Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Turbine
Turbine [boodskap #21781] Ma, 15 Maart 1999 00:00
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
*Turbine*

Die malle vleuels
Gaan om met die wind
Flitsende lemme
Wat energie verslind

Die wapperende waansin
Forseer in 'n straal
Dra sy meester se wese
In buise van staal

Vektor en motor
Verfynde tegniek
Beheer nog die waansin
Tot tegniese piek

Duisel verby
Die briljante ontwerp
Tot 'n puinhoop van lewens
In hopies van snert

Sesuur die nuus
´n Vervelend´ verhaal
Nou opgelewe
Deur brokke van staal

'n Lys van name
In sakke gehul
Die skok van geliefdes
Met trane vervul

-Gideon-
Vorige onderwerp: Stiefkind
Volgende onderwerp: Re: Nog 'n vraag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 01:15:49 MGT 2024