Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Raad vir Gloudina
Raad vir Gloudina [boodskap #17993] Wo, 30 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Daar is baie maniere om op die nuus groepe te gesels onder 'n ander naam.
Ek stel voor jy kry vir jou een, en kom dan terug.

Daar is natuurlik soos met baie ander dinge 'n vangplek. Om jou
geloofwaardig te maak as die "nuwe" persoon gaan dit van jou vereis om vir
'n slag iets betekenisvol kwyt te raak, ens, ens.

Ek weet die Rand is nie meer baie werd nie, maar ek sal 'n eerlik verdiende
R100 neersit op die feit dat ons nog steeds deur jou sal kan sien.

Net 'n lessie uit die ou liberale denke handboek, jy weet die een wat jy
heel ingesluk het. Vryheid van spraak geld ook vir die persoon wat NIE met
jou saamstem nie.

Groete

Riaan

--
To reply, remove the NoSpam from my address.
Re: Raad vir Gloudina [boodskap #17994 is 'n antwoord op boodskap #17993] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan " writes: > Gloudina
>
> Daar is baie maniere om op die nuus groepe te gesels onder 'n ander naam.
> Ek stel voor jy kry vir jou een, en kom dan terug.
>
> Daar is natuurlik soos met baie ander dinge 'n vangplek. Om jou
> geloofwaardig te maak as die "nuwe" persoon gaan dit van jou vereis om vir
> 'n slag iets betekenisvol kwyt te raak, ens, ens.
>
> Ek weet die Rand is nie meer baie werd nie, maar ek sal 'n eerlik verdiende
> R100 neersit op die feit dat ons nog steeds deur jou sal kan sien.
>
> Net 'n lessie uit die ou liberale denke handboek, jy weet die een wat jy
> heel ingesluk het. Vryheid van spraak geld ook vir die persoon wat NIE met
> jou saamstem nie.

Dankie vir jou (ongevraagde) advies.
Ek weet presies wat ek doen. Ek is
'n grootmens en doen dinge met voor-
bedagte rade. As jy bo oorgaan om aan
my te skryf, is dit maar net 'n teken
dat jy 'n gogga is wat gevang is in
die welgesponne web van 'n slim
spinnekop.

En die feit dat jy van liberales praat,
dui op die feit dat jy nog in die ou
groef is, uit die ou doos, sien liberals
en communists orals. Word groot. Word
wakker. Verlaat die laer. Dis amper die
21 ste eeu.

Die slim spinnekop
Re: Raad vir Gloudina [boodskap #18022 is 'n antwoord op boodskap #17993] Do, 01 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Riaan wrote in message ...
> Gloudina

> Net 'n lessie uit die ou liberale denke handboek, jy weet die een wat jy
> heel ingesluk het. Vryheid van spraak geld ook vir die persoon wat NIE met
> jou saamstem nie.

Ek het al tevore hierdie een aangehaal, maar dis een wat mens met vrug kan
herhaal:

Dit was Japie Basson, nadat die Progge hom uit die party geskop het omdat hy
die betrokkenheid van die SAW in Angola ondersteun het. Hy het verklaar:
"There is nothing as intolerant as the professed liberal".

Groete, Leendert
Re: Raad vir Gloudina [boodskap #18043 is 'n antwoord op boodskap #17993] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 1 Oct 1998 02:21:40 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

die betrokkenheid van die SAW in Angola ondersteun het. Hy het verklaar:[/color]
> "There is nothing as intolerant as the professed liberal".>>

Was dit dieselfde Japie wat een na die ander aan al die partye in die
ou SA behoort het om in die Parlement te kan bly?
Re: Raad vir Gloudina [boodskap #18118 is 'n antwoord op boodskap #17993] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 1 Oct 1998 02:21:40 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> omdat hy
>> die betrokkenheid van die SAW in Angola ondersteun het. Hy het verklaar:
>> "There is nothing as intolerant as the professed liberal".>>
>
> Was dit dieselfde Japie wat een na die ander aan al die partye in die
> ou SA behoort het om in die Parlement te kan bly?

Inderdaad - en met daardie agtergrond, sou ek dink, is hy uitnemend
gekwalifiseer om te oordeel!

Vriendelike groete, Leendert
Re: Raad vir Gloudina [boodskap #18657 is 'n antwoord op boodskap #17993] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Hi!
Groete!
Re: Raad vir Gloudina [boodskap #18700 is 'n antwoord op boodskap #17993] Do, 29 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
midde@in.afrika (NuweSAner) writes:

> Hi!
> Groete!

Raad vir Gloudina?
Of 'n rat voor Gloudina se o"e draai?
Ek kry hooikoors van al die snuf in die
neus. (Waar kom die woord "snuf" vandaan,
wonder ek. Familie van snuif, snuffel,
snout (Eng.)?
Gee meer leidrade. Anders speel ek nie
saam nie.

Piggy van Helsdingen
Re: Raad vir Gloudina [boodskap #18736 is 'n antwoord op boodskap #17993] Vr, 30 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Piggy van Helsdingen

Hmmmm...... Jy werk nou hard om die varkikoon af te stem na 'n laer
register, nie waar nie?

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Standaard verlof dae in VSA
Volgende onderwerp: Weer die kampioen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 14:23:21 MGT 2024