Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Oor dit en dat.......
Re: Oor dit en dat....... [boodskap #24085] So, 20 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Strand Jakkals  is tans af-lyn  Strand Jakkals
Boodskappe: 13
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hans wrote in message ...
> Dit lyk amper of julle wil regkom
> akademiese proefskrif oor die "mechanics" van humor>Vriendelik
> Omie

My ou Omie, jy ken nou mos al die Jakkals, ek is oop vir enige humor.
Soos ek die "mechanics" van humor sien, moet jy bereid wees om
vir jou self te lag, al staar jy nou ook die dood in die oë. Byvoorbeeld:

Kom ons sê maar jy staan eendag doer in die vlak, bitter vér van enige
dorp of plaas huis met 'n kennis aan jou sy, en jy antwoord moeder natuur
se roep. Skierlik voel jy 'n skerp pyn op die on-noembare plek, en 'n liggie
gaan aan in jou kop, SLANG !!! Jy vra jou kennis onm die gif uit te suig,
en hy sê dat jy beslis gaan sterf, dan moer 'n mens bereid wees om die
humor van die bedryf in te sien, al gaan jy dan nou ook nie dood nie.

Jy sien, die slang mag dalk net 'n pendoring tak wees. :o)) In elk geval,
daar is so baie morbiede? persone , gebeurtenisse in die wêreld, dat ons
beslis beteraf sal wees met so 'n paar glimlaggies so elke nou en dan.

Die persone wat 'n Jakkals wil skiet oor sy streke, is beslis swaarmoedig
en ken nie een Jakkals en Wolf storie nie !!! Dit is my "Disclaimer"

Yip-Yip-Yip
Re: Oor dit en dat....... [boodskap #24110 is 'n antwoord op boodskap #24085] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
"Hans" wrote:

Gehoor van die Aussie wat onlangs SA besoek het om die grootwild van
nader te beskou? Hy word toe in 'n kroeg deur een van die karakters
van die omgewing benader. Vra vir hom of hy dalk sal belangstel in 'n
regte safari, waar hy leeus kan jag. En natuurlik is die Aussie
dadelik geinteresserd. Hulle spreek toe af om die volgende oggend
vroeg te ontmoet. Hulle gaan toe die veld in en maak 'n kamp. Die
volgende oggend baie vroeg maak die boer die Aussie wakker en se vir
hom om in die tent te bly - hy sal gou die leeus gaan opsoek.

Tot sy grootste skok loop die boer reg in 'n leeu vas. Hy kyk na die
leeu, die leeu kyk na hom - en dis al wat die boertjie nodig gehad
het. Hy draai blitsvinnig om en begin in die rigting van die tent
hardloop, met die verwoede leeu kort op sy hakke. Hy hardloop deur die
tent en in die verbygang skreeu hy vir die verbaasde Aussie:

"You skin this one, Boet, I'll be back just now with another one!"

Royleen

> Dit lyk amper of julle wil regkom. Ek is oortuig hier's potensiaal op die
> ng-

> As jy onseker is oor jou eie vermoë tot humor, gee dan gerus vir ons 'n
> akademiese proefskrif oor die "mechanics" van humor. Alle bydraes is
> welkom. (Regtig - daar IS so 'n onderwerp)
>
> Vriendelik
> Omie
>
Vorige onderwerp: Re: Melbourne is ook 'n Radys
Volgende onderwerp: @igs=vigs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 07:00:39 MGT 2024