Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE LANDSVERLATERS
DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20753] So, 07 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
DIE LANDSVERLATERS

Is hulle verstandiges of verraaiers?

Daar is geen metode om vas te stel hoeveel Blankes uit die RSA
padgegee het nie. Die syfers wat deur die Emigrasie Departement
verskaf word beteken, om die waarheid te sê, niks nie. Hulle kry slegs
die getalle van die mense wat openlik sê hulle gaan permanent die land
uit, en hulle is maar min. Die oorgrote meerderheid gaan die
land uit as toeriste en bly dan weg vir goed. Hulle soek werk sodra
hulle daar anderkant aangeland het of hulle stap in 'n betrekking in
wat hulle reeds vooraf gereël het. Dan eers, na 'n tyd, sodra hulle
hul nuwe burgerskap aanvaar kan hulle deel van die statistiek word. In
meeste gevalle gebeur dit ook nie want baie mense behou 'n
dubelle burgerskap. Dit het mode geword in vandag se wêreld om soveel
paspoorte as moontlik in jou baadjiesak te hê.

Verstandiges?

Die syfers wat in omloop is oor hoeveel mense reeds oorsee is, is pure
gissings. Een gerug wil dit hê dat daar 250 000 "Afrikaners" in Londen
alleen is. 'n Ander gerug sê daar is 40 000 South Africans net in
Perth alleen! Hierdie syfers is natuurlik bog. Ook die opgeblase
syfers wat die gerugte van Suid en Noord-Amerika af bring is totaal
onwaar. 'n Paar feite kristalliseer egter duidelik uit, nl. dat die
verre meerderheid emigrante Engelssprekend is.
Die Jode, wat Engelssprekend is het in groot getalle padgegee saam met
'n stywe getal Engelse. Die Engelssprekende Suid-Afrikaners vorm ook
'n groot porsie van die uitgaandes en die Afrikaanssprekendes is
laaste op die getallelys. 'n Skatting wat gemaak is uit ingeligte
bronne raam die totale getal vertrekdes op nie meer as 250 000
altesaam nie. Daarvan is die Afrikaanssprekendes moontlik so 40 000.
Die Boere tel 'n nietige getalletjie.

Na die groot de Klerk verraad van 1994 en die heftige vervolging van
Boere Vryheidsvegters het daar 'n klompie Boere die land verlaat. 'n
Paar van hulle het arrestasie met een dag vrygespring! Hierdie mense
was van die verstandiges want dit het geen sin gemaak dat hulle in de
Klerk se tronke gaan sit nie. Hulle is egter baie min, volgens
skatting, nie meer as 300 nie.

Engels & Engelssprekendes

Die grootste groep is die Engelse d.w.s. die mense wat nog nooit die
RSA ten volle aanvaar het maar steeds met 'n dubbele lojaliteit hier
agtergebly het. Hulle is die ware Souties wat met een voet in die RSA
en die ander in Engeland gestaan het. Tienduisende van hulle het
gevlug. Tesame met die Jode tel hul getalle seker by die 150 000.

Die Engelssprekendes is die ander groot groep van ongeveer 100 000.
Hulle is die ingeburgerde "South-Africans" wat steeds eentalig Engels
gebly het en kultureel ook nie deel van die RSA geword het nie. Die
feit bly staan dat as jy jou land kan verlaat en in 'n ander land gaan
woon sonder om jou taal prys te gee doen jy dit veel makliker as
die man wat sy hele taal en kultuur moet verander om anderkant aan te
pas. Dit is dan ook die rede waarom Afrikaanssprekendes in veel minder
getalle die land verlaat het.

Die Afrikaanstaliges wat wel uitgewyk het is van die liberales en
ontstamdes wat eintlik nooit 'n flenter omgegee het vir ons taal en
ons volk nie. Dis die NP en DP Afrikaners wat altyd teen ons Boere en
Regses kant gekies het en wie se vertrek in effek ons Boere se posisie
in die RSA versterk. Hulle is ons permanente vyande en hoe
minder daar van hulle in die land is hoe beter. Dis ook hulle wat
deurgaans JA gestem het en veroorsaak het dat die land weggegee is.
Die argument dat hulle witmense is en dat die blankes se posisie deur
hulle vertrek verswak word tel nie want hierdie mense het konsekwent
teen die belange van die blankes opgetree, hulle hele lewens. En
in enige moontlike komende krisis sal hulle weer teen ons Boere en die
ander blankes kant kies. Dit is inderdaad verblydend om te sien dat
baie van hulle die land verlaat.

Hardloop vinnig

Ons as kinders het altyd aan die verklikbekke onder ons geskreeu:
"Hardloop vinnig voor die pad vol duwweltjies word!" Dit wens ons ook
hierdie vlugtelinge toe en ons voeg daarby; " moet asseblief ook nie
weer terugkom nie want met 'n volgende krisis sal julle weer weghol."
Aan die Boere wat moes padgee sê ons "Julle is welkom
terug".
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20784 is 'n antwoord op boodskap #20753] Ma, 08 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Daniel" wrote:
> Kyk, ek lees nou al lankal die nuusgroep, maar ek het lanklaas so 'n hoop
> loutere strond gelees. Liewe hemel maat, het jy dan nou nog nie besef dat
> jy nou naam krater maak met so 'n klomp onsin nie? Ons wat landuit is het
> ons redes - jy, of niemand anders het daarop enigiets te sê nie. Dit is
> snotbreins soos jy wat maak dat ons nie terug kom nie. Waar het jy en jou
> soort Suid Afrika laat beland? En nou wil jy die plek nog verder in die
> modder inwurg met die klomp rassehaat en oe"nskynlike dronkpraatjies.
>
> Jy is erger as 'n standerd sewe in 'n mondelingklas. Gaan dink so bietjie
> eers, en dan skryf jy.
>
> Danie,
> In Auckland, New Zealand (43 000 X-SA'ners)
> En dit gaan baie lekker, dankie
>

Dankie Danie, jy het sommer lekker gesê wat ek te polite was omte sê.

Billy.
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20785 is 'n antwoord op boodskap #20753] Ma, 08 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Al hierdie syfers wat julle ouens so aanhaal is interesant. Ek sal graag wil
> weet hoe vergelyk die syfers met dié van die Groot Trek. Watter persentasie het
> uit die Kaap padgegee en watter persentasie Suid Afrikaners het byvoorbeeld
> sedert 1990 uit SA padgegee?

Die Groot Trek boere het wel die Kaap verlaat maar hulle het by
gedra tot die opbou van n nuwe nasie en taal. Die Afrikaners wat
nou Suid Afrika verlaat bou nie die land nie maar dra by tot die
tragiese doodbloei van die Afrikanergetalle binne die land. Die
landverlaters kan wel noodsgedwonge in ander lande bymekaar
uitkom en n unieke kultuur ontwikkel, maar dit is buite die land en
die kern van die Afrikaner in Suid Afrika word verswak. In hulle
nuwe lande sal hulle ook altyd onder die kultuurstaan van hulle
nuwe tuiste. Die boere het baie meer vryheid gehad het om die
land as hulle eie te eien. Ja, die land was natuurlik bewoon
deur ander rasse toe die boere opgedaag het. Maar dit was
heeltemal n ander picnic as om vandag te verhuis na watter
land ookal. Om Suid Afrika te verlaat is gewoonlik nie n besluit
wat maklik gemaak word nie. Dit is n onbeskryflikr pyn vir meeste
landverlaters. Die boere het seker ook maar hard gesluk voor hulle
die osse deur die drif en weg van die Kaap gejaag het.

Billy.
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20788 is 'n antwoord op boodskap #20753] Ma, 08 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 08 Feb 1999 22:13:23 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
|Die Groot Trek boere het wel die Kaap verlaat maar hulle het by
|gedra tot die opbou van n nuwe nasie en taal. Die Afrikaners wat
|nou Suid Afrika verlaat bou nie die land nie maar dra by tot die
|tragiese doodbloei van die Afrikanergetalle binne die land.

Ek stem nie saam nie. Hulle het nie bygedra tot die ontwikkeling van die Kaap
nie. Die van ons wat nou SA verlaat het, dra by tot die bou van ons nuwe lande.
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20789 is 'n antwoord op boodskap #20753] Ma, 08 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[2]  is tans af-lyn  daniel[2]
Boodskappe: 31
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Kyk, ek lees nou al lankal die nuusgroep, maar ek het lanklaas so 'n hoop
loutere strond gelees. Liewe hemel maat, het jy dan nou nog nie besef dat
jy nou naam krater maak met so 'n klomp onsin nie? Ons wat landuit is het
ons redes - jy, of niemand anders het daarop enigiets te sê nie. Dit is
snotbreins soos jy wat maak dat ons nie terug kom nie. Waar het jy en jou
soort Suid Afrika laat beland? En nou wil jy die plek nog verder in die
modder inwurg met die klomp rassehaat en oe"nskynlike dronkpraatjies.

Jy is erger as 'n standerd sewe in 'n mondelingklas. Gaan dink so bietjie
eers, en dan skryf jy.

Danie,
In Auckland, New Zealand (43 000 X-SA'ners)
En dit gaan baie lekker, dankie
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20793 is 'n antwoord op boodskap #20753] Ma, 08 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Feb 1999 22:11:46 +1300, "Daniel" wrote:

|Danie,
|In Auckland, New Zealand (43 000 X-SA'ners)
|En dit gaan baie lekker, dankie
|
|
Geen wonder ek het gehoor dat van die produksie vergaderings by 'n staalaanleg
daar in NZ word in Afrikaans gehou nie!

Al hierdie syfers wat julle ouens so aanhaal is interesant. Ek sal graag wil
weet hoe vergelyk die syfers met dié van die Groot Trek. Watter persentasie het
uit die Kaap padgegee en watter persentasie Suid Afrikaners het byvoorbeeld
sedert 1990 uit SA padgegee?
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20829 is 'n antwoord op boodskap #20753] Di, 09 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Kerm en kla maar nou soos wat julle wil; die Afrikaner/Boer wat
> aan die kunsmatige, ideologiese definisie van [o.a.] die F.A.K.
> van die eerste driekwart van hierdie eeu voldoen, is vir ewig
> daarmee heen. Frikkie en Leendert kan nog daarteen skop, maar
> ek vermoed dat daar nie oor die langtermyn vir die blanke [laat
> staan nog die Afrikaanssprekende] mens in Afrika 'n plek is nie.
>
> Die ondergang van die Afrikaner/Boer was sy aangewesenheid op
> volksvreemde arbeid, wat op sy beurt die gevolg was van gierigheid
> en [kortsigtige] magstrewe . . . trots. Daar is nou 'n paar
> pogingtjies aan die gang (bv. Orania) om die vloedgolf van verval
> te keer, maar ek vrees dit is te bietjie en te laat.
>

Ek kan net met jou saamstem. Maar hoe maak n mens vrede met die persoonlike
verlies wat die groot omwenteling behels? Is dit reg om net jou rug te draai
en te se, wel, dit pas my nie nou meer om hier bly en my waardes te probeer
uitleef nie? Tot watter mate het ons almal bygedra tot apartheid en tot
watter mate moet ons by die nuwe regime probeer voeg? Dit is so maklik om te
se, wel my voorouers het die gemors aanmekaargesit, ek is nie verantwoordelik
nie. Maar ons is. Elkeen wat daar gewoon het en skool gegaan het en asem
ingeneem het het bygedra tot die "hegemony" van Suid Afrika. En die tragedie
is dat sonder aparteheid die Afrikaner nie sou kon bestaan nie. Moet ons dus
die Afrikaner verloor as ons apartehied verloor? Kan die Afrikaner nie
bestaansreg he sonder apartehid nie? As dit wel die geval is -en so lyk dit
vir my -dan moet ons maar die hele ding scrap.

Billy.
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20830 is 'n antwoord op boodskap #20753] Di, 09 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Feb 1999 15:22:32 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
|Ja, ek stem saam. Maar my punt is dat dit n verlies is vir Suid Afrika.

Geweldig. Ek het nog altyd gedink aan die vae "breinkrag" waarvan almal praat -
en net omdat 'n mens dit nie kan kwantifiseer nie, Henri, beteken dit nie dat
dit nie belangrik is nie - inteendeel, ek is redelik bewus van my eie
professionele veld se verliese in Suid Afrika.

'n Vriend van my het my ook gewys op die verlies aan inkomste vir die land, uit
belasting.

| Dink net wat sou gebeur het as al daardie mense nie geloop het nie.
|Dink net hoe Suid Afrika sou geblom het as ons dinge so kon hanteer
|dat die mense gebly het en die land stabiel kon floreer.
|
Dis seker lekker om so daaroor te droom. En glo my, in die ses maande wat dit
ons geneem het om te besluit om te skuif, het ons lank en hard gesoek na tekens
oor die toekoms van die land...
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20831 is 'n antwoord op boodskap #20753] Di, 09 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Billy sê:

> |Die Groot Trek boere het wel die Kaap verlaat maar hulle het by
> |gedra tot die opbou van n nuwe nasie en taal. Die Afrikaners wat
> |nou Suid Afrika verlaat bou nie die land nie maar dra by tot die
> |tragiese doodbloei van die Afrikanergetalle binne die land.

Johan sê:

> Ek stem nie saam nie. Hulle het nie bygedra tot die ontwikkeling van die Kaap
> nie. Die van ons wat nou SA verlaat het, dra by tot die bou van ons nuwe
lande.

Ek dink in die eerste plek sal julle moet gaan kyk watter wisselwerking daar
tydens die Groot Trek, en daarna, was tussen die ouens wat getrek het, en die
wat agtergebly het. Sonder die logistieke en morele steun van die agterblyers
sou die GT waarskynlik nie suksesvol kon plaasvind nie.

Uiteindelik het die ontwikkeling van die diamant- en goudmyne tog ook 'n
invloed op die Kaap gehad, Johan. Of dink jy die spoorverbindings van PE en
Kaapstad is vir eenrigtingverkeer gebou daai tyd?

Nie een van die twee groepe kon hulle werklik totaal losmaak van die ander
nie. Miskien, as jy en Frikkie, en wie nog wil, mooi daaroor gaan dink, sien
julle 'n soortgelyke situasie vandag. Is hierdie ng nie dalk jou naelstring
met SA nie?

Die logiese vraag is dan wat die ng vir my inhou, nê? Dis maklik. Ek is besig
om 'n databasis op te hou sodat ek die dag as ek op my wêreldreis gaan op
julle lot se nekke kan gaan lê!

Groete

Henri
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20832 is 'n antwoord op boodskap #20753] Di, 09 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
> On Mon, 08 Feb 1999 22:13:23 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
> |Die Groot Trek boere het wel die Kaap verlaat maar hulle het by
> |gedra tot die opbou van n nuwe nasie en taal. Die Afrikaners wat
> |nou Suid Afrika verlaat bou nie die land nie maar dra by tot die
> |tragiese doodbloei van die Afrikanergetalle binne die land.

Johan P:
> Ek stem nie saam nie. Hulle het nie bygedra tot die ontwikkeling
> van die Kaap nie. Die van ons wat nou SA verlaat het, dra by tot
> die bou van ons nuwe lande.

Kerm en kla maar nou soos wat julle wil; die Afrikaner/Boer wat
aan die kunsmatige, ideologiese definisie van [o.a.] die F.A.K.
van die eerste driekwart van hierdie eeu voldoen, is vir ewig
daarmee heen. Frikkie en Leendert kan nog daarteen skop, maar
ek vermoed dat daar nie oor die langtermyn vir die blanke [laat
staan nog die Afrikaanssprekende] mens in Afrika 'n plek is nie.

Die ondergang van die Afrikaner/Boer was sy aangewesenheid op
volksvreemde arbeid, wat op sy beurt die gevolg was van gierigheid
en [kortsigtige] magstrewe . . . trots. Daar is nou 'n paar
pogingtjies aan die gang (bv. Orania) om die vloedgolf van verval
te keer, maar ek vrees dit is te bietjie en te laat.

Ons wat getrek het kan maar net gelate terugsit en kyk hoedat die
donker, sosialistiese springkaanplaag die land oorweldig en uit-
mergel. Frikkie en kie. kan ons maar daarvoor blameer, maar dit
help niks nie. Noem ons maar "verraaiers". Sien hoe dít jou
saak bevorder.

Die landverlaters is maar deurgaans versiende realiste wat hulle
geliefdes en dit wat hulle kan beheer eenvoudig net teen die
onvermydelike Afrika-ramp wou beskerm.

Oor 'n paar geslagte is die blanke Afrikaner/Boer maar net nog
'n voetnota in die geskiedenisboeke - sonder die vermoë om
homself teen die verwronge, negatiewe beeld van die "populêre
waarheid" te verdedig. Tragies ? Ja. Onvermydelik ? Nee.

Kon ek dit verhoed het deur daar te bly? Ek betwyfel dit
ten sterkste. Frikkie en kie. het my "soort" tog in elk geval
nie nodig nie. Inteendeel; hy sal eerder sy energie bestee in
'n veldtog om die verlore LANDVERLATERS aan te val en af te
kraak, i.p.v. om 'n opbouende [maar steeds hopelose] daad ten
gunste van Afrikaner/Boeredom te verrig.

Hjalmar
________
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20833 is 'n antwoord op boodskap #20753] Di, 09 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan P) wrote:
> On Mon, 08 Feb 1999 22:13:23 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
> |Die Groot Trek boere het wel die Kaap verlaat maar hulle het by
> |gedra tot die opbou van n nuwe nasie en taal. Die Afrikaners wat
> |nou Suid Afrika verlaat bou nie die land nie maar dra by tot die
> |tragiese doodbloei van die Afrikanergetalle binne die land.
>
> Ek stem nie saam nie. Hulle het nie bygedra tot die ontwikkeling van die Kaap
> nie. Die van ons wat nou SA verlaat het, dra by tot die bou van ons nuwe lande.
>
Ja, ek stem saam. Maar my punt is dat dit n verlies is vir Suid Afrika.
Dink net wat sou gebeur het as al daardie mense nie geloop het nie.
Dink net hoe Suid Afrika sou geblom het as ons dinge so kon hanteer
dat die mense gebly het en die land stabiel kon floreer.

Billy.
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20898 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
rsa...@intekom.co.za wrote:
> DIE LANDSVERLATERS
>
> Is hulle verstandiges of verraaiers?
>
Hahahahahahah!!!!!

Is jy koorsig of het jy maar net op jou kop geval as baba?

-Gideon-
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20899 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Nie een van die twee groepe kon hulle werklik totaal losmaak van die ander
> nie. Miskien, as jy en Frikkie, en wie nog wil, mooi daaroor gaan dink, sien
> julle 'n soortgelyke situasie vandag. Is hierdie ng nie dalk jou naelstring
> met SA nie?
>
Mettertyd gaan die verwydering te groot word en die landverlaters
- en veral hulle nasate - gaan weg en weg en wegdryf. Hierdie
is die laaste fase van ons nasie soos ek dit geken het.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20902 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Feb 1999 20:00:12 GMT, hen...@my-dejanews.com wrote:
|Ek dink in die eerste plek sal julle moet gaan kyk watter wisselwerking daar
|tydens die Groot Trek, en daarna, was tussen die ouens wat getrek het, en die
|wat agtergebly het. Sonder die logistieke en morele steun van die agterblyers
|sou die GT waarskynlik nie suksesvol kon plaasvind nie.

Goed, ek stem saam - ek wou eintlik net Billy se stelling weerspreek waarin sy
die GT se destinasie vergelyk met ons agtergeblewe vaderland:

"Die Groot Trek boere het wel die Kaap verlaat maar hulle het by
gedra tot die opbou van n nuwe nasie en taal. Die Afrikaners wat
nou Suid Afrika verlaat bou nie die land nie maar dra by tot die
tragiese doodbloei van die Afrikanergetalle binne die land."

|Nie een van die twee groepe kon hulle werklik totaal losmaak van die ander
|nie. Miskien, as jy en Frikkie, en wie nog wil, mooi daaroor gaan dink, sien
|julle 'n soortgelyke situasie vandag.

Ja wat, baie duidelik: op verskeie vlakke - familie wat kom kuier bring lekker
Cadbury sjokolade saam!! En ons familie wat moes agter bly maak ook nog vir 'n
verbintenis en heen en weer verkeer van mense, goedere en elektroniese briewe!
(Selfs my ou skoonma is op e-mail). Dan die meer on-kwantifiseerbare: ons
praat steeds Afrikaans in die huis en met helfte van ons vriende en kollegas,
ons hou so 'n lang oog op die nuus oor SA en ons sal altyd SuidAfrikaanse
ex-pats wees.

| Is hierdie ng nie dalk jou naelstring
|met SA nie?

Met so baie van die deelnemers in die buiteland? Ek dink ons sorteer hierdie
een liewer onder "stokperdjie" - ek kan nie juis gryp aan die idee dat ek met
iets soos 'n naelstring verbind moet wees aan sommige karrakters wat hier
deelneem nie! =|:^) Met apologie aan die van julle wat ordentlike norme en
standaarde handhaaf en intelegent kan redeneer.
|
|Die logiese vraag is dan wat die ng vir my inhou, nê? Dis maklik. Ek is besig
|om 'n databasis op te hou sodat ek die dag as ek op my wêreldreis gaan op
|julle lot se nekke kan gaan lê!
|
Ai ek wens nou ek kon vir jou sê dat elke nag hier in my huishouding jou 'n
klein slopie biltong gaan kos! Maar jy mag nie saambring nie en ek maak in elk
geval my eie! Bring maar net goeie geselskap en 'n oop kop - ek het baie om te
wys!

Johan (In oortje gehapt!)
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20903 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 07 Feb 1999 12:38:41 GMT, rsa...@intekom.co.za (Frikkie Potgieter) wrote:

|Die Afrikaanstaliges wat wel uitgewyk het is van die liberales en
|ontstamdes wat eintlik nooit 'n flenter omgegee het vir ons taal en
|ons volk nie. Dis die NP en DP Afrikaners wat altyd teen ons Boere en
|Regses kant gekies het en wie se vertrek in effek ons Boere se posisie
|in die RSA versterk.

Is dié nou wat 'n mens 'n tirade noem??? Klink so...

Nie baie dat 'n mens so baie haat teekom nie - ook maar goed so. En
die ou is seker vry om te haat net wie hy wil.

Dis net jammer as 'n mens se haat en argumente op soveel verkeerde
feite gebasseer is. Hoe is julle ander ouens se ervaring in die
buiteland. Tussen die klomp hier is daar maar 'n hele klomp wat so
regs is dat hulle ou Frikkie na Tutu sal laat lyk! Die hele spektrum
van SA politieke denke verlaat die land.

| Hulle is ons permanente vyande en hoe
|minder daar van hulle in die land is hoe beter.

As daar nou nie so baie van my familie oor was nie, sou ek nou met so
'n stoute gedagte wil hê dat nog meer die land moet verlaat sodat ou
Frikkie en sy ekstremiste REGTIG daar moet swaar kry.

|Dis ook hulle wat
|deurgaans JA gestem het en veroorsaak het dat die land weggegee is.
|Die argument dat hulle witmense is en dat die blankes se posisie deur
|hulle vertrek verswak word tel nie want hierdie mense het konsekwent
|teen die belange van die blankes opgetree, hulle hele lewens. En
|in enige moontlike komende krisis sal hulle weer teen ons Boere en die
|ander blankes kant kies. Dit is inderdaad verblydend om te sien dat
|baie van hulle die land verlaat.

Hmmmm.... Hierdie laat maar baie aan die yl van 'n waansinnige
dink....
|
|Hardloop vinnig
|
|Ons as kinders het altyd aan die verklikbekke onder ons geskreeu:
|"Hardloop vinnig voor die pad vol duwweltjies word!" Dit wens ons ook
|hierdie vlugtelinge toe en ons voeg daarby; " moet asseblief ook nie
|weer terugkom nie want met 'n volgende krisis sal julle weer weghol."
|Aan die Boere wat moes padgee sê ons "Julle is welkom
|terug".

Die een verstaan ek nou nie - hoe gaan Frikkie onderskeid tref? Wie
gaan hy terugverwelkom en wie nie? Hoe gaan hy weet watter een van
die twee groepe wat hy hier noem, elkeen behoort? Groot probleem met
die redenasie is egter dat die wit ouens hier nie die is wat enigsinds
wil teruggaan nie.

Die enigste twee gesinne wat dit nog oorweeg het, was Indiers wat
werklik swaargekry het met hulle Hindu kultuur en dan 'n liberale
Ingelse lot wat uitgevind het dis darem te groot werk om te moet kook
EN badkamer skoonmaak. Die Indiers is terug, maar die Ingelse moet
nou nog maaind opmaak.....

Johan
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20904 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Bog, skoon bog. Die Afrikaner se bestaan
> en voortbestaan het niks met apartheid
> te doen nie. Dis juis die stupid apartheids-
> varke met hulle kortsigtige beleide wat die
> Afrikaner in 'n gemors laat beland het as
> volksgroep. Dis hulle, die apartheids-
> varke, wat die Afrikaner die grootste
> skade aangedoen het.
>
> Gloudina
>
Ek staan by wat ek se. Die Afrikaner se identiteit is gebou om die
Kalvinistiese geloof dat hulle uitverkore was om die land te eien.
(Sommige regses dink dit nogsteeds. Hulle is net nie gesofistikeerd
genoeg om dit so mooi te vewerk en verbloem nie dus maak hulle
gatte van hulself waar ons soos regverdige harwerkende mense
probeer voor kom het.) Die strewe na dominasie in die Afrikaner
dra n morele inspirasie. Ons het uitverkore gevoel soos die Israelite.
Ons kultuur se basis, ons eensgesindheid het omwentel om die
magsspel tussen wit en swart, Boer en Engels. Die grondsgedagte
wat samehorendheid verleen het het gedraai om die apartheidsgeloof.
Die ekonomie en die verdeling van die samelewing was daarvan
afhanklik. Al die ander wonderlike dinge (wat ek lief het en deel van
is/was) rus hierop.

Billy.
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20905 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:

> Moet ook nie so seker
> wees dat die nasate wegdryf nie.
> Volgende maand trou een van ons seuns
> in Pietermaritzburg met 'n meisie wat
> half-Engels half-Afrikaans is. Ek dink
> ek sal vir hom Afrikaans moet leer,
> sodat hy met haar oupa op 'n plaas in
> Ficksburg kan praat.

Jy kom al meer en meer reg: Net nou die dag vertel jy hoe die boere aan die
Oranje en hul kinders gewerk het om 'n paradys te skep (en nie net gelê het en
koesisters knaag terwyl die swartes die werk doen nie, jou meer algemene
standpunt.)

Nou wil jy jou kind Afrikaans leer. Drie jaar gelede het jy groot gebrêg hoe
jou kind moes soek vir 'n kursus in Nederlands voordat hy SA besoek (teen jou
sin) - omdat jy weier om hom Afrikaans te leer.

Hou so aan. Oor nog drie jaar kan jy jouself dalk begin vergewe. Dan voel jy
dalk nie meer die behoefte om my uit te skel vir 'n "apartheidsvark" nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20906 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Feb 1999 23:57:16 GMT, Billy wrote
|Ek kan net met jou saamstem. Maar hoe maak n mens vrede met die persoonlike
|verlies wat die groot omwenteling behels?

As jy 'n positiwe lewenshouding het, maak die baie voordele wat jy kry nogal op
vir die verliese. 'n Baie moeilike ding is om ouers in SA agter te laat - vir
ons is dit die swaarste, ten spyte van hulle ondersteuning en aanmoedihging
tydens ons skuif.

| Is dit reg om net jou rug te draai
|en te se, wel, dit pas my nie nou meer om hier bly en my waardes te probeer
|uitleef nie?

Billy, dis nie 'n geval van NET jou rugdraai nie - dis 'n baie lang proses -
altans dit was vir ons - ons het omtent ses maande dit oorweeg en toe ses maande
lank besluit en begin aktief soek na geleenthede en navorsing gedoen in waarvoor
ons inlaat.

My twee seuns is/was baie lief vir hulle een ouma wat naby ons gebly het en wat
ons ten minste een maal per week gesien het en ons het besef dit sal nou
prakties gesproke wees asof die ouma vir die seuns doodgaan. Sulke besluite kom
nie maklik nie.

| En die tragedie
|is dat sonder aparteheid die Afrikaner nie sou kon bestaan nie. Moet ons dus
|die Afrikaner verloor as ons apartehied verloor? Kan die Afrikaner nie
|bestaansreg he sonder apartehid nie?

No way! Hier het jy dit heel verkeerd, dink ek! Die Afrikaner moet net nie so
ekskuus dat ek lewe houding hê nie!
Ons sou bestaan gee nie om wat die politiek van die dag was nie. Sonder
apartheid sou ons dalk beter mense gewees het....

Selfs hier waar ons nou is, is ons nog Afrikaners - ons mag dalk die laaste
geslag wees van Afrikaners soos jy dit ken, maar ek sien dit maar net dat ons
geslagte hier deur 'n soort van 'n versnelde evolusie gaan. My seuns se
families sal seker Amerikaans wees. Maar in die proses sou daar tog bietjie
van die Afrikaner se wese in Amerika afskaaf. (Hier daag ook nou so baie
Afrikaners op, my seuns kry dalk Afrikaner meisies om mee te trou!)
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20907 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes: > >

> Ek staan by wat ek se. Die Afrikaner se identiteit is gebou om die
> Kalvinistiese geloof dat hulle uitverkore was om die land te eien.

Luister, Billy. Ek het seker in 'n ander
land grootgeword as jy. My ouers het my
nooit geleer dat ons 'n uitverkore volk
is nie. En enige predikant wat dit vir
my gepredik het, het ek verwerp vir die
snert wat dit is.

> Ons kultuur se basis, ons eensgesindheid het omwentel om die
> magsspel tussen wit en swart, Boer en Engels. Die grondsgedagte
> wat samehorendheid verleen het het gedraai om die apartheidsgeloof.
> Die ekonomie en die verdeling van die samelewing was daarvan
> afhanklik. Al die ander wonderlike dinge (wat ek lief het en deel van
> is/was) rus hierop.

Ja, daar was 'n magspel tussen wit en swart,
Afrikaner en Engelsman. Veral laasgenoemde.
Maar dit het niks te doen gehad met godsdiens
nie. Dit is die apartheidsvarke wat die
godsdiens ingesleep het. Sodat ou Frikkie
binne een asem van die rapture en doodmaak
van anderskleuriges kan praat. Soos die KKK
in die VSA die aand negers kan lynch en die
Sondag in die kerk kan bid.

Gloudina
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20908 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net wrote in message

> Dit is so maklik om te
> se, wel my voorouers het die gemors aanmekaargesit, ek is nie verantwoordelik
> nie. Maar ons is.

> Elkeen wat daar gewoon het en skool gegaan het en asem
> ingeneem het het bygedra tot die "hegemony" van Suid Afrika.

Twee aannames, wat nie noodwendig korrek is nie: a) dat elkeen wel bygedra
het; b) dat die sg. "hegemony" (wat dit ookal beteken) inderdaad 'n BAD
THING is/was.

> En die tragedie
> is dat sonder aparteheid die Afrikaner nie sou kon bestaan nie.

Dwase foute: a) dat daar so iets is as "die Afrikaner"; b) dat hierdie
entiteit (wat dit ookal is) nie sonder "apartheid" (wat _dit_ ookal is - ek
prober al twee jaar om Gloudina te kry om te sê wat sy daarmee bedoel) sou
kon voortbestaan nie.

> Moet ons dus
> die Afrikaner verloor as ons apartehied verloor? Kan die Afrikaner nie
> bestaansreg he sonder apartehid nie? As dit wel die geval is -en so lyk dit
> vir my -dan moet ons maar die hele ding scrap.
>
> Billy.

Liewe Billy,

Scrap liewer jou ongegronde aannames en dwase argumente.

Begin voor, bewapen jou met betroubare inligting, defnieer die terme en
begrippe waarmee jy dink oor die saak, dink weer, en hersien dan jou
gevolgtrekking.

Groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20909 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message

> Bog, skoon bog. Die Afrikaner se bestaan
> en voortbestaan het niks met apartheid
> te doen nie. Dis juis die stupid apartheids-
> varke met hulle kortsigtige beleide wat die
> Afrikaner in 'n gemors laat beland het as
> volksgroep. Dis hulle, die apartheids-
> varke, wat die Afrikaner die grootste
> skade aangedoen het.
>
> Gloudina

Synde, volgens jou, een van die "apartheidsvarke", net 'n paar vrae:

a) Wat is "apartheid"?
b) Noem so 'n paar van die "kortsigtige beleide" waarvan jy praat.
c) Omskryf "die Afrikaner".
d) Wat bedoel jy met 'n "gemors" waarin "die Afrikaner" beland het as 'n
volksgroep?

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20911 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Johan (In't bol gepikt) wrote:

> Tussen die klomp hier is daar maar 'n hele klomp wat so
> regs is dat hulle ou Frikkie na Tutu sal laat lyk! Die hele spektrum
> van SA politieke denke verlaat die land.

En die hele spektrum bly hier om die werk te doen - kyk nou maar vir Ferdi op
links en Frikkie op regs.

En dan is daar nog ekke :-)

Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20912 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
rsa...@intekom.co.za (Frikkie Potgieter) wrote:

.> 'n Ander gerug sê daar is 40 000 South Africans net in
> Perth alleen!

Hierdie getal word baie aangehaal MAAR verwys na SouthERN-Africans,
Zim, Zambia. en Anzanie
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20913 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes:

En die tragedie
> is dat sonder aparteheid die Afrikaner nie sou kon bestaan nie.

Bog, skoon bog. Die Afrikaner se bestaan
en voortbestaan het niks met apartheid
te doen nie. Dis juis die stupid apartheids-
varke met hulle kortsigtige beleide wat die
Afrikaner in 'n gemors laat beland het as
volksgroep. Dis hulle, die apartheids-
varke, wat die Afrikaner die grootste
skade aangedoen het.

Gloudina
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20914 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes:

> Jy kom al meer en meer reg: Net nou die dag vertel jy hoe die boere aan die
> Oranje en hul kinders gewerk het om 'n paradys te skep (en nie net gelê het en
> koesisters knaag terwyl die swartes die werk doen nie, jou meer algemene
> standpunt.)
>
> Nou wil jy jou kind Afrikaans leer. Drie jaar gelede het jy groot gebrêg hoe
> jou kind moes soek vir 'n kursus in Nederlands voordat hy SA besoek (teen jou
> sin) - omdat jy weier om hom Afrikaans te leer.

Een van die figmente van jou verbeelding:
dat ek geweier het om vir my seun Afrikaans
te leer. Hy was in Toronto, ek in Ottawa.
Hy, slim seun wat hy was, het besluit
om 'n Nederlandse kursus te loop die laaste
maande voordat hy na Kaapstad sou gaan vir
sy MBA (waar hy sy toekomstige vrou ontmoet
het.) Al wat ek gedoen het, is om te lag
oor die feit dat hy Nederlands probeer leer,
hopende dat dit hom met Afrikaans sal help.
Dink daaraan, die outjie kom in SA en al
wat uit sy mond kom, is baie simplistiese
Nederlands met 'n hewige Nederlandse aksent.

Gloudina
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20915 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes: >

> Mettertyd gaan die verwydering te groot word en die landverlaters
> - en veral hulle nasate - gaan weg en weg en wegdryf. Hierdie
> is die laaste fase van ons nasie soos ek dit geken het.
>
> Billy.


Wel, die nasie wat jy geken het, was
miskien 'n valse hersenskim wat vir
jou voorgeskryf is deur slinkse
politici. Die werklike Afrikaner
vandag is ook Suid-Afrikaner, en staan
midde in die werklikheid van SA.Sulke
mense is my familie in SA wat op
verskillende maniere hulle funksies
vervul. So 'n mens was en is Beyers
Naude wat nog altyd vir die Afrikaner
'n rigsnoer was. Moet ook nie so seker
wees dat die nasate wegdryf nie.
Volgende maand trou een van ons seuns
in Pietermaritzburg met 'n meisie wat
half-Engels half-Afrikaans is. Ek dink
ek sal vir hom Afrikaans moet leer,
sodat hy met haar oupa op 'n plaas in
Ficksburg kan praat.

Gloudina
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20916 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> Wel, die nasie wat jy geken het, was
> miskien 'n valse hersenskim wat vir
> jou voorgeskryf is deur slinkse
> politici.

> Die werklike Afrikaner
> vandag is ook Suid-Afrikaner,

Dit sluit jou en jou nageslag dus uit. Dit sluit bepaald baie Afrikaners uit
wat ek ken en wat in Namibië, Zimbabwe en Zambië gebore en getoë is en
vandag nog daar woon.

> en staan
> midde in die werklikheid van SA.

Dit sluit jou dus vanselfsprekend uit.

> Sulke
> mense is my familie in SA wat op
> verskillende maniere hulle funksies
> vervul. So 'n mens was en is Beyers
> Naude wat nog altyd vir die Afrikaner
> 'n rigsnoer was.

Ah! Sulke mense is ook Eugene Terreblanche, Antjie Samuels, Ferdi Greyling
en Frikkie Potgieter.

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20917 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan P) wrote:
>
> Billy, dis nie 'n geval van NET jou rugdraai nie - dis 'n baie lang proses -
> altans dit was vir ons - ons het omtent ses maande dit oorweeg en toe ses maande
> lank besluit en begin aktief soek na geleenthede en navorsing gedoen in waarvoor
> ons inlaat.

Glo my. ek weet. Omdat ek met n Kanades man gtroud is moes ek
al talle male oorsee trek. Dis sommer asof iets doodgaan en nooit
weer asem kry nie.

> | En die tragedie
> |is dat sonder aparteheid die Afrikaner nie sou kon bestaan nie. Moet ons dus
> |die Afrikaner verloor as ons apartehied verloor? Kan die Afrikaner nie
> |bestaansreg he sonder apartehid nie?
>
> No way! Hier het jy dit heel verkeerd, dink ek! Die Afrikaner moet net nie so
> ekskuus dat ek lewe houding hê nie!
> Ons sou bestaan gee nie om wat die politiek van die dag was nie. Sonder
> apartheid sou ons dalk beter mense gewees het....
>

Sonder apartehid sou ons dalk beter mense gewees het. Ja!! Maar ons sou
ANDERS gewees het. Dit is hoekom ek se dat apartheid die Afrikaner se
identiteit bestem het. Dit loop so diep dat julle dit nie eens sien nie.
Dit is presies wat ek met die Engelse woord "hegemony" bedoel het.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20918 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> bi...@mgenerations.net writes: > >
>
>> Ek staan by wat ek se. Die Afrikaner se identiteit is gebou om die
>> Kalvinistiese geloof dat hulle uitverkore was om die land te eien.
>
> Luister, Billy. Ek het seker in 'n ander
> land grootgeword as jy. My ouers het my
> nooit geleer dat ons 'n uitverkore volk
> is nie. En enige predikant wat dit vir
> my gepredik het, het ek verwerp vir die
> snert wat dit is.

My ouers het my ook nooit sulke goed geleer nie. My kerk het
my dit nie geleer nie. Maar was daar swartes in jou kerk langs
jou op die bankies? Was daar swartes in jou skool langs jou op
die bankies. Was jou kerels wit of swart langs jou op die
bankies Gloudina?

Min mense het hardop daaroor gepraat want dit was so deel
van ons kultuur dat bittermin die krag gehad het om hulle daarvan
te distansieer en die waarheid daarvan voluit in die oe te staar.
Jy kan dit nou nog nie doen nie.

Maar wat dink jy het ons landswette ons geleer? Ons landswette het altyd,
elke oomblik dat ek en jy daar geleef en geleer het, vertel dat die witmense
anders was. Die wette, die ekonomie, alles het gespreek van die status van
die wittes teenoor die swartes. Jy kon dit eenvoudig nie vermy nie. Waaroor
anders het die groot opskuddings dan gekom? Waaroor anders was dit alles
Gloudina?

>> Ons kultuur se basis, ons eensgesindheid het omwentel om die
>> magsspel tussen wit en swart, Boer en Engels. Die grondsgedagte
>> wat samehorendheid verleen het het gedraai om die apartheidsgeloof.
>> Die ekonomie en die verdeling van die samelewing was daarvan
>> afhanklik. Al die ander wonderlike dinge (wat ek lief het en deel van
>> is/was) rus hierop.
>
Billy.
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20919 is 'n antwoord op boodskap #20753] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Feb 1999 03:51:25 GMT, wrote:
| Volgende maand trou een van ons seuns
| in Pietermaritzburg met 'n meisie wat
| half-Engels half-Afrikaans is. Ek dink
| ek sal vir hom Afrikaans moet leer,
| sodat hy met haar oupa op 'n plaas in
| Ficksburg kan praat.

Gaan jy SA toe vir die troue, Gloudina?
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20973 is 'n antwoord op boodskap #20753] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

>> nooit geleer dat ons 'n uitverkore volk
>> is nie. En enige predikant wat dit vir
>> my gepredik het, het ek verwerp vir die
>> snert wat dit is.
>>
>
>
> Watter predikant het dit vir jou gepredik, Gloudina, waaneer, waar, en in
> watter konteks?
>
> Vriendelike groete, Leendert

'n Nederduits Gereformeerde predikantjie
op Marchand, wat uiteindelik moes uitgekop
word omdat hy by drie verskillende vroue
in die gemeente kinders verwek het. Daarna
het hulle 'n blinde predikant beroep, en
die het van die gehardste "sondaars" begin
bekeer. Vra maar vir jou swaer om in die
annales van die gemeente in te gaan, dan
sal jy weet van wie ek praat.

Gloudina
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20974 is 'n antwoord op boodskap #20753] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Een van die figmente van jou verbeelding:
> dat ek geweier het om vir my seun Afrikaans
> te leer. Hy was in Toronto, ek in Ottawa.
> Hy, slim seun wat hy was, het besluit
> om 'n Nederlandse kursus te loop die laaste
> maande voordat hy na Kaapstad sou gaan vir
> sy MBA (waar hy sy toekomstige vrou ontmoet
> het.) Al wat ek gedoen het, is om te lag
> oor die feit dat hy Nederlands probeer leer,
> hopende dat dit hom met Afrikaans sal help.
> Dink daaraan, die outjie kom in SA en al
> wat uit sy mond kom, is baie simplistiese
> Nederlands met 'n hewige Nederlandse aksent.

'n Jongman, kind van Afrikaanse ouers, met 'n graad of wat agter die blad,
moet 'n kursus in Nederlands loop om iets van Afrikaans te weet. Hy wil
(teen sy ma se sin) na Suid-Afrika gaan. Hy is ten minste Engels en Frans
magtig.

Sy ma sê dis 'n "figment" van my verbeelding dat sy geweier het om hom
Afrikaans te leer?

Vertel ons liewer vn perdevye, Gloudina. Warvan is dit 'n "figment"?

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20975 is 'n antwoord op boodskap #20753] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> bi...@mgenerations.net writes: > >
>
>
>> Ek staan by wat ek se. Die Afrikaner se identiteit is gebou om die
>> Kalvinistiese geloof dat hulle uitverkore was om die land te eien.
>
> Luister, Billy. Ek het seker in 'n ander
> land grootgeword as jy. My ouers het my
> nooit geleer dat ons 'n uitverkore volk
> is nie. En enige predikant wat dit vir
> my gepredik het, het ek verwerp vir die
> snert wat dit is.
>

Watter predikant het dit vir jou gepredik, Gloudina, waaneer, waar, en in
watter konteks?

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20976 is 'n antwoord op boodskap #20753] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
>
> Aan die begin het jy mens die indruk gegee dat
> jy dink dat die Afrikaner se geroepenheid as
> uitverkore volk die fondament van sy samelewing was,
> en dat dit gedetermineer het dat hy "apartheid"
> moes skep. Dit betwyfel ek.
>
> Oor die hovaardigheid waarmee die mense uit
> Europa oral oor die wereld in ander mense
> se lande ingegaan het, en dan met hulle koppies
> tee vir hulle self gesit en bewonder het,
> en hierdie mense se eiendom vir hulself
> geneem het, daarmee verskil ek nie van jou
> nie.

Gloudina ons het dit almal gedoen elke dag van ons lewens.
Ek begin dit nou eers self verwerk. Ons kan nie weg kom van die
feit dat die Suid Afrikaanse regering mense volgens hulle ras
gekwalifiseer het nie. Die klas sisteem volgens velkleur het gemaak
dat die witmense seevier. Wat dink jy was die motivering hiervoor?

Ek hou so aan praat van "hegemony." (" Hegemony" is nie n kruipertjie onder
n heining nie.) Ek moet eerlik wees, my hoofvak op universitieit was nie
sosiologie nie. Maar die bietjie wat ek van Gramsci onthou oor hegemonie
maak vir my baie sin.

Die glibberige ding omtrend hegemonie is juis die ding waaroor
ek hier praat. Hegemonie is n bewussynstroom waardeer die
situasie beheer word. Dit beweeg stil in die onderwussyn - amper
soos DOS die hele tyd agter windows funksioneer. Jy sien hom
nie openlik nie maar hy is daar. Soos n kanker in die geval van
apartheid. Jy sien eers die knop as dit te laat is. Ons het almal
saam daaraan gewerk dat apartheid so lank geduur het. Ons het
almal saam gestaan en ons blindheid bewaar. Sommige doen dit
nog. Aparthied het in die eerste plek die Afrikaner help tot stand
kom na die groot verliese wat die Britte ons aangedoen het.
Toe het ons n onregverdige land gebou om ons eie nekke te red.

Hegemonie leef homself uit daarin dat alle klasse saamwerk
daaraan dat die heersenedes seevier. Dus lyk dit dalk of die
met mindere mag tevrede is met die heerskappy van die land.
Dit verblind ook die in beheer sodat hulle nie gewetensbesware
het nie. Natuurlik het baie mense opspraak gemaak teen aparthied.
Maar die sisteem het lank geduur. Dit beteken tog iets.

Een van die redes hoekom ons so ongemaklik voel as die regse
Afrikaners hulle gal spoeg is dat hulle blatant, openlik -selfs trots-
is oor die wil om heerskappy te voer. Dalk is ons ongemak by hierdie
mense juis daarin gebaseer dat hulle openlik se wat ons in die
stilte gedoen het, en miskein nog wil doen.

Billy.
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20978 is 'n antwoord op boodskap #20753] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>> Nou wil jy jou kind Afrikaans leer. Drie jaar gelede het jy groot gebrêg hoe
>> jou kind moes soek vir 'n kursus in Nederlands voordat hy SA besoek (teen jou
>> sin) - omdat jy weier om hom Afrikaans te leer.
>
> Een van die figmente van jou verbeelding:
> dat ek geweier het om vir my seun Afrikaans
> te leer.

So jy het hom afrikaans geleer? :)
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20979 is 'n antwoord op boodskap #20753] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes:

> Gloudina ons het dit almal gedoen elke dag van ons lewens.
> Ek begin dit nou eers self verwerk.

Ek is jammer, maar baie van ons het
dit probeer beveg. Ek het na my eerste
werk in 'n wit skool verkies om na
'n swart skool te gaan om onderwys te
gee. Ek het duidelik aan die mense om
my gemaak dat ek dink die sisteem is
korrup. Wat my die ergste gehinder
het, was nie daardie grootbekke soos
Frikkie en Kie en selfs die apartheids-
varke nie, maar daardie vriende wat
my met suspisie bejeen het oor my
"motiewe," wat heelwaarskynlik gedink
het dat ek "kommunis" was. En, nou
deesdae, geen woord sprak oor die
gruwelikhede wat hulle mede-Afrikaners
gepleeg het in die apartheidsdae nie,
maar kla oor De Klerk se immorele lewens-
styl en ons wysheid om al lankal die
bose SA te verlaat het. Snaaks, hoe
lank na alles, mens nog kan sien wat
die inbors van mense was, van hoe hulle
op apartheid gereageer het. Ek bedoel
nou die mense wat hulleself as "ernstige
Christene" uitgegee het.

Ons kan nie weg kom van die
> feit dat die Suid Afrikaanse regering mense volgens hulle ras
> gekwalifiseer het nie. Die klas sisteem volgens velkleur het gemaak
> dat die witmense seevier. Wat dink jy was die motivering hiervoor?

Hulle het gedink dat hulle die mag in
hulle hande gekry het en dit nou gaan
hou. Hulle het wette gemaak wat die
onmoontlik gemaak het vir ander selfs
wittes om 'n sê in hulle eie land te
kry. En hulle was nie net Afrikaners
nie. Dit was 'n koeksel van Engelse
en Afrikaners en slym uit die CIA en
so meer en so meer. En het hulle gewen?
Ha, ha, ha!

> Die glibberige ding omtrend hegemonie is juis die ding waaroor
> ek hier praat. Hegemonie is n bewussynstroom waardeer die
> situasie beheer word. Dit beweeg stil in die onderwussyn - amper
> soos DOS die hele tyd agter windows funksioneer. Jy sien hom
> nie openlik nie maar hy is daar. Soos n kanker in die geval van
> apartheid. Jy sien eers die knop as dit te laat is. Ons het almal
> saam daaraan gewerk dat apartheid so lank geduur het. Ons het
> almal saam gestaan en ons blindheid bewaar. Sommige doen dit
> nog. Aparthied het in die eerste plek die Afrikaner help tot stand
> kom na die groot verliese wat die Britte ons aangedoen het.
> Toe het ons n onregverdige land gebou om ons eie nekke te red.

Ek hou baie van jou analise. Mens kan dit
natuurlik ook op ander dele van die wereld
en die maatskappy toepas. Hier in Noord-
Amerika is daar nog 'n soort hegemonie van
die "wittes." Dis daarom dat Johan daar in
Minnesota so lekker vir homself daar 'n
kokon kan skep. Maar dinge is besig om te
verander.

Gloudina
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20980 is 'n antwoord op boodskap #20753] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
bi...@mgenerations.net wrote:
>
> My ouers het my ook nooit sulke goed geleer nie. My kerk het
> my dit nie geleer nie. Maar was daar swartes in jou kerk langs
> jou op die bankies? Was daar swartes in jou skool langs jou op
> die bankies. Was jou kerels wit of swart langs jou op die
> bankies Gloudina?
>
> Min mense het hardop daaroor gepraat want dit was so deel
> van ons kultuur dat bittermin die krag gehad het om hulle daarvan
> te distansieer en die waarheid daarvan voluit in die oe te staar.
> Jy kan dit nou nog nie doen nie.
>
> Maar wat dink jy het ons landswette ons geleer? Ons landswette het altyd,
> elke oomblik dat ek en jy daar geleef en geleer het, vertel dat die witmense
> anders was. Die wette, die ekonomie, alles het gespreek van die status van
> die wittes teenoor die swartes. Jy kon dit eenvoudig nie vermy nie. Waaroor
> anders het die groot opskuddings dan gekom? Waaroor anders was dit alles
> Gloudina?
>

Liewe Billy,

Jy sê: "dit was so deel van ons kultuur dat bittermin die krag gehad het om
hulle daarvan te distansieer en die waarheid daarvan voluit in die oe te
staar."

Jy vat dit so raak saam. Die kultuur van die Afrika-beskawing en die Westerse
beskawing verskil inderdaad grondiglik (Dit is moontlik slegs die kulture van
die verre Oosterse beskawing wat verder van die Westerse verskil as die van
Afrika). Dit is inderdaad waar dat "min die krag het om hulle daarvan te
distansieer" - as jy met "daarvan" bedoel die kultuurverskil. Jung en ander
het dik boeke geskryf oor die trauma wat dit verg om kultuurklowe oor te
steek - in der mate dat hulle dit as onmoontlik beskou om 'n brug te slaan
tussen sulke uiteenlopende kulture - mens kan of die kloof oorsteek en die
ander kultuur aanneem (en jou eie afsweer) of in jou eie kultuur bly. Van
Niekerk, byvoorbeeld, kom tot die gevolgtrekking dat dit nie moontlik is om
'n middeweg te vind nie.

Om jou dus "daarvan te distansieer" beteken eenvoudig om die andersheid van
die ander kultuur te ontken - en daarmee die identiteit van die ander een.
Swart skrywers verwys dikwels daarna as hulle praat van die "white liberals"
wat jou aanvaar - "as long as you become like them". Biko was een van die wat
hieroor geskryf het.

Die SABC probeer ons inprent dat "kultuur" bestaan uit dansies en liedjies en
maniere om more te sê. Maar die mense weet dit is veel meer as dit. Dit is
meer as swartmense in die kerkbanke en dit is selfs meer as die Seepuntse
kugel wat brag met haar "Malay boyfriend". Dit is meer as die Moslemtante wat
my bel uit die Wes-Transvaal om te kla (op suiwer Afrikaans) oor "die mense
wat net ander nasies se dogters wil vry".

Ek weet. Ek kom dit daagliks agter in gesprekke en onderhandelinge, veral met
die amptenary.

Dus: Dis nie die wette wat jou vertel het "die witmense is anders" nie. Vir
sover die wette daar enigsins iets mee te doen gehad het, het die wette dit
bloot be-aam. Nou dat "die wette" nie meer daar is nie, kan jy gerus kom kyk -
die witmense is nog steeds "anders". En die swartes. En die Indiërs. En die
Chinese. Selfs al sit hulle saam met jou in die kerkbanke - of op jou
sitkamerbank.

Maar ek moet sê: Dis verfrissend dat iemand anders ook vir Gloudina sê sy kan
nie die waarheid in die oë kyk nie :-) :-) :-)

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20981 is 'n antwoord op boodskap #20753] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net wrote in message ...

> Ek staan by wat ek se. Die Afrikaner se identiteit is gebou om die
> Kalvinistiese geloof dat hulle uitverkore was om die land te eien.
> (Sommige regses dink dit nogsteeds. Hulle is net nie gesofistikeerd
> genoeg om dit so mooi te vewerk en verbloem nie dus maak hulle
> gatte van hulself waar ons soos regverdige harwerkende mense
> probeer voor kom het.) Die strewe na dominasie in die Afrikaner
> dra n morele inspirasie. Ons het uitverkore gevoel soos die Israelite.
> Ons kultuur se basis, ons eensgesindheid het omwentel om die
> magsspel tussen wit en swart, Boer en Engels.

> Die grondsgedagte
> wat samehorendheid verleen het het gedraai om die apartheidsgeloof.
> Die ekonomie en die verdeling van die samelewing was daarvan
> afhanklik.

> Al die ander wonderlike dinge (wat ek lief het en deel van
> is/was) rus hierop.

Siestog! Mens moet darem in 'n verskriklik beperkte omgewing grootword om so
'n skraal visietjie te ontwikkel!

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20982 is 'n antwoord op boodskap #20753] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes:

> My ouers het my ook nooit sulke goed geleer nie. My kerk het
> my dit nie geleer nie. Maar was daar swartes in jou kerk langs
> jou op die bankies? Was daar swartes in jou skool langs jou op
> die bankies. Was jou kerels wit of swart langs jou op die
> bankies Gloudina?
>
> Min mense het hardop daaroor gepraat want dit was so deel
> van ons kultuur dat bittermin die krag gehad het om hulle daarvan
> te distansieer en die waarheid daarvan voluit in die oe te staar.
> Jy kan dit nou nog nie doen nie.


>
> Maar wat dink jy het ons landswette ons geleer? Ons landswette het altyd,
> elke oomblik dat ek en jy daar geleef en geleer het, vertel dat die witmense
> anders was. Die wette, die ekonomie, alles het gespreek van die status van
> die wittes teenoor die swartes. Jy kon dit eenvoudig nie vermy nie. Waaroor
> anders het die groot opskuddings dan gekom? Waaroor anders was dit alles
> Gloudina?


Aan die begin het jy mens die indruk gegee dat
jy dink dat die Afrikaner se geroepenheid as
uitverkore volk die fondament van sy samelewing was,
en dat dit gedetermineer het dat hy "apartheid"
moes skep. Dit betwyfel ek.

Oor die hovaardigheid waarmee die mense uit
Europa oral oor die wereld in ander mense
se lande ingegaan het, en dan met hulle koppies
tee vir hulle self gesit en bewonder het,
en hierdie mense se eiendom vir hulself
geneem het, daarmee verskil ek nie van jou
nie. Die Hollanders het dit gedoen. Die
Engelse, en die Portugese en die Spanjaarde
het dit gedoen. En later die Duitsers en
die Italianers en dies meer. En om een of
ander rede het hulle uit Europa gedink hulle
is anders, verhewe bo die mense wat nie
"wit" was nie. En enigiemand wat hierdie
taboe wou breek, is gestraf met sosiale
verwerping. Maar toemaar, elke hond kry
sy dag. Eers was dit die wit hondjies
se beurt. Nou het dinge verander.

Gloudina
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20984 is 'n antwoord op boodskap #20753] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Feb 1999 16:22:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

|Speak for yourself, Billy!
|
|Ek voel net so ongemaklik as "regse Afrikaners" gal spoeg as wanneer linkse
|Afrikaanse "liberals" gal spoeg. Mense wat gal spoeg is gewoonlik nie
|ge-interesseerd in waarheid nie, maar slegs in dit wat hul eie vooroordele
|bevestig en hul eie ego's salf.
|
|
...sê hy met gal wat soos polka dots om hom lê....
Vorige onderwerp: "VERSLAWING" Anoniem
Volgende onderwerp: Vodacom Rapport Fietstoer se webtuiste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 18:48:41 MGT 2024