Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE LANDSVERLATERS
DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20753] |
Sun, 07 February 1999 00:00  |
Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DIE LANDSVERLATERS
Is hulle verstandiges of verraaiers?
Daar is geen metode om vas te stel hoeveel Blankes uit die RSA
padgegee het nie. Die syfers wat deur die Emigrasie Departement
verskaf word beteken, om die waarheid te sê, niks nie. Hulle kry slegs
die getalle van die mense wat openlik sê hulle gaan permanent die land
uit, en hulle is maar min. Die oorgrote meerderheid gaan die
land uit as toeriste en bly dan weg vir goed. Hulle soek werk sodra
hulle daar anderkant aangeland het of hulle stap in 'n betrekking in
wat hulle reeds vooraf gereël het. Dan eers, na 'n tyd, sodra hulle
hul nuwe burgerskap aanvaar kan hulle deel van die statistiek word. In
meeste gevalle gebeur dit ook nie want baie mense behou 'n
dubelle burgerskap. Dit het mode geword in vandag se wêreld om soveel
paspoorte as moontlik in jou baadjiesak te hê.
Verstandiges?
Die syfers wat in omloop is oor hoeveel mense reeds oorsee is, is pure
gissings. Een gerug wil dit hê dat daar 250 000 "Afrikaners" in Londen
alleen is. 'n Ander gerug sê daar is 40 000 South Africans net in
Perth alleen! Hierdie syfers is natuurlik bog. Ook die opgeblase
syfers wat die gerugte van Suid en Noord-Amerika af bring is totaal
onwaar. 'n Paar feite kristalliseer egter duidelik uit, nl. dat die
verre meerderheid emigrante Engelssprekend is.
Die Jode, wat Engelssprekend is het in groot getalle padgegee saam met
'n stywe getal Engelse. Die Engelssprekende Suid-Afrikaners vorm ook
'n groot porsie van die uitgaandes en die Afrikaanssprekendes is
laaste op die getallelys. 'n Skatting wat gemaak is uit ingeligte
bronne raam die totale getal vertrekdes op nie meer as 250 000
altesaam nie. Daarvan is die Afrikaanssprekendes moontlik so 40 000.
Die Boere tel 'n nietige getalletjie.
Na die groot de Klerk verraad van 1994 en die heftige vervolging van
Boere Vryheidsvegters het daar 'n klompie Boere die land verlaat. 'n
Paar van hulle het arrestasie met een dag vrygespring! Hierdie mense
was van die verstandiges want dit het geen sin gemaak dat hulle in de
Klerk se tronke gaan sit nie. Hulle is egter baie min, volgens
skatting, nie meer as 300 nie.
Engels & Engelssprekendes
Die grootste groep is die Engelse d.w.s. die mense wat nog nooit die
RSA ten volle aanvaar het maar steeds met 'n dubbele lojaliteit hier
agtergebly het. Hulle is die ware Souties wat met een voet in die RSA
en die ander in Engeland gestaan het. Tienduisende van hulle het
gevlug. Tesame met die Jode tel hul getalle seker by die 150 000.
Die Engelssprekendes is die ander groot groep van ongeveer 100 000.
Hulle is die ingeburgerde "South-Africans" wat steeds eentalig Engels
gebly het en kultureel ook nie deel van die RSA geword het nie. Die
feit bly staan dat as jy jou land kan verlaat en in 'n ander land gaan
woon sonder om jou taal prys te gee doen jy dit veel makliker as
die man wat sy hele taal en kultuur moet verander om anderkant aan te
pas. Dit is dan ook die rede waarom Afrikaanssprekendes in veel minder
getalle die land verlaat het.
Die Afrikaanstaliges wat wel uitgewyk het is van die liberales en
ontstamdes wat eintlik nooit 'n flenter omgegee het vir ons taal en
ons volk nie. Dis die NP en DP Afrikaners wat altyd teen ons Boere en
Regses kant gekies het en wie se vertrek in effek ons Boere se posisie
in die RSA versterk. Hulle is ons permanente vyande en hoe
minder daar van hulle in die land is hoe beter. Dis ook hulle wat
deurgaans JA gestem het en veroorsaak het dat die land weggegee is.
Die argument dat hulle witmense is en dat die blankes se posisie deur
hulle vertrek verswak word tel nie want hierdie mense het konsekwent
teen die belange van die blankes opgetree, hulle hele lewens. En
in enige moontlike komende krisis sal hulle weer teen ons Boere en die
ander blankes kant kies. Dit is inderdaad verblydend om te sien dat
baie van hulle die land verlaat.
Hardloop vinnig
Ons as kinders het altyd aan die verklikbekke onder ons geskreeu:
"Hardloop vinnig voor die pad vol duwweltjies word!" Dit wens ons ook
hierdie vlugtelinge toe en ons voeg daarby; " moet asseblief ook nie
weer terugkom nie want met 'n volgende krisis sal julle weer weghol."
Aan die Boere wat moes padgee sê ons "Julle is welkom
terug".
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20784 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Mon, 08 February 1999 00:00   |
bi...
Boodskappe: 100 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Daniel" wrote:
> Kyk, ek lees nou al lankal die nuusgroep, maar ek het lanklaas so 'n hoop
> loutere strond gelees. Liewe hemel maat, het jy dan nou nog nie besef dat
> jy nou naam krater maak met so 'n klomp onsin nie? Ons wat landuit is het
> ons redes - jy, of niemand anders het daarop enigiets te sê nie. Dit is
> snotbreins soos jy wat maak dat ons nie terug kom nie. Waar het jy en jou
> soort Suid Afrika laat beland? En nou wil jy die plek nog verder in die
> modder inwurg met die klomp rassehaat en oe"nskynlike dronkpraatjies.
>
> Jy is erger as 'n standerd sewe in 'n mondelingklas. Gaan dink so bietjie
> eers, en dan skryf jy.
>
> Danie,
> In Auckland, New Zealand (43 000 X-SA'ners)
> En dit gaan baie lekker, dankie
>
Dankie Danie, jy het sommer lekker gesê wat ek te polite was omte sê.
Billy.
|
|
|
|
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20829 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Tue, 09 February 1999 00:00   |
bi...
Boodskappe: 100 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>
> Kerm en kla maar nou soos wat julle wil; die Afrikaner/Boer wat
> aan die kunsmatige, ideologiese definisie van [o.a.] die F.A.K.
> van die eerste driekwart van hierdie eeu voldoen, is vir ewig
> daarmee heen. Frikkie en Leendert kan nog daarteen skop, maar
> ek vermoed dat daar nie oor die langtermyn vir die blanke [laat
> staan nog die Afrikaanssprekende] mens in Afrika 'n plek is nie.
>
> Die ondergang van die Afrikaner/Boer was sy aangewesenheid op
> volksvreemde arbeid, wat op sy beurt die gevolg was van gierigheid
> en [kortsigtige] magstrewe . . . trots. Daar is nou 'n paar
> pogingtjies aan die gang (bv. Orania) om die vloedgolf van verval
> te keer, maar ek vrees dit is te bietjie en te laat.
>
Ek kan net met jou saamstem. Maar hoe maak n mens vrede met die persoonlike
verlies wat die groot omwenteling behels? Is dit reg om net jou rug te draai
en te se, wel, dit pas my nie nou meer om hier bly en my waardes te probeer
uitleef nie? Tot watter mate het ons almal bygedra tot apartheid en tot
watter mate moet ons by die nuwe regime probeer voeg? Dit is so maklik om te
se, wel my voorouers het die gemors aanmekaargesit, ek is nie verantwoordelik
nie. Maar ons is. Elkeen wat daar gewoon het en skool gegaan het en asem
ingeneem het het bygedra tot die "hegemony" van Suid Afrika. En die tragedie
is dat sonder aparteheid die Afrikaner nie sou kon bestaan nie. Moet ons dus
die Afrikaner verloor as ons apartehied verloor? Kan die Afrikaner nie
bestaansreg he sonder apartehid nie? As dit wel die geval is -en so lyk dit
vir my -dan moet ons maar die hele ding scrap.
Billy.
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20830 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Tue, 09 February 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 09 Feb 1999 15:22:32 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
|Ja, ek stem saam. Maar my punt is dat dit n verlies is vir Suid Afrika.
Geweldig. Ek het nog altyd gedink aan die vae "breinkrag" waarvan almal praat -
en net omdat 'n mens dit nie kan kwantifiseer nie, Henri, beteken dit nie dat
dit nie belangrik is nie - inteendeel, ek is redelik bewus van my eie
professionele veld se verliese in Suid Afrika.
'n Vriend van my het my ook gewys op die verlies aan inkomste vir die land, uit
belasting.
| Dink net wat sou gebeur het as al daardie mense nie geloop het nie.
|Dink net hoe Suid Afrika sou geblom het as ons dinge so kon hanteer
|dat die mense gebly het en die land stabiel kon floreer.
|
Dis seker lekker om so daaroor te droom. En glo my, in die ses maande wat dit
ons geneem het om te besluit om te skuif, het ons lank en hard gesoek na tekens
oor die toekoms van die land...
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20831 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Tue, 09 February 1999 00:00   |
hen...
Boodskappe: 133 Geregistreer: June 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Billy sê:
> |Die Groot Trek boere het wel die Kaap verlaat maar hulle het by
> |gedra tot die opbou van n nuwe nasie en taal. Die Afrikaners wat
> |nou Suid Afrika verlaat bou nie die land nie maar dra by tot die
> |tragiese doodbloei van die Afrikanergetalle binne die land.
Johan sê:
> Ek stem nie saam nie. Hulle het nie bygedra tot die ontwikkeling van die Kaap
> nie. Die van ons wat nou SA verlaat het, dra by tot die bou van ons nuwe
lande.
Ek dink in die eerste plek sal julle moet gaan kyk watter wisselwerking daar
tydens die Groot Trek, en daarna, was tussen die ouens wat getrek het, en die
wat agtergebly het. Sonder die logistieke en morele steun van die agterblyers
sou die GT waarskynlik nie suksesvol kon plaasvind nie.
Uiteindelik het die ontwikkeling van die diamant- en goudmyne tog ook 'n
invloed op die Kaap gehad, Johan. Of dink jy die spoorverbindings van PE en
Kaapstad is vir eenrigtingverkeer gebou daai tyd?
Nie een van die twee groepe kon hulle werklik totaal losmaak van die ander
nie. Miskien, as jy en Frikkie, en wie nog wil, mooi daaroor gaan dink, sien
julle 'n soortgelyke situasie vandag. Is hierdie ng nie dalk jou naelstring
met SA nie?
Die logiese vraag is dan wat die ng vir my inhou, nê? Dis maklik. Ek is besig
om 'n databasis op te hou sodat ek die dag as ek op my wêreldreis gaan op
julle lot se nekke kan gaan lê!
Groete
Henri
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20832 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Tue, 09 February 1999 00:00   |
Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72 Geregistreer: November 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> On Mon, 08 Feb 1999 22:13:23 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
> |Die Groot Trek boere het wel die Kaap verlaat maar hulle het by
> |gedra tot die opbou van n nuwe nasie en taal. Die Afrikaners wat
> |nou Suid Afrika verlaat bou nie die land nie maar dra by tot die
> |tragiese doodbloei van die Afrikanergetalle binne die land.
Johan P:
> Ek stem nie saam nie. Hulle het nie bygedra tot die ontwikkeling
> van die Kaap nie. Die van ons wat nou SA verlaat het, dra by tot
> die bou van ons nuwe lande.
Kerm en kla maar nou soos wat julle wil; die Afrikaner/Boer wat
aan die kunsmatige, ideologiese definisie van [o.a.] die F.A.K.
van die eerste driekwart van hierdie eeu voldoen, is vir ewig
daarmee heen. Frikkie en Leendert kan nog daarteen skop, maar
ek vermoed dat daar nie oor die langtermyn vir die blanke [laat
staan nog die Afrikaanssprekende] mens in Afrika 'n plek is nie.
Die ondergang van die Afrikaner/Boer was sy aangewesenheid op
volksvreemde arbeid, wat op sy beurt die gevolg was van gierigheid
en [kortsigtige] magstrewe . . . trots. Daar is nou 'n paar
pogingtjies aan die gang (bv. Orania) om die vloedgolf van verval
te keer, maar ek vrees dit is te bietjie en te laat.
Ons wat getrek het kan maar net gelate terugsit en kyk hoedat die
donker, sosialistiese springkaanplaag die land oorweldig en uit-
mergel. Frikkie en kie. kan ons maar daarvoor blameer, maar dit
help niks nie. Noem ons maar "verraaiers". Sien hoe dít jou
saak bevorder.
Die landverlaters is maar deurgaans versiende realiste wat hulle
geliefdes en dit wat hulle kan beheer eenvoudig net teen die
onvermydelike Afrika-ramp wou beskerm.
Oor 'n paar geslagte is die blanke Afrikaner/Boer maar net nog
'n voetnota in die geskiedenisboeke - sonder die vermoë om
homself teen die verwronge, negatiewe beeld van die "populêre
waarheid" te verdedig. Tragies ? Ja. Onvermydelik ? Nee.
Kon ek dit verhoed het deur daar te bly? Ek betwyfel dit
ten sterkste. Frikkie en kie. het my "soort" tog in elk geval
nie nodig nie. Inteendeel; hy sal eerder sy energie bestee in
'n veldtog om die verlore LANDVERLATERS aan te val en af te
kraak, i.p.v. om 'n opbouende [maar steeds hopelose] daad ten
gunste van Afrikaner/Boeredom te verrig.
Hjalmar
________
|
|
|
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20902 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Wed, 10 February 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 09 Feb 1999 20:00:12 GMT, hen...@my-dejanews.com wrote:
|Ek dink in die eerste plek sal julle moet gaan kyk watter wisselwerking daar
|tydens die Groot Trek, en daarna, was tussen die ouens wat getrek het, en die
|wat agtergebly het. Sonder die logistieke en morele steun van die agterblyers
|sou die GT waarskynlik nie suksesvol kon plaasvind nie.
Goed, ek stem saam - ek wou eintlik net Billy se stelling weerspreek waarin sy
die GT se destinasie vergelyk met ons agtergeblewe vaderland:
"Die Groot Trek boere het wel die Kaap verlaat maar hulle het by
gedra tot die opbou van n nuwe nasie en taal. Die Afrikaners wat
nou Suid Afrika verlaat bou nie die land nie maar dra by tot die
tragiese doodbloei van die Afrikanergetalle binne die land."
|Nie een van die twee groepe kon hulle werklik totaal losmaak van die ander
|nie. Miskien, as jy en Frikkie, en wie nog wil, mooi daaroor gaan dink, sien
|julle 'n soortgelyke situasie vandag.
Ja wat, baie duidelik: op verskeie vlakke - familie wat kom kuier bring lekker
Cadbury sjokolade saam!! En ons familie wat moes agter bly maak ook nog vir 'n
verbintenis en heen en weer verkeer van mense, goedere en elektroniese briewe!
(Selfs my ou skoonma is op e-mail). Dan die meer on-kwantifiseerbare: ons
praat steeds Afrikaans in die huis en met helfte van ons vriende en kollegas,
ons hou so 'n lang oog op die nuus oor SA en ons sal altyd SuidAfrikaanse
ex-pats wees.
| Is hierdie ng nie dalk jou naelstring
|met SA nie?
Met so baie van die deelnemers in die buiteland? Ek dink ons sorteer hierdie
een liewer onder "stokperdjie" - ek kan nie juis gryp aan die idee dat ek met
iets soos 'n naelstring verbind moet wees aan sommige karrakters wat hier
deelneem nie! =|:^) Met apologie aan die van julle wat ordentlike norme en
standaarde handhaaf en intelegent kan redeneer.
|
|Die logiese vraag is dan wat die ng vir my inhou, nê? Dis maklik. Ek is besig
|om 'n databasis op te hou sodat ek die dag as ek op my wêreldreis gaan op
|julle lot se nekke kan gaan lê!
|
Ai ek wens nou ek kon vir jou sê dat elke nag hier in my huishouding jou 'n
klein slopie biltong gaan kos! Maar jy mag nie saambring nie en ek maak in elk
geval my eie! Bring maar net goeie geselskap en 'n oop kop - ek het baie om te
wys!
Johan (In oortje gehapt!)
|
|
|
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20906 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Wed, 10 February 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 09 Feb 1999 23:57:16 GMT, Billy wrote
|Ek kan net met jou saamstem. Maar hoe maak n mens vrede met die persoonlike
|verlies wat die groot omwenteling behels?
As jy 'n positiwe lewenshouding het, maak die baie voordele wat jy kry nogal op
vir die verliese. 'n Baie moeilike ding is om ouers in SA agter te laat - vir
ons is dit die swaarste, ten spyte van hulle ondersteuning en aanmoedihging
tydens ons skuif.
| Is dit reg om net jou rug te draai
|en te se, wel, dit pas my nie nou meer om hier bly en my waardes te probeer
|uitleef nie?
Billy, dis nie 'n geval van NET jou rugdraai nie - dis 'n baie lang proses -
altans dit was vir ons - ons het omtent ses maande dit oorweeg en toe ses maande
lank besluit en begin aktief soek na geleenthede en navorsing gedoen in waarvoor
ons inlaat.
My twee seuns is/was baie lief vir hulle een ouma wat naby ons gebly het en wat
ons ten minste een maal per week gesien het en ons het besef dit sal nou
prakties gesproke wees asof die ouma vir die seuns doodgaan. Sulke besluite kom
nie maklik nie.
| En die tragedie
|is dat sonder aparteheid die Afrikaner nie sou kon bestaan nie. Moet ons dus
|die Afrikaner verloor as ons apartehied verloor? Kan die Afrikaner nie
|bestaansreg he sonder apartehid nie?
No way! Hier het jy dit heel verkeerd, dink ek! Die Afrikaner moet net nie so
ekskuus dat ek lewe houding hê nie!
Ons sou bestaan gee nie om wat die politiek van die dag was nie. Sonder
apartheid sou ons dalk beter mense gewees het....
Selfs hier waar ons nou is, is ons nog Afrikaners - ons mag dalk die laaste
geslag wees van Afrikaners soos jy dit ken, maar ek sien dit maar net dat ons
geslagte hier deur 'n soort van 'n versnelde evolusie gaan. My seuns se
families sal seker Amerikaans wees. Maar in die proses sou daar tog bietjie
van die Afrikaner se wese in Amerika afskaaf. (Hier daag ook nou so baie
Afrikaners op, my seuns kry dalk Afrikaner meisies om mee te trou!)
|
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20908 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Wed, 10 February 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
bi...@mgenerations.net wrote in message
> Dit is so maklik om te
> se, wel my voorouers het die gemors aanmekaargesit, ek is nie verantwoordelik
> nie. Maar ons is.
> Elkeen wat daar gewoon het en skool gegaan het en asem
> ingeneem het het bygedra tot die "hegemony" van Suid Afrika.
Twee aannames, wat nie noodwendig korrek is nie: a) dat elkeen wel bygedra
het; b) dat die sg. "hegemony" (wat dit ookal beteken) inderdaad 'n BAD
THING is/was.
> En die tragedie
> is dat sonder aparteheid die Afrikaner nie sou kon bestaan nie.
Dwase foute: a) dat daar so iets is as "die Afrikaner"; b) dat hierdie
entiteit (wat dit ookal is) nie sonder "apartheid" (wat _dit_ ookal is - ek
prober al twee jaar om Gloudina te kry om te sê wat sy daarmee bedoel) sou
kon voortbestaan nie.
> Moet ons dus
> die Afrikaner verloor as ons apartehied verloor? Kan die Afrikaner nie
> bestaansreg he sonder apartehid nie? As dit wel die geval is -en so lyk dit
> vir my -dan moet ons maar die hele ding scrap.
>
> Billy.
Liewe Billy,
Scrap liewer jou ongegronde aannames en dwase argumente.
Begin voor, bewapen jou met betroubare inligting, defnieer die terme en
begrippe waarmee jy dink oor die saak, dink weer, en hersien dan jou
gevolgtrekking.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20918 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Wed, 10 February 1999 00:00   |
bi...
Boodskappe: 100 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
wrote:
> bi...@mgenerations.net writes: > >
>
>> Ek staan by wat ek se. Die Afrikaner se identiteit is gebou om die
>> Kalvinistiese geloof dat hulle uitverkore was om die land te eien.
>
> Luister, Billy. Ek het seker in 'n ander
> land grootgeword as jy. My ouers het my
> nooit geleer dat ons 'n uitverkore volk
> is nie. En enige predikant wat dit vir
> my gepredik het, het ek verwerp vir die
> snert wat dit is.
My ouers het my ook nooit sulke goed geleer nie. My kerk het
my dit nie geleer nie. Maar was daar swartes in jou kerk langs
jou op die bankies? Was daar swartes in jou skool langs jou op
die bankies. Was jou kerels wit of swart langs jou op die
bankies Gloudina?
Min mense het hardop daaroor gepraat want dit was so deel
van ons kultuur dat bittermin die krag gehad het om hulle daarvan
te distansieer en die waarheid daarvan voluit in die oe te staar.
Jy kan dit nou nog nie doen nie.
Maar wat dink jy het ons landswette ons geleer? Ons landswette het altyd,
elke oomblik dat ek en jy daar geleef en geleer het, vertel dat die witmense
anders was. Die wette, die ekonomie, alles het gespreek van die status van
die wittes teenoor die swartes. Jy kon dit eenvoudig nie vermy nie. Waaroor
anders het die groot opskuddings dan gekom? Waaroor anders was dit alles
Gloudina?
>> Ons kultuur se basis, ons eensgesindheid het omwentel om die
>> magsspel tussen wit en swart, Boer en Engels. Die grondsgedagte
>> wat samehorendheid verleen het het gedraai om die apartheidsgeloof.
>> Die ekonomie en die verdeling van die samelewing was daarvan
>> afhanklik. Al die ander wonderlike dinge (wat ek lief het en deel van
>> is/was) rus hierop.
>
Billy.
|
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20973 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Thu, 11 February 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum"
>> nooit geleer dat ons 'n uitverkore volk
>> is nie. En enige predikant wat dit vir
>> my gepredik het, het ek verwerp vir die
>> snert wat dit is.
>>
>
>
> Watter predikant het dit vir jou gepredik, Gloudina, waaneer, waar, en in
> watter konteks?
>
> Vriendelike groete, Leendert
'n Nederduits Gereformeerde predikantjie
op Marchand, wat uiteindelik moes uitgekop
word omdat hy by drie verskillende vroue
in die gemeente kinders verwek het. Daarna
het hulle 'n blinde predikant beroep, en
die het van die gehardste "sondaars" begin
bekeer. Vra maar vir jou swaer om in die
annales van die gemeente in te gaan, dan
sal jy weet van wie ek praat.
Gloudina
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20974 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Thu, 11 February 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Een van die figmente van jou verbeelding:
> dat ek geweier het om vir my seun Afrikaans
> te leer. Hy was in Toronto, ek in Ottawa.
> Hy, slim seun wat hy was, het besluit
> om 'n Nederlandse kursus te loop die laaste
> maande voordat hy na Kaapstad sou gaan vir
> sy MBA (waar hy sy toekomstige vrou ontmoet
> het.) Al wat ek gedoen het, is om te lag
> oor die feit dat hy Nederlands probeer leer,
> hopende dat dit hom met Afrikaans sal help.
> Dink daaraan, die outjie kom in SA en al
> wat uit sy mond kom, is baie simplistiese
> Nederlands met 'n hewige Nederlandse aksent.
'n Jongman, kind van Afrikaanse ouers, met 'n graad of wat agter die blad,
moet 'n kursus in Nederlands loop om iets van Afrikaans te weet. Hy wil
(teen sy ma se sin) na Suid-Afrika gaan. Hy is ten minste Engels en Frans
magtig.
Sy ma sê dis 'n "figment" van my verbeelding dat sy geweier het om hom
Afrikaans te leer?
Vertel ons liewer vn perdevye, Gloudina. Warvan is dit 'n "figment"?
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20979 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Thu, 11 February 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
bi...@mgenerations.net writes:
> Gloudina ons het dit almal gedoen elke dag van ons lewens.
> Ek begin dit nou eers self verwerk.
Ek is jammer, maar baie van ons het
dit probeer beveg. Ek het na my eerste
werk in 'n wit skool verkies om na
'n swart skool te gaan om onderwys te
gee. Ek het duidelik aan die mense om
my gemaak dat ek dink die sisteem is
korrup. Wat my die ergste gehinder
het, was nie daardie grootbekke soos
Frikkie en Kie en selfs die apartheids-
varke nie, maar daardie vriende wat
my met suspisie bejeen het oor my
"motiewe," wat heelwaarskynlik gedink
het dat ek "kommunis" was. En, nou
deesdae, geen woord sprak oor die
gruwelikhede wat hulle mede-Afrikaners
gepleeg het in die apartheidsdae nie,
maar kla oor De Klerk se immorele lewens-
styl en ons wysheid om al lankal die
bose SA te verlaat het. Snaaks, hoe
lank na alles, mens nog kan sien wat
die inbors van mense was, van hoe hulle
op apartheid gereageer het. Ek bedoel
nou die mense wat hulleself as "ernstige
Christene" uitgegee het.
Ons kan nie weg kom van die
> feit dat die Suid Afrikaanse regering mense volgens hulle ras
> gekwalifiseer het nie. Die klas sisteem volgens velkleur het gemaak
> dat die witmense seevier. Wat dink jy was die motivering hiervoor?
Hulle het gedink dat hulle die mag in
hulle hande gekry het en dit nou gaan
hou. Hulle het wette gemaak wat die
onmoontlik gemaak het vir ander selfs
wittes om 'n sê in hulle eie land te
kry. En hulle was nie net Afrikaners
nie. Dit was 'n koeksel van Engelse
en Afrikaners en slym uit die CIA en
so meer en so meer. En het hulle gewen?
Ha, ha, ha!
> Die glibberige ding omtrend hegemonie is juis die ding waaroor
> ek hier praat. Hegemonie is n bewussynstroom waardeer die
> situasie beheer word. Dit beweeg stil in die onderwussyn - amper
> soos DOS die hele tyd agter windows funksioneer. Jy sien hom
> nie openlik nie maar hy is daar. Soos n kanker in die geval van
> apartheid. Jy sien eers die knop as dit te laat is. Ons het almal
> saam daaraan gewerk dat apartheid so lank geduur het. Ons het
> almal saam gestaan en ons blindheid bewaar. Sommige doen dit
> nog. Aparthied het in die eerste plek die Afrikaner help tot stand
> kom na die groot verliese wat die Britte ons aangedoen het.
> Toe het ons n onregverdige land gebou om ons eie nekke te red.
Ek hou baie van jou analise. Mens kan dit
natuurlik ook op ander dele van die wereld
en die maatskappy toepas. Hier in Noord-
Amerika is daar nog 'n soort hegemonie van
die "wittes." Dis daarom dat Johan daar in
Minnesota so lekker vir homself daar 'n
kokon kan skep. Maar dinge is besig om te
verander.
Gloudina
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20980 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Thu, 11 February 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
bi...@mgenerations.net wrote:
>
> My ouers het my ook nooit sulke goed geleer nie. My kerk het
> my dit nie geleer nie. Maar was daar swartes in jou kerk langs
> jou op die bankies? Was daar swartes in jou skool langs jou op
> die bankies. Was jou kerels wit of swart langs jou op die
> bankies Gloudina?
>
> Min mense het hardop daaroor gepraat want dit was so deel
> van ons kultuur dat bittermin die krag gehad het om hulle daarvan
> te distansieer en die waarheid daarvan voluit in die oe te staar.
> Jy kan dit nou nog nie doen nie.
>
> Maar wat dink jy het ons landswette ons geleer? Ons landswette het altyd,
> elke oomblik dat ek en jy daar geleef en geleer het, vertel dat die witmense
> anders was. Die wette, die ekonomie, alles het gespreek van die status van
> die wittes teenoor die swartes. Jy kon dit eenvoudig nie vermy nie. Waaroor
> anders het die groot opskuddings dan gekom? Waaroor anders was dit alles
> Gloudina?
>
Liewe Billy,
Jy sê: "dit was so deel van ons kultuur dat bittermin die krag gehad het om
hulle daarvan te distansieer en die waarheid daarvan voluit in die oe te
staar."
Jy vat dit so raak saam. Die kultuur van die Afrika-beskawing en die Westerse
beskawing verskil inderdaad grondiglik (Dit is moontlik slegs die kulture van
die verre Oosterse beskawing wat verder van die Westerse verskil as die van
Afrika). Dit is inderdaad waar dat "min die krag het om hulle daarvan te
distansieer" - as jy met "daarvan" bedoel die kultuurverskil. Jung en ander
het dik boeke geskryf oor die trauma wat dit verg om kultuurklowe oor te
steek - in der mate dat hulle dit as onmoontlik beskou om 'n brug te slaan
tussen sulke uiteenlopende kulture - mens kan of die kloof oorsteek en die
ander kultuur aanneem (en jou eie afsweer) of in jou eie kultuur bly. Van
Niekerk, byvoorbeeld, kom tot die gevolgtrekking dat dit nie moontlik is om
'n middeweg te vind nie.
Om jou dus "daarvan te distansieer" beteken eenvoudig om die andersheid van
die ander kultuur te ontken - en daarmee die identiteit van die ander een.
Swart skrywers verwys dikwels daarna as hulle praat van die "white liberals"
wat jou aanvaar - "as long as you become like them". Biko was een van die wat
hieroor geskryf het.
Die SABC probeer ons inprent dat "kultuur" bestaan uit dansies en liedjies en
maniere om more te sê. Maar die mense weet dit is veel meer as dit. Dit is
meer as swartmense in die kerkbanke en dit is selfs meer as die Seepuntse
kugel wat brag met haar "Malay boyfriend". Dit is meer as die Moslemtante wat
my bel uit die Wes-Transvaal om te kla (op suiwer Afrikaans) oor "die mense
wat net ander nasies se dogters wil vry".
Ek weet. Ek kom dit daagliks agter in gesprekke en onderhandelinge, veral met
die amptenary.
Dus: Dis nie die wette wat jou vertel het "die witmense is anders" nie. Vir
sover die wette daar enigsins iets mee te doen gehad het, het die wette dit
bloot be-aam. Nou dat "die wette" nie meer daar is nie, kan jy gerus kom kyk -
die witmense is nog steeds "anders". En die swartes. En die Indiërs. En die
Chinese. Selfs al sit hulle saam met jou in die kerkbanke - of op jou
sitkamerbank.
Maar ek moet sê: Dis verfrissend dat iemand anders ook vir Gloudina sê sy kan
nie die waarheid in die oë kyk nie :-) :-) :-)
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20982 is 'n antwoord op boodskap #20753] |
Thu, 11 February 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
bi...@mgenerations.net writes:
> My ouers het my ook nooit sulke goed geleer nie. My kerk het
> my dit nie geleer nie. Maar was daar swartes in jou kerk langs
> jou op die bankies? Was daar swartes in jou skool langs jou op
> die bankies. Was jou kerels wit of swart langs jou op die
> bankies Gloudina?
>
> Min mense het hardop daaroor gepraat want dit was so deel
> van ons kultuur dat bittermin die krag gehad het om hulle daarvan
> te distansieer en die waarheid daarvan voluit in die oe te staar.
> Jy kan dit nou nog nie doen nie.
>
> Maar wat dink jy het ons landswette ons geleer? Ons landswette het altyd,
> elke oomblik dat ek en jy daar geleef en geleer het, vertel dat die witmense
> anders was. Die wette, die ekonomie, alles het gespreek van die status van
> die wittes teenoor die swartes. Jy kon dit eenvoudig nie vermy nie. Waaroor
> anders het die groot opskuddings dan gekom? Waaroor anders was dit alles
> Gloudina?
Aan die begin het jy mens die indruk gegee dat
jy dink dat die Afrikaner se geroepenheid as
uitverkore volk die fondament van sy samelewing was,
en dat dit gedetermineer het dat hy "apartheid"
moes skep. Dit betwyfel ek.
Oor die hovaardigheid waarmee die mense uit
Europa oral oor die wereld in ander mense
se lande ingegaan het, en dan met hulle koppies
tee vir hulle self gesit en bewonder het,
en hierdie mense se eiendom vir hulself
geneem het, daarmee verskil ek nie van jou
nie. Die Hollanders het dit gedoen. Die
Engelse, en die Portugese en die Spanjaarde
het dit gedoen. En later die Duitsers en
die Italianers en dies meer. En om een of
ander rede het hulle uit Europa gedink hulle
is anders, verhewe bo die mense wat nie
"wit" was nie. En enigiemand wat hierdie
taboe wou breek, is gestraf met sosiale
verwerping. Maar toemaar, elke hond kry
sy dag. Eers was dit die wit hondjies
se beurt. Nou het dinge verander.
Gloudina
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 05:09:45 UTC 2025
|