Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE LANDSVERLATERS
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20985 is 'n antwoord op boodskap #20753] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net wrote in message

> Gloudina ons het dit almal gedoen elke dag van ons lewens.
> Ek begin dit nou eers self verwerk. Ons kan nie weg kom van die
> feit dat die Suid Afrikaanse regering mense volgens hulle ras
> gekwalifiseer het nie. Die klas sisteem volgens velkleur het gemaak
> dat die witmense seevier.

Snert! Die "witmense" het "geseëvier" (as jy bedoel, hulle het die gang van
sake gedomineer) lank voordat daar 'n "klas sisteem volgens velkleur" was.

>
> Die glibberige ding omtrend hegemonie is juis die ding waaroor
> ek hier praat. Hegemonie is n bewussynstroom waardeer die
> situasie beheer word. Dit beweeg stil in die onderwussyn - amper
> soos DOS die hele tyd agter windows funksioneer. Jy sien hom
> nie openlik nie maar hy is daar.

Ek dag jy sê dis die "wette". Nou sê jy dis iets onsigbaar.

> Soos n kanker in die geval van
> apartheid. Jy sien eers die knop as dit te laat is. Ons het almal
> saam daaraan gewerk dat apartheid so lank geduur het. Ons het
> almal saam gestaan en ons blindheid bewaar. Sommige doen dit
> nog. Aparthied het in die eerste plek die Afrikaner help tot stand
> kom na die groot verliese wat die Britte ons aangedoen het.
> Toe het ons n onregverdige land gebou om ons eie nekke te red.

Nou wat bedoel _jy_ met "apartheid"? (Gloudina beweer dit het eers in 1948
ontstaan.)

>
> Hegemonie leef homself uit daarin dat alle klasse saamwerk
> daaraan dat die heersenedes seevier. Dus lyk dit dalk of die
> met mindere mag tevrede is met die heerskappy van die land.
> Dit verblind ook die in beheer sodat hulle nie gewetensbesware
> het nie. Natuurlik het baie mense opspraak gemaak teen aparthied.
> Maar die sisteem het lank geduur. Dit beteken tog iets.

Yep. Dit beteken iets. Die feodale stelsel in Europa het nog veel langer
geduur - in Rusland, tot in hierdie eeu.

Die feodale stelsel was op 'n tyd funksioneel in Europa - in die sin dat
beide die "heersendes" en die "oorheersdes" daar optimale voordeel uit
getrek het, gegee die omstandighede van die dag.

>
> Een van die redes hoekom ons so ongemaklik voel as die regse
> Afrikaners hulle gal spoeg is dat hulle blatant, openlik -selfs trots-
> is oor die wil om heerskappy te voer. Dalk is ons ongemak by hierdie
> mense juis daarin gebaseer dat hulle openlik se wat ons in die
> stilte gedoen het, en miskein nog wil doen.

Speak for yourself, Billy!

Ek voel net so ongemaklik as "regse Afrikaners" gal spoeg as wanneer linkse
Afrikaanse "liberals" gal spoeg. Mense wat gal spoeg is gewoonlik nie
ge-interesseerd in waarheid nie, maar slegs in dit wat hul eie vooroordele
bevestig en hul eie ego's salf.

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21014 is 'n antwoord op boodskap #20753] Vr, 12 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net wrote in message ...
> In article ,
> e...@dot.com (Johan P) wrote:
>> On Mon, 08 Feb 1999 22:13:23 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
>> |Die Groot Trek boere het wel die Kaap verlaat maar hulle het by
>> |gedra tot die opbou van n nuwe nasie en taal. Die Afrikaners wat
>> |nou Suid Afrika verlaat bou nie die land nie maar dra by tot die
>> |tragiese doodbloei van die Afrikanergetalle binne die land.
>>
>> .
>>
> Ja, ek stem saam. Maar my punt is dat dit n verlies is vir Suid Afrika.
> Dink net wat sou gebeur het as al daardie mense nie geloop het nie.

Ja wat sou gebeur het? Enige aap word van die straat opgeraap en in 'n pos
gedruk, en die opgeleide persoon, jou sg 'daardie mense' verloor sy werk.
En wat is tans besig om in die arbeidsmark te gebeur? Die mense word
entrepreneurs, wat ek dink is wonderlik. Maar so 'n mark kan ook net soveel
mense inneem voordat die versadigingspunt bereik word, en dan?? En verd...
waarvoor moet 'n gekwalifiseerde mens, sy ten duurste opgeleide talent op
daardie wyse gaan verspil? Ek wil graag sê, dis nie dat ek dink die man wat
sg. van die straat opgeraap word, is 'n fout nie. In baie maatskappye word
hulle goed ondersteun deur die wat onder hulle werk/saam met hulle werk en
kan hulle wel later(5 of 10 jaar) die werk met bevoegdheid doen.

> Dink net hoe Suid Afrika sou geblom het as ons dinge so kon hanteer
> dat die mense gebly het en die land stabiel kon floreer.
Ek stem nie saam nie. Hulle het nie bygedra tot die ontwikkeling van die
Kaap
>> nie. Die van ons wat nou SA verlaat het, dra by tot die bou van ons nuwe
lande

Snert! Al het almal gebly sou en het die meeste van hulle hul poste
verloor. Veral in sekere professionele beroepe kan jy blom tot jy blou
word, as daar nie vir jou werk is nie, is daar nie vir jou werk nie. Wat
van ons prof. beroepe betref: daar is te veel mense in sekere rigtings
opgelei, wat tot 'n versadiging in die mark gelei het, 'n fout aan die
opleingsinstitute, maar aan die ander kant kant jy ook nie 'n persoon weier
om te word wat sy hart sê nie.

'n Kennis van my het etlike jare (meer as 15jr)gelede reeds die land verlaat
a.g.v sy beroep en watter wyse besluit. My niggie en haar man beide in
dieselfde beroep is sopas ook oor a.g.v. die feit dat hulle vir 8 jaar reeds
nie werk waarvoor hulle opgelei is nie, kon kry nie.

Dit lyk my die verlies vir SA tel jy in terme van die aantal stemme by die
stembus.
Gun die ouens oorsee wat hulle nou het, geniet dit saam met hulle.

Groete

Shannon

> Billy.
>
> -----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
> http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21015 is 'n antwoord op boodskap #20753] Vr, 12 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Shannon wrote in message

> Veral in sekere professionele beroepe kan jy blom tot jy blou
> word, as daar nie vir jou werk is nie, is daar nie vir jou werk nie.

En daar is twee moontlike antwoorde - een van hulle is om te emigreer na
iewers waar daar vir jou 'n possie is wat die mense van daardie land nie wil
doen nie (die mediese poste in die afgeleë dele van Kanada, die
onderwysposte in die agterbuurtes van Londen waar "onderwys" eintlik die
vaardighede van 'n leeutemmer vereis).

Die ander een is heropleiding. Ek ken heelwat (veral ingeneieurs)
middeljariges wat hulself heroplei - as daar dan nie meer tenks is om te bou
nie, leer hulle rekenaarprogrammering en -stelselwerk en vervang die jong
latte wat uitwyk na Kalifornië en Texas. ('n Hele paar sit in skilderagtige
dorpies in die Oos- en Wes Kaap en werk vir internasionale maatskappye.) Nog
'n paar het gaan regte swot en patentingenieurs of patentprokureurs geword
wat nou dik sit. (Intussen word daar omtrent driekeer soveel regsgeleerdes
opgelei as wat die land nodig het.) Onderwysers ontwikkel in afstandonderwys
(boeke, TV, CD Rom, www), wat lyk asof dit noodwendig groot dele van
staatsonderwys hier en in omringende lande sal vervang. Een van die groot
groei-industrieë tans is naskoolsentrums en "ekstra klasse" soortgelyk aan
die Japanese private aandskole. Ander span saam met vakmanne en rig private
tegniese kolleges op.

Nie een van die wat ek ken verkoop ensiklopedieë nie, en net 'n paar verkoop
huise of Tupperware.

Inteendeel - soos ek nou die dag genoem het, sien ek nou heelwat van die
ouens wat nie pakette kon kry nie (omdat hulle "onmisbaar" is) wat bedank om
privaatpraktyke te open.

Groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21016 is 'n antwoord op boodskap #20753] Vr, 12 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Shannon wrote in message ...
>
>
> Ja wat sou gebeur het? Enige aap word van die straat opgeraap en in 'n pos
> gedruk, en die opgeleide persoon, jou sg 'daardie mense' verloor sy werk.
> En wat is tans besig om in die arbeidsmark te gebeur? Die mense word
> entrepreneurs, wat ek dink is wonderlik. Maar so 'n mark kan ook net soveel
> mense inneem voordat die versadigingspunt bereik word, en dan?? En verd...
> waarvoor moet 'n gekwalifiseerde mens, sy ten duurste opgeleide talent op
> daardie wyse gaan verspil? Ek wil graag sê, dis nie dat ek dink die man wat
> sg. van die straat opgeraap word, is 'n fout nie. In baie maatskappye word
> hulle goed ondersteun deur die wat onder hulle werk/saam met hulle werk en
> kan hulle wel later(5 of 10 jaar) die werk met bevoegdheid doen.

Ja en nee. Een van die gevolge is dat daardie mense wat die ondersteuning
moet doen later belaai word tot ver bo hul kapasiteit.

Ek weet nou al van verskeie gevalle waar sulke mense poste aanvaar het in
sommige van die lande wat vir ons voorgehou word as so "hardwerkend" - hulle
gaan daarheen om _minder_ hard te werk: m.a.w. om 'n normale, hanteerbare,
werklas te hê. Die gevalle waarvan ek weet was almal tegnici of bestuurders.

> Gun die ouens oorsee wat hulle nou het, geniet dit saam met hulle.

Geen probleem hiermee nie.

Ek reageer net nie baie goed as "die ouens oorsee" hulle begin opgee as "die
room van die volk" of die een of ander soort professionele/kundige/morele
elite nie. (Volgens die argument "almal wat goed is verlaat die land / net
die wat goed is verlaat die land".)

Veral nie skepsels soos Johan in Minnesota en Gloudina in Ontario nie :-)

Groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21018 is 'n antwoord op boodskap #20753] Vr, 12 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com wrote in message ...
> In article ,
> bi...@mgenerations.net wrote:
>>
>> My ouers het my ook nooit sulke goed geleer nie. My kerk het
>> my dit nie geleer nie. Maar was daar swartes in jou kerk langs
>> jou op die bankies? Was daar swartes in jou skool langs jou op
>> die bankies. Was jou kerels wit of swart langs jou op die
>> bankies Gloudina?
>>
>> Min mense het hardop daaroor gepraat want dit was so deel
>> van ons kultuur dat bittermin die krag gehad het om hulle daarvan
>> te distansieer en die waarheid daarvan voluit in die oe te staar.
>> Jy kan dit nou nog nie doen nie.
>>
>> Maar wat dink jy het ons landswette ons geleer? Ons landswette het altyd,
>> elke oomblik dat ek en jy daar geleef en geleer het, vertel dat die witmense
>> anders was. Die wette, die ekonomie, alles het gespreek van die status van
>> die wittes teenoor die swartes. Jy kon dit eenvoudig nie vermy nie. Waaroor
>> anders het die groot opskuddings dan gekom? Waaroor anders was dit alles
>> Gloudina?
>>
>
> Liewe Billy,
>
> Jy sê: "dit was so deel van ons kultuur dat bittermin die krag gehad het om
> hulle daarvan te distansieer en die waarheid daarvan voluit in die oe te
> staar."
>
> Jy vat dit so raak saam. Die kultuur van die Afrika-beskawing en die Westerse
> beskawing verskil inderdaad grondiglik (Dit is moontlik slegs die kulture van
> die verre Oosterse beskawing wat verder van die Westerse verskil as die van
> Afrika). Dit is inderdaad waar dat "min die krag het om hulle daarvan te
> distansieer" - as jy met "daarvan" bedoel die kultuurverskil. Jung en ander
> het dik boeke geskryf oor die trauma wat dit verg om kultuurklowe oor te
> steek - in der mate dat hulle dit as onmoontlik beskou om 'n brug te slaan
> tussen sulke uiteenlopende kulture - mens kan of die kloof oorsteek en die
> ander kultuur aanneem (en jou eie afsweer) of in jou eie kultuur bly. Van
> Niekerk, byvoorbeeld, kom tot die gevolgtrekking dat dit nie moontlik is om
> 'n middeweg te vind nie.
>
> Om jou dus "daarvan te distansieer" beteken eenvoudig om die andersheid van
> die ander kultuur te ontken - en daarmee die identiteit van die ander een.
> Swart skrywers verwys dikwels daarna as hulle praat van die "white liberals"
> wat jou aanvaar - "as long as you become like them". Biko was een van die wat
> hieroor geskryf het.
>
> Die SABC probeer ons inprent dat "kultuur" bestaan uit dansies en liedjies en
> maniere om more te sê. Maar die mense weet dit is veel meer as dit.

Kultuur het bittermin te doen met die soort strepe wat jy op jou stroois
verf(boonop bittermin bou nog die oorspronklike kleisteen huise) of die feit
dat jy volkspele doen ens. 'n Belangrike ding wat almal vergeet/nie besef
nie, kultuur is jou manier van hoe jy 'n ding doen,hoe reageer jy op wat
gesê word, jou tipe etiket, morele waardes(alle waardes) ens. Sê as kind
vir die sg. Rooinek om iets te doen sal hy of dit bevraagteken of hy weier
om dit te doen of julle raak in 'n vuisgeveg betrokke. Indien jy vir 'n
klonkie op die plaas iets sê het hy dit eenvoudig gedoen.

Die volwassenes reageer verskillend, wat ons regering betref kan jy aan
hulle informasie gee (gebaseer op feite)dat iets gaan plaasvind wat hulle
kan keer (en groot lof hom daarna sal toekom) Week vir week sal hy laat
weet hulle werk daaraan, hulle moet nog besluit oor iets, hulle moet nog
die feite nagaan, bla, bla, bla en na maande sit jy steeds met niks.

Groete

Shannon

Dit is
> meer as swartmense in die kerkbanke en dit is selfs meer as die Seepuntse
> kugel wat brag met haar "Malay boyfriend". Dit is meer as die Moslemtante wat
> my bel uit die Wes-Transvaal om te kla (op suiwer Afrikaans) oor "die mense
> wat net ander nasies se dogters wil vry".
>
> Ek weet. Ek kom dit daagliks agter in gesprekke en onderhandelinge, veral met
> die amptenary.
>
> Dus: Dis nie die wette wat jou vertel het "die witmense is anders" nie. Vir
> sover die wette daar enigsins iets mee te doen gehad het, het die wette dit
> bloot be-aam. Nou dat "die wette" nie meer daar is nie, kan jy gerus kom kyk -
> die witmense is nog steeds "anders". En die swartes. En die Indiërs. En die
> Chinese. Selfs al sit hulle saam met jou in die kerkbanke - of op jou
> sitkamerbank.

Ek stem.

>
> Maar ek moet sê: Dis verfrissend dat iemand anders ook vir Gloudina sê sy kan
> nie die waarheid in die oë kyk nie :-) :-) :-)
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21019 is 'n antwoord op boodskap #21018] Vr, 12 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Shannon wrote in message ...
>
> Sê as kind
> vir die sg. Rooinek om iets te doen sal hy of dit bevraagteken of hy weier
> om dit te doen of julle raak in 'n vuisgeveg betrokke. Indien jy vir 'n
> klonkie op die plaas iets sê het hy dit eenvoudig gedoen.

Hm...... Nie net vir die klonkie nie.

Daar's die ou grappie oor die dosent wat in die klas kom en sê "goeie more
klas!"

Op Stellenbosch reageer die studente: "goeie more professor".
Op Wits sê hulle "Prove it!"
Op Tukkies skryf hulle dit neer, ingeval dit in die eksamen gevra word :-)

Soos soos met alle grappies, is daar genoeg waarheid in om dit snaaks te
maak.

>
> Die volwassenes reageer verskillend, wat ons regering betref kan jy aan
> hulle informasie gee (gebaseer op feite)dat iets gaan plaasvind wat hulle
> kan keer (en groot lof hom daarna sal toekom) Week vir week sal hy laat
> weet hulle werk daaraan, hulle moet nog besluit oor iets, hulle moet nog
> die feite nagaan, bla, bla, bla en na maande sit jy steeds met niks.

Hmmm..... Dit het ons maar in die verlede ook gekry - dis kenmerkend van
burokrasieë. Maar dit is nou veel erger. Ek ervaar dit daagliks - en dit
gaan nog verder. Dit hou verband met die kultuureis dat daar "gekonsulteer"
moet word (die stamhoof is net die spreekbuis van die kgotla - hy tree in in
sy eie reg op nie).

Nou is die probleem dat daar jaar in en jaar uit gekonsulteer word, maar
daar kom nie 'n besluit nie. Dit verlam die besluitnemingsproses.

Intussen, egter, moet die lewe voortgaan, want die land moet ge-administreer
word. Nou kry jy dat 'n ander "stamhoof", iewers elders in die stelsel,
voortgaan en besluite neem sonder dat hy (en dikwels sy)die voordeel geniet
van al die inligting wat in die "konsultasie" -proses op die tafel is.

'n Tipiese voorbeeld is dat tuisonderwys moet voldoen aan bepaalde
voorwaardes (minimum vereistes van die kurrikulum in openbare skole,
standaard nie minderwaardig aan die standaard in openbare skole nie, ens)
Hierdie voorwaardes is nog nie uitgeklaar nie (twee jaar nadat die SA
Skolewet aangeneem is, kan niemand ons nog sê wat die minimumvereistes of
die standaard is nie.)

Intussen wil die onderwysdepartement die huise van tuissleerders inspekteer
om te verseker dat hulle "voldoen aan die vereistes"!

Soos gesê, dis nie ongewoon in burokrasieë nie - net erger as tevore.

Wat ek wel vind, is dat amptenare veel meer geneigd is om oop en bloot
beloftes te maak, wat hulle geen voorneme het om na te kom nie. (Een - heel
senior - ou saam met wie ek dikwels werk beloof kolkslag om enige inligting
wat jy mag benodig "per courier" te laat aflewer. Daar kom niks van nie - jy
kry dit nie "per courier" nie, nie per pos nie en nie per faks nie. Later
kom jy agter hy het in die eerste plek nie die inligting gehad nie!)

Ook dat baie van hulle dikwels duidelik valse verklarings op amptelike
dokumente (korrespondensie ens) maak. Sonder om te skroom.

My ervaring is dat die leuens selde kwaadwillig bedoel word, maar meesal die
doel het om mense te paai en die "konsultasie"-proses lewend te hou.

Van Niekerk beskryf dit baie goed in sy eerste boek oor die onderwerp - die
gemoedelike atmosfeer moet ten alle koste behou word. Die "waarheid" word
bepaal deur wat nodig is om die gemoedelikheid te onderhou.

Ongelukkig is die resultaat dat niemand naderhand weet wat aangaan nie - en
baie onskuldiges ly onder die gevolge daarvan.

Groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21020 is 'n antwoord op boodskap #20753] Vr, 12 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> En daar is twee moontlike antwoorde - een van hulle is om te emigreer na
> iewers waar daar vir jou 'n possie is wat die mense van daardie land nie wil
> doen nie (die mediese poste in die afgeleë dele van Kanada, die
> onderwysposte in die agterbuurtes van Londen waar "onderwys" eintlik die
> vaardighede van 'n leeutemmer vereis).
>

Darem het hulle 'n voet in die deur, is daar dan die geleentheid om te kyk
vir werk buite die sirkus. :-))

groete

Shannon
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21022 is 'n antwoord op boodskap #20753] Vr, 12 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lvano...  is tans af-lyn  lvano...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
"Shannon" wrote:
> Ek stem saam dat die mense daar wel uit 'n breë spektrum van ons land
> bestaan, van alle beroepe. Wat mens nie uit die oog moet verloor nie, is
> dat dit juis goed opgeleide persone is wat makliker 'n werk daar sal kry.

Dit hang af wat mens met "goed-opgelei" bedoel.

Ek ken iemand wat tans besig is om 200 vragmotorbestuurders na die VSA "uit te
voer". As vragmotorbestuurders is hulle natuurlik goed opgelei.

Groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21024 is 'n antwoord op boodskap #20753] Vr, 12 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> Shannon wrote in message ...
>>
>>
knip-knip
>
> Ek reageer net nie baie goed as "die ouens oorsee" hulle begin opgee as "die
> room van die volk" of die een of ander soort professionele/kundige/morele
> elite nie. (Volgens die argument "almal wat goed is verlaat die land / net
> die wat goed is verlaat die land".)
>
Is dit nie maar 'n paar afgunstiges hier in SA wat die ouens oorsee tipeer
as die room van die volk nie en hulle dus sit en verwyt? (ek wonder maar
net) Ek stem saam dat die mense daar wel uit 'n breë spektrum van ons land
bestaan, van alle beroepe. Wat mens nie uit die oog moet verloor nie, is
dat dit juis goed opgeleide persone is wat makliker 'n werk daar sal kry.

Die mense wat hier bly en 'n nuwe begin moet maak a.g.v. veranderde
omstandighede in die land, se kreatiwiteit en waagmoed kom nou na vore. Dit
is iets wat voor 1994 nooit sou gebeur het nie. Dis daardie tipe mens wat
eendag sou wakker skrik en wonder maar wat het ek met my lewe gedoen?

> Veral nie skepsels soos Johan in Minnesota en Gloudina in Ontario nie :-)
>
> Groete, Leendert
>
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21025 is 'n antwoord op boodskap #20753] Vr, 12 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>>> nooit geleer dat ons 'n uitverkore volk
>>> is nie. En enige predikant wat dit vir
>>> my gepredik het, het ek verwerp vir die
>>> snert wat dit is.
>>>
>>
>>
>> Watter predikant het dit vir jou gepredik, Gloudina, waaneer, waar, en in
>> watter konteks?
>>
>> Vriendelike groete, Leendert
>
>
> 'n Nederduits Gereformeerde predikantjie
> op Marchand, wat uiteindelik moes uitgekop
> word omdat hy by drie verskillende vroue
> in die gemeente kinders verwek het.

Ek sien: Dis die predikant wat jou geleer het dat "ons" 'n uitverkore volk
is?

Dink jy sy prediking het groot inslag gehad op die gemeente?

Miskien moet jy meer spesifiek wees wanneer jy bewerings maak oor "enige
predikant". Anders kan mense dalk dink dat jy smertaktiek gebruik teen alle
predikante.

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21070 is 'n antwoord op boodskap #20753] Sa, 13 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" wrote:
>

> Siestog! Mens moet darem in 'n verskriklik beperkte omgewing grootword om so
> 'n skraal visietjie te ontwikkel!
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
Hoe lekker lag ek nou weer. Ek het in n baie oop, liberale atmosfeer
groot geword waarvoor ek baie dankbaar is. Dus het ek dit nie
nodig om almal om my te probeer beheer nie.

Dalk het jy n bietjie gou na die verkeerde gevolgtrekking gespring.
Ek het nie oor my eie jeug of familie gepraat nie maar oor my opinie
van die Afrikaner van my jeug as n geheel.

Billy.
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21071 is 'n antwoord op boodskap #20753] Sa, 13 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Johan P skryf: Al hierdie syfers wat julle
ouens so aanhaal is interesant. Ek sal graag
wil weet hoe vergelyk die syfers met dié van
die Groot Trek. Watter persentasie het
uit die Kaap padgegee en watter persentasie
Suid Afrikaners het byvoorbeeld sedert 1990
uit SA padgegee?

Nou konstateer ek:
Op skool het hulle my nooit geleer dat die
Potgieters wamakers was nie. Die swartskaap
van die familie was ene Andries Henderik.
Die familie het hom voor die keuse gestel:
Gee pad uit die geweste of gaan verkoop
waens.
Nou hoe verkoop 'n mens waens? Jy moet 'n
klomp (morrige, dus tipies Afrikaner-) mense
kry om iewers heen te trek. Andries Hendrik
moes 'n gladde mond gehad het, want kort voor
lank het die eerste wakopers noorde toe
getrek.
Die Potgieter-familie was egter vasbeslote om
van die swartskaap ontslae te raak. Hulle
beveel hom toe om sy eie trek te reël,
of...
Natuurlik verkoop hulle toe al hoe meer
waens.
Beduie dit vir iemand iets?

Groetnis
Hannes

...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21072 is 'n antwoord op boodskap #20753] Sa, 13 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
lvano...@my-dejanews.com wrote in message
...
> In article ,
> "Shannon" wrote:
>> Ek stem saam dat die mense daar wel uit 'n breë spektrum van ons land
>> bestaan, van alle beroepe. Wat mens nie uit die oog moet verloor nie, is
>> dat dit juis goed opgeleide persone is wat makliker 'n werk daar sal kry.
>
> Dit hang af wat mens met "goed-opgelei" bedoel.
>
> Ek ken iemand wat tans besig is om 200 vragmotorbestuurders na die VSA "uit te
> voer". As vragmotorbestuurders is hulle natuurlik goed opgelei.
>
Hy het nie dalk vir my ook iets nie? Ek het verneem dat mens met jou nuwe
bestuurslisiensie, indien jy voor 'n sekere datum jou eerste
bestuurslisensie gekry het, outomaties 'n swaarvoertuiglisensie daarby
kry... dit alles a.g.v. 'n rekenaar fout wat so 'n aantal jare terug
ingesluip het! :-)

Groete
Shannon

> Groete, Leendert
>
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21106 is 'n antwoord op boodskap #20753] So, 14 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Feb 1999 00:46:53 GMT, sth82...@aol.com (STh8276526) wrote:

|Jy praat van uitverkore volkere en ek wonder of Siud Afrikaaners ooit tot die
|besef sal kom dat niemand enigiets op sy eie is nie, of sal beruik nie

Ons wil hondjie aanskaf vir die seuns - daar by die Humane Society
loer ek so oor een hok se rant en beruik dat die een hondjie eintlik
al buite op die gras moes gaan loop het.

...maar nou ja, ek was nie op my eie nie ...
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21107 is 'n antwoord op boodskap #20753] So, 14 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
STh8276526[1]  is tans af-lyn  STh8276526[1]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Jy praat van uitverkore volkere en ek wonder of Siud Afrikaaners ooit tot die
besef sal kom dat niemand enigiets op sy eie is nie, of sal beruik nie
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21108 is 'n antwoord op boodskap #20753] So, 14 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
sth82...@aol.com (STh8276526) writes:

> Jy praat van uitverkore volkere en ek wonder of Siud Afrikaaners ooit tot die
> besef sal kom dat niemand enigiets op sy eie is nie,
of sal beruik nie

Die praat van uitverkore volke was nog altyd
vir my 'n klomp snert. Ek koop nie eens die
storie dat die Jode "uitverkore" is nie. Dis
altyd propaganda. En die storie dat die
Afrikaners gedink hulle is uitverkore, is ook
snert. Dis net gepredik deur mense wat 'n
agenda gehad het.

Gloudina
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21285 is 'n antwoord op boodskap #20753] Sa, 20 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Jacques Heydenrych  is tans af-lyn  Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Vrydag, 12 Feb 1999 15:40:50 +0200, het Leendert geskryf:


> Die ander een is heropleiding. Ek ken heelwat (veral ingeneieurs)
> middeljariges wat hulself heroplei - as daar dan nie meer tenks is om te bou
> nie, leer hulle rekenaarprogrammering en -stelselwerk en vervang die jong
> latte wat uitwyk na Kalifornië en Texas. ('n Hele paar sit in skilderagtige
> dorpies in die Oos- en Wes Kaap en werk vir internasionale maatskappye.)


So twee jaar gelede het ek navorsing gedoen om te kyk hoe moontlik dit
is om op 'n afgelee" dorpie (verkieslik naby die see!) rekenaarwerk
oor die Internet te doen. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat dit
(vir my in elk geval) nie prakties was nie. Leendert, as ek jou reg
verstaan, is dit egter presies wat die knape waarna jy verwys doen?

Kan jy enige verder inligting verskaf? Soos watse werk doen hierdie
mense? En vir watter/watse maatskappye? Is daar enige iemand anders
wat enige insette het? Ek sal enige terugvoer, hierso of na my epos
adres, baie waardeer.

Om te help om hierdie boodskap te regverdig op die Afrikaanse
nuusgroep, wat sou julle sê is "Global Village" en "Telecommuting" in
afrikaans? Ek onthou iets van "werelddorpie" vir eersgenoemde .

Jacques.

Die spelfout in my epos adres is met opset. Maak die fout reg om my
regte epos adres te kry.
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #21286 is 'n antwoord op boodskap #20753] Sa, 20 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
jak...@prodigy.net (Jacques Heydenrych) wrote:

> So twee jaar gelede het ek navorsing gedoen om te kyk hoe moontlik dit
> is om op 'n afgelee" dorpie (verkieslik naby die see!) rekenaarwerk
> oor die Internet te doen. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat dit
> (vir my in elk geval) nie prakties was nie. Leendert, as ek jou reg
> verstaan, is dit egter presies wat die knape waarna jy verwys doen?
>
> Kan jy enige verder inligting verskaf? Soos watse werk doen hierdie
> mense? En vir watter/watse maatskappye? Is daar enige iemand anders
> wat enige insette het? Ek sal enige terugvoer, hierso of na my epos
> adres, baie waardeer.

Haai Jacques,

Ek stuur hierdie rond aan 'n paar ouens wat daarmee betrokke is. Miskien
antwoord hulle jou as die mark groot genoeg is :-)

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: "VERSLAWING" Anoniem
Volgende onderwerp: Vodacom Rapport Fietstoer se webtuiste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 01:56:51 MGT 2024