het die prof se stem net verdwyn.
Metdat Vere omkyk, sien hy net prof se kop verskyn bo die rabnd van een van die
visdamme wat daar op die dak is. Hy het blykbaar so al geselsend
agteruitgetree en nie besef hy is naby 'n visdam nie...

Dit was darem vreeslike lekker dae daardie.
Re: Die ligtere sy...van Student wees [boodskap #24412 is 'n antwoord op boodskap #24335] Do, 01 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dit laat my dink aan die storie van prof Con Viljee (de Villiers) hier
van Maties: Volgens oorlewering...

Kyk hy het mos dierkunde (soölogie) gedoseer. Of soos hy in sy kenmerkende
Overbergse bry sou sê: Dieggkunne!

In elk geval was Koos Meyer ook dan nou in die klas, en moes hulle vir 'n
vakansieprojek dan nou 'n versameling van insekte vanuit hulle tuis omgewing
saambring na 'n Maart of September vakansie. Natuurlik het Koos weer die
storei een te ver gevat, en sommer so paar van die insekte "uitmekaar"
gehaal en toe "onderdele" tussen hulle geruil. Die spulletjie is toe nou
mooi op 'n kaart gemonteer, ewe met name daarby.
Terug op Matieland is onse vrind Koos natuurlik voor in die koor om darem te
wys dat hy ook iets gedoen het.
Toe dr Con nou Koos se "taak" onder oë neem, sien hy naturrlik dat alles nie
pluis is nie: Mier se kake sit dan nou by bobbejaan spinnekop en die se
pote is aan sprinkaan...
Storm die ou daar by die klas uit na sy kollega langsaan:
"Kyk hiegg Koeggt! Die aggme donner het jou wgagtag waagg 'n hele spul nuwe
spesies ontdek. En daaggmee saam sommer sy toekoms ook afgeskggywe..."

'n Ander staaltjie is van die studente wat in die fisiologie klas sit. Die
manlike geslagsorgaan word behandel en so terloops vra die prof of iemand in
die klas weet wat die gemiddelde lengte van mans in Java se penisse is.
Voor in die klas is 'n jong dame erg onsteld oor die prof dan nou so
vrypostig en ongepoets is. Sy vererg haar en vlie op, en stap met drif op
pad na die deur toe. Toe sy so aan die deurknop vat sê die prof: " Juffrou,
die volgende vlug Java toe vertrek eers volgende week!"
Re: Die ligtere sy...van Student wees [boodskap #24443 is 'n antwoord op boodskap #24335] Vr, 02 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Twee studente gaan vang vis en toe die een klaar sy aas aangesit en ingegooi
het, sit hy terug en skree oor sy skouer vir sy maat: "Het jy al ingegooi?"
Kom die antwoord: "Nee! Ek soek nog die glase!"

Groetnis

Johann
Re: Die ligtere sy...van Student wees [boodskap #24485 is 'n antwoord op boodskap #24335] So, 04 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius Grobler  is tans af-lyn  Marius Grobler
Boodskappe: 12
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
My kleinboet doen nou sy honeurs na-ure. Hy vertel dat daar twee ouens is
wat vreeslik gesels agter in die klas. Die prof het hulle eers gelos omdat
hy nie sinies wou voorkom nie, maar het later besluit om hulle tog te vra om
maar stiller te wees.

"Hoef u nie te luister nie?" het hy uiteindelik gevra.
"Nee prof, ons het laas jaar geluister" was die antwoord
Re: Die ligtere sy...van Student wees [boodskap #24554 is 'n antwoord op boodskap #24335] Di, 06 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
So 'n klompie jare gelede, toe ek nog na-uurs klas gedraf het, het 'n
prokureur 'n sekere vak aangebied.
Hy koop toe op 'n stadium vir hom 'n motor en ons moes twee maal per week sy
klagtes aanhoor oor al die foute en hoe hy sukkel met die betrokke
handelaar.

Hak een student een aand af met: "Ek dink dit is tyd dat jy vir jou 'n goeie
prokureur kry!". Ons het nooit weer iets gehoor van die motor se skete
nie...

Groetnis
Johann
Vorige onderwerp: Afgedankte Onderwyser
Volgende onderwerp: Re: borsslag..!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:29:45 MGT 2024