Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Melbourne is ook 'n Radys
Re: Melbourne is ook 'n Radys [boodskap #24082] So, 20 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
hvl  is tans af-lyn  hvl
Boodskappe: 17
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Haai oe,

lyk my amper al die Wegloopafrikaners bly in Astraailia of Kjenneda. Of die
Styts. Nou wa ekke bly is baie gras. Plat gras. En dis so plat omdat die
koeie dit opeet. En as die koeie dit nie opeet nie, dan verdrink dit vanself
in die grondwater. Ma as jy mooi kyk, is dit miskien nie eers gras nie, maar
dagga. Dis miskien hoekom die kaas van daai koeie so poppieler is. Nou ja,
en so hier en daar staan 'n windmeul uit toeka se dae, maar meestal staan
daar baie bome in rye, laang rye. En hulle staan langs al die baie paaie. En
al die baie paaie is vol karre. En baiekeer staan al daai karre ook in laang
rye. Hulle noem dit hieso 'files'. En dit gebeur tussen amper al die dorpe
in die oggend en in die aand. En verder lyk die huise hier maar vir my almal
baie eners. As jy oor die grens gaan Belgie toe lyk die huise weer darem 'n
bietjie verskillend van mekaar. En wat my nog opgeval het toe ek uit die
Baai hier aangekom het, is dat almal nuwe klere en nuwe skoene dra en in
nuwe karre ry. Selfs die lorries wat hieso rondry, is nuut. En hulle sny
hier die gras tussen die paaie. En as ek praat, se die mense dis 'grappig'
of 'apart'. En in die begin verstaan 'n mens dan nie eintlik wat hulle
daarmee bedoel nie, en dan word jy skaam of vies.

Maar nou ja, hieso is ook stede. (Ek sien almal brag hier oor hulle stede.)
Eintlik is hier nie juis iets anders as stede nie, come to think of it.
Hieso is nie eintlik een groot spesifieke downtown of so nie, maar die hele
plek is eintlik een groot stad, met tussenin dan van die kolle met al die
baie gras waarvan ek in die begin gepraat het. En behalwe nou vir al die
outydse huise wat almal so dieselfde lyk, is daar deesdae ook baie moderne
geboue, maar hulle lyk dan ook weer amper almal dieselfde. Dan's ek bly dat
dit maklik is om van hier af vinnig Londen toe te gaan, of Berlyn of
Brussel. En die berge met sneeu is ook maar 'n dag se ry hiervan af. En
deesdae kan 'n mens selfs 'n dagtrip Londen toe maak. Soggens 07h15 op die
ferry en saans 23h55 weer terug , en die ferry is maar 20 minute se ry van
hier af.

Een voordeel is dat, hoewel die wyk waar ek bly lekker rustig is, alles wat
'n mens nodig het sommer letterlik om die hoek is: kaasboer, groentenboer,
slager, schoenmaker, zonnebank, sauna, apotheek, drogist, tandarts,
huisarts, dierenarts, ziekenhuis, tramhalte, bushalte, station, strand,
kafee, Albert Heijn (Pick 'n Pay), Hema (OK), Bruna (CNA), Zeeman (Pep
Stores), etc. en sigarenboer met kondoomautomaat. En vir die gegadigdes ook
nog verskillende kerke en skole. En glo dit of nie, selfs die Transvaal is
hier. Maar daar gaan jy na toe as jy baklava of turkse brood wil koop of as
jy in die Hammam wil kyk vir mans met groot swart snorre en nat onderbroeke,
wat mekaar was en masseer. En by die Paul Krugerplein hou die Indiers
poederfeest en kan jy koffie drink in teehuis Ankara. Dis darem iets anders
as gras en klompe. By the way, die klompe sien jy net in souvenierwinkels en
in Marken en Volendam, waar die anties dit ok ma net dra vir die toeriste.
Van toeriste gepraat, hieso is 'n dorp wat bestaan uit amper net toeriste:
Amsterdam. Jammer dat die meeste nie verder as daai plek kom nie, want die
res is ok mooi om te sien, maar miskien is dit ok ma beter so, want die
helfte van daai toeriste is dronk of stoned opgeskote Engelse. En dis 'n
pes. Hulle kom daar aan met die busloads full oor naweke net vir seks (kyk)
en dagga rook. (En kots in die straat.) En rondle op die stasie dat jy oor
hulle moet spring. Die Hollanders kla net meer oor die Duitsers, wat in
hulle oe nog steeds die antichris is. Maar die toeriste wat ek nog gesien
het wat hulle die onbeskofste gedra het, was 'n spul Hollanders in Antwerpen
en 'n ander keer ook in Aaken, so hulle moet nie kla nie.

So nou't ek vir eers genoeg gevertel van die ou kluit waar ek op bly die
laaste paar jaar. Dink klink miskien of ek baie moan, maar eintlik bly ek
baie lekker hier. Hoewel die mense baie up front is hier, en graag hulle
neuse in mekaar se sake steek en altyd kommentaar het op alles, is hulle ook
baie vriendelik en oop. En dis veilig hier. En mens kan kaal loop op die
strand.

Nou tot die volgende keer dan,
Bye,
-Hansie Donsie
Den Haag
Re: Melbourne is ook 'n Radys [boodskap #24094 is 'n antwoord op boodskap #24082] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 20 Jun 1999 23:49:20 +0200, "hvl" wrote:

|Haai oe,
|
|En dis veilig hier. En mens kan kaal loop op die strand.
|
|Nou tot die volgende keer dan,
|Bye,
|-Hansie Donsie
| Den Haag
|
|
Het iemand vroeger die woord paradys gebruik..????
Vorige onderwerp: Re: why can't i read any of these messages??
Volgende onderwerp: Re: Oor dit en dat.......
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 10:23:47 MGT 2024