| Standaard verlof dae in VSA [boodskap #18687 is 'n antwoord op boodskap #18689] |
Wo., 28 Oktober 1998 00:00  |
HPM++
Boodskappe: 2 Geregistreer: Oktober 1998
|
Junior Lid |
|
|
'n Vriend van my het 'n werksaanbod uit die VSA gekry. Die aanbod
spesifiseer 10 werksdae verlof per jaar. Vanuit my oogpunt lyk 10 dae 'n
bietjie min.
Aangesien hierdie nuusgroep wêreldwyd gelees word, sal dit goed wees om te
hoor wat die algemeen aanvaarbare hoeveelheid verlof dae is.
Kom ons hoor!
Gendrik Meyer
Pretoria
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Standaard verlof dae in VSA [boodskap #18724 is 'n antwoord op boodskap #18689] |
Do., 29 Oktober 1998 00:00  |
Michelle Jerling-Less
Boodskappe: 8 Geregistreer: September 1998
|
Junior Lid |
|
|
Ja, 10 dae is maar min. Hier in die land van Kaas het ek so 21 dae plus 13
ADV dae. Lyk my nie dis uitsonderlik nie. Hier is ook 'n sterk beweging
teen die sg. 24-uur ekonomie. Die leuse is gee jou alles vir die tyd
waarvoor jy indiens geneem word. Lyk my dit werk want na die VSA het
Nederland die gesondste ekonomie (bron: NRC Handelsblad). As ek dus moet
kies tussen no 1 met 10 dae en no 2 met 20 is ek gelukkig om terug te staan.
Miskien het dit ook te make met mense wat nie weet van meer vakansie nie en
dat tevrede is met min.
Johann
|
|
|
|
| Re: Standaard verlof dae in VSA [boodskap #18725 is 'n antwoord op boodskap #18689] |
Do., 29 Oktober 1998 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 28 Oct 1998 08:05:15 +0200, "HPM"
wrote:
|'n Vriend van my het 'n werksaanbod uit die VSA gekry. Die aanbod
|spesifiseer 10 werksdae verlof per jaar. Vanuit my oogpunt lyk 10 dae 'n
|bietjie min.
|
Gendrik, jy's reg. Dis net tien dae, plus dan tien tot twaalf
openbare vakansie dae wat meeste so gereel word dat dit op 'n Maandag
val. Meer senior ouens kan wel meer verlof kry en as jy kontrakteur
is, bepaal jy natuurlik jou eie verlof dae. Die ideaal is om vir 'n
simpatieke Suid Afrikaner te werk wat jou 15 of twintig werksdae sal
gee, maar dit is skaars.
Kom ek stel dit vir jou so, min ouens hier kla oor die min verlof.
Johan
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
|
|
|
|