Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Standaard verlof dae in VSA
Standaard verlof dae in VSA [boodskap #18687 is 'n antwoord op boodskap #18689] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
HPM++  is tans af-lyn  HPM++
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
'n Vriend van my het 'n werksaanbod uit die VSA gekry. Die aanbod
spesifiseer 10 werksdae verlof per jaar. Vanuit my oogpunt lyk 10 dae 'n
bietjie min.

Aangesien hierdie nuusgroep wêreldwyd gelees word, sal dit goed wees om te
hoor wat die algemeen aanvaarbare hoeveelheid verlof dae is.

Kom ons hoor!

Gendrik Meyer
Pretoria
Re: Standaard verlof dae in VSA [boodskap #18688 is 'n antwoord op boodskap #18687] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Dit spyt my om jou te te moet meedeel dat daar baie minder verlof toegestaan
word in die VSA as in SA. Die "gewone" 21 dae of meer per jaar is hier nie
te vinde nie. Dikwels kry jy in jou eerste jaar net 7 dae verlof. Daarna mag
dit meer word. Maar selde indien ooit meer as 14 dae. Daar is ook baie
minder langnaweke, en net 'n paar (3 of 4) openbare vakansiedae wanneer
winkels en kantore sluit.

Die "bottom line"? Hier werk jy vir jou geld. Ek is persoonlik elke dag
(Maandag tot Vrydag, want ek werk by 'n Kollege) van 7-uur soggens op
kantoor, en ek loop selde voor halfvyf. Ek is geregtig op 'n uur
middagpouse, maar vind dat ek dit selde kan bekostig om so lank van my
lessenaar af weg te wees. Die rede? in my bestuurspos word van my verwag om
die werk te doen wat ek in Suid-Afrika saam met minstens twee ander
personeellede gedoen het.

In Suid-Afrika het ek 'n ongelooflike 42 dae per jaar verlof gehad, plus
studieverlof en ruim siekverlof.

Kersdag is 'n vakansiedag; 26 Desember nie. Nuwejjar is ook een. dan is daar
Election Day en Thanksgiving. Hang af waar jy werk - dalk het jy Goeie
Vrydag ook af. Amptelik is daar 12 openbare vakansiedae. Winkels (en baie
kantore) aan die Ooskus is sewe dae per week oop; baie van hulle 24 uur -
soos Wal-Mart en Giant. By ons is winkelure van 10:00 soggens tot 22:00
saans.

Die "bottom line"? Hier werk jy vir jou geld.

Wil ek teruggaan Suid-Afrika toe?

NOOIT! Nie om weer daar te gaan werk nie.

HPM wrote in message ...
> 'n Vriend van my het 'n werksaanbod uit die VSA gekry. Die aanbod
> spesifiseer 10 werksdae verlof per jaar. Vanuit my oogpunt lyk 10 dae 'n
> bietjie min.
>
> Aangesien hierdie nuusgroep wêreldwyd gelees word, sal dit goed wees om te
> hoor wat die algemeen aanvaarbare hoeveelheid verlof dae is.
>
> Kom ons hoor!
>
> Gendrik Meyer
> Pretoria
>
Re: Standaard verlof dae in VSA [boodskap #18689 is 'n antwoord op boodskap #18687] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Kwarantyn wrote in message
...
> Dit spyt my om jou te te moet meedeel dat daar baie minder verlof toegestaan
> word in die VSA as in SA. Die "gewone" 21 dae of meer per jaar is hier nie
> te vinde nie. Dikwels kry jy in jou eerste jaar net 7 dae verlof. Daarna mag
> dit meer word. Maar selde indien ooit meer as 14 dae.

Ek het my eerste jaar slegs 5 werksdae verlof gekry. Na twee jaar is dit
verhoog na 10 dae. As ek 10 jaar by die maatskappy bly, dan word dit
verhoog na 15 dae. My man werk al 6 jaar vir dieselfde maatskappy en kry
slegs 5 werksdae per jaar verlof. Nie een van ons kry siekverlof nie, en
baie selde is ons af op openbare vakansiedae - nie eens Kersfees.

Julie

Deadbeat dads who have money and time for everything else except fulfilling
their obligations to the support and wellbeing of their kids belong in jail.
(March 4th, 1995)

Visit my website: http://www.bigfoot.com/~gotravel
My Photo Album: http://home.sprynet.com/sprynet/gotravel
Page me: http://wwp.mirabilis.com/1624030
For my always up-to-date contact information:
http://www.planetall.com/main.asp?cid=1263596
Re: Standaard verlof dae in VSA [boodskap #18724 is 'n antwoord op boodskap #18689] Do, 29 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Michelle Jerling-Less  is tans af-lyn  Michelle Jerling-Less
Boodskappe: 8
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ja, 10 dae is maar min. Hier in die land van Kaas het ek so 21 dae plus 13
ADV dae. Lyk my nie dis uitsonderlik nie. Hier is ook 'n sterk beweging
teen die sg. 24-uur ekonomie. Die leuse is gee jou alles vir die tyd
waarvoor jy indiens geneem word. Lyk my dit werk want na die VSA het
Nederland die gesondste ekonomie (bron: NRC Handelsblad). As ek dus moet
kies tussen no 1 met 10 dae en no 2 met 20 is ek gelukkig om terug te staan.
Miskien het dit ook te make met mense wat nie weet van meer vakansie nie en
dat tevrede is met min.

Johann
Re: Standaard verlof dae in VSA [boodskap #18725 is 'n antwoord op boodskap #18689] Do, 29 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 28 Oct 1998 08:05:15 +0200, "HPM"
wrote:

|'n Vriend van my het 'n werksaanbod uit die VSA gekry. Die aanbod
|spesifiseer 10 werksdae verlof per jaar. Vanuit my oogpunt lyk 10 dae 'n
|bietjie min.
|
Gendrik, jy's reg. Dis net tien dae, plus dan tien tot twaalf
openbare vakansie dae wat meeste so gereel word dat dit op 'n Maandag
val. Meer senior ouens kan wel meer verlof kry en as jy kontrakteur
is, bepaal jy natuurlik jou eie verlof dae. Die ideaal is om vir 'n
simpatieke Suid Afrikaner te werk wat jou 15 of twintig werksdae sal
gee, maar dit is skaars.

Kom ek stel dit vir jou so, min ouens hier kla oor die min verlof.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Re: Namibia
Volgende onderwerp: Raad vir Gloudina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 04:45:24 MGT 2024