Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Nog 'n vraag
Re: Nog 'n vraag [boodskap #21785] Ma, 15 Maart 1999 00:00
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek gebruik ABAP/4 en Delphi, maar het my melktande gekry op Fortran (IV tot
'77), PL/1, Algol en Pascal (Basic ook daar so tussenin), hoekom wil jy
weet? Wil jy my headhunt?

Tjeers,
Dries

Fizzer wrote in message ...
> Is daar dalk enige programeerders wat hier rondkruip? Spesifiek in C++
> en die aaklige ou COBOL? Moet wees... Enige hardeware mense ?
>
> Fizzer die een wat NZ se weer haat
>
Re: Nog 'n vraag [boodskap #21786 is 'n antwoord op boodskap #21785] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Van Rooyen  is tans af-lyn  Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Hardeware.

Fizzer wrote in message ...
> Is daar dalk enige programeerders wat hier rondkruip? Spesifiek in C++
> en die aaklige ou COBOL? Moet wees... Enige hardeware mense ?
>
> Fizzer die een wat NZ se weer haat
>
Re: Nog 'n vraag [boodskap #21787 is 'n antwoord op boodskap #21785] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Gloudie het geskryf en gegroet :
>> Veels geluk vir Shannon/ Baie geluk
>> dat die res van die nuusgroep nie so
>> taalsnipperig is nie.
>>
>> Vlakvarkie
>>

Shannon het geskryf en ook gegroet :
> snipperigegroete!
> Shannon

Beide was snipperig met 'n :-)))

Wat van 'n nuwe woord wanneer iemand SO afskeid neem ???

Wat van SNIPPERGROETE ???

(Ek meen - mens kan allerhande goeters versnipper
hoekom nie ook groete nie ?)

Volbloed groete hiervandaan !
Omie
Re: Nog 'n vraag [boodskap #21788 is 'n antwoord op boodskap #21785] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Mar 1999 10:27:54 +0200, Fizzer wrote:

|Is daar dalk enige programeerders wat hier rondkruip? Spesifiek in C++
|en die aaklige ou COBOL? Moet wees... Enige hardeware mense ?
|
|Fizzer die een wat NZ se weer haat
|
Kom ek vertel jou wat werk: (om die weer nie te haat nie)

Jy moet positief ingestel wees daarteenoor. Geniet dit as dit reen. Vat jou
vrou en gaan stap in die reen tot jy deurnat gesoak is en dan lekker warm kakao
en pannekoek by die huis kan geniet agterna (onder andere).

Die reen moet jou dan weer die sonskyn dae soveel meer laat geniet.

Dink terug aan hoe geweldig droog dit in SA kan word dat jy nie eers met die
badwater mooi die ou paar blommetjies in jou tuin aan die lewe kon hou nie. Dan
waardeer jy weer die skoon reuk van die reen.

Maak jou huis se gordyne wyd oop sodat jy heeltyd buite die weer kan sien en
waardeer.

Ek wou Sondag gou iets van die "deck" buite af inbring, maar ek was kaalvoet met
net 'n kortbroek en T-hemp. Ek slip toe maar gou uit al was dit 3°C buite. En
daar kom ek agter dis windstil en ek voel glad nie die koue nie. Ek roep vir
vroulief en daar het die hele gesin toe so al kaalvoet in die lekker warm
son-van-die-suide-af op die deck baljaar. Ons kon toe ook die deur ooplos
totdat die son laer begin sak het.

In die middel van die winter het die son geen betekenis hier nie - hy gee net
lig, maar hier van Feb af begin hy al die huis lekker warm bak. Ons het glad
nie gordyne nie - net blinders en net soos ek in Nederland gesien het leef ons
hier saam met die Amerikaners met die blinders meesal oopgetrek. Die dae hier
is nou so mooi - ons het twee dae sneeu en dan drie weke sonskyn sjampanje weer!

Johan

PS Ek lei programmeerders op en leer hulle ook in die proses om COBOL te
gebruik.
Re: Nog 'n vraag [boodskap #21789 is 'n antwoord op boodskap #21785] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"nomad" writes:

> Wat's fout met die weer?
>
> Fizzer wrote in message ...
>> Is daar dalk enige programeerders wat hier rondkruip? Spesifiek in C++
>> en die aaklige ou COBOL? Moet wees... Enige hardeware mense ?
>>
>> Fizzer die een wat NZ se weer haat

Dit reen te baie.
Vorige onderwerp: Turbine
Volgende onderwerp: Afrikaans by die Technikon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 18:25:28 MGT 2024