Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Ware Suid-Afrikaners & Papbroeke
Re: Ware Suid-Afrikaners & Papbroeke [boodskap #17499] Ma, 14 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Froggefoote  is tans af-lyn  Froggefoote
Boodskappe: 3
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Papbroeke.

Paddavoet

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Oom Kaspaas wrote in message ...
> Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
> verlaat nie.
> Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
> Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
> Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?
>
Re: Ware Suid-Afrikaners & Papbroeke [boodskap #17500 is 'n antwoord op boodskap #17499] Ma, 14 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michelle Jerling-Less  is tans af-lyn  Michelle Jerling-Less
Boodskappe: 8
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek het ook gereken hulle is papbroeke - totdat ek self die geleentheid gegee
is om te "verkas" Ek het dit met beide hande aangegryp en sit nou in
Nederland. Daar is plusse en minusse. een minus is dat ons op die oomblik
onderwater sit - erge oorstromings. Die gode is seker kwaad!
Parravoete - wag maar dat jy self die geleentheid kry - dan sing jy miskien
'n ander deuntjie. Ek het.

Wens ek het paddavoete gehad

Pap(nat)broek

Froggefoote wrote in message ...
> Papbroeke.
>
> Paddavoet
>
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
> Oom Kaspaas wrote in message ...
>> Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
>> verlaat nie.
>> Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
>> Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
>> Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?
>>
>
Re: Ware Suid-Afrikaners & Papbroeke [boodskap #17513 is 'n antwoord op boodskap #17499] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom word 'n persoon wat die land verlaat en die volgende voordele
daaruit kry as 'n papbroek afgemaak

1. Beter lewens standaard

2. Beter inkomste

3. Beter werks geleentheid ens, ens, ens.

Waaraan word die Afrikaner se "tough" houding nou eintlik gemeet. Dit is
maklik om te praat as 'n persoon een van 'n groepie afrikaners is wat 'n
goeie werk en 'n goeie inkomste het. Maar wat van die duisende ander WIT
mense (pas uit die skool) wat nie werk of 'n studiebeurs kan kry nie omrede
hulle die verkeerde kleur is.

Dit geld nie net vir werk nie, wat van sport. Daar moet plek gemaak word
vir Sipho en Sipholina in die span omrede die span "die hele SA moet
verteenwoordig".

Feit van die saak is elke persoon se omstandighede verskil. En ek glo elke
persoon op die aarde gun hom/haarself net die beste. En as die beste opsie
vir jou as persoon is om die land te verlaat dan moet jy dit doen.

** Die afrikaner wat hom daarop roem dat hy so TOUGH is moet asb vir my die
volgende antwoord. Wat doen jy op 16 Desember. Vier jy nog gelofte dag, of
glo jy ook deesdae dat God 'n god geword het.

Dit is nie die persoon wat die land verlaat wat 'n papbroek is nie, die
afrikaner is oor die algemeen 'n slapgat nasie wat eerder onder mekaar sal
stry en baklei as om saam te staan. Gaan lees gerus 'n paar ou skool
geskiedenis boeke op daaroor.

Groete

Riaan

Froggefoote wrote in article
...
> Papbroeke.
>
> Paddavoet
>
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
> Oom Kaspaas wrote in message ...
>> Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
>> verlaat nie.
>> Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
>> Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
>> Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?
>>
>
Re: Ware Suid-Afrikaners & Papbroeke [boodskap #17515 is 'n antwoord op boodskap #17499] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Froggefoote" wrote:
> Papbroeke.
>
> Paddavoet
>
>

Dan is daar natuurlik die konsep wat ons destyds in die Weermag geleer is dat
�s jy lewendig is, jy op 'n volgende keer weer kan veg.

Dan is daar natuurlik maniere om die argument om te draai en te sê dat die wat
agterbly bang is vir verandering.

Daar is natuurlik ook die argument wat ek al gehoor het dat jou eerste
verantwoordelikheid teenoor jou gesin is. As mens die argument deurvolg, dan
kan jy verder gaan deur te sê dat die wat agterbly onverantwoordelik is
teenoor hul gesinne. Is dit verantwoordelik om jou vrou en kinders daagliks
bloot te stel aan kriminaliteit? Of 'n stap verder - is dit verantwoordelik
as 'n man homself blootstel aan die moontlikheid dat sy vrou en kinders dalk
van 'n broodwinner ontneem kan word of dat kinders van hul moeder ontneem kan
word?

So kan dit aangaan en aangaan - ek het my vrede gemaak met my besluite.
Miskien is dit tyd dat jy vrede maak met jou besluite - en as jy nie in 'n
posisie is om daardie besluite te neem nie, maak miskien vrede met jou
omstandighede. Dit laat my nogal dink aan daardie gesegde - iets soos "Here
gee my om wysheid om die dinge te verander wat ek kan, en die lydsaamheid om
die dinge te aanvaar wat ek nie kan nie"

Uit Nederland en bly dat ek die besluit geneem het

-Gideon-

"Die enigste ding wat my meer irriteer as druk verkeer, is ekstremiste wie nie
dink voor hul hul hol gedagtes uitkots nie" - Anoniem

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ware Suid-Afrikaners & Papbroeke [boodskap #17516 is 'n antwoord op boodskap #17499] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PS Group  is tans af-lyn  PS Group
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ha Ha Ha!!

Jy is seker een van die swakkelinge wat nie kan nie!!!?!!!

Froggefoote wrote in message ...
> Papbroeke.
>
> Paddavoet
>
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
> Oom Kaspaas wrote in message ...
>> Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
>> verlaat nie.
>> Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
>> Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
>> Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?
>>
>
Re: Ware Suid-Afrikaners & Papbroeke [boodskap #17518 is 'n antwoord op boodskap #17499] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reuben Adolf Aldum  is tans af-lyn  Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
"Froggefoote" wrote:

> Papbroeke.

> Paddavoet

> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

> Oom Kaspaas wrote in message ...
>> Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
>> verlaat nie.
>> Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
>> Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
>> Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?

Ons sit nou in die buiteland en kyk terug na S.A met 'n heel ander
houding, baie van ons voel dat dit juis die papbroeke is wat nie wil
verkas nie. Dit is nie maklik om in die buiteland aan te pas nie! Dit
neem baie krag en moed. tog voel ek ook weer dat dit baie moed neem om
daagliks in S.A kop te hou met al die geweld en dan ook nog 'n toekoms
persepsie te behou. Dus het die saak twee kante. Die kwessie is ook al
dikwels hier op die NG bespreek en sal altyd 'n kwessie bly. As ek
dan as 'n papbroek beskou word.......liewer bang Jan as dooie Jan!
Willemien
>>
>>
Re: Ware Suid-Afrikaners & Papbroeke [boodskap #17665 is 'n antwoord op boodskap #17499] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 15 Sep 1998 20:24:59 GMT, reu...@ausweb.iinet.net.au (Reuben) wrote:

persepsie te behou. Dus het die saak twee kante. Die kwessie is ook al[/color]
> dikwels hier op die NG bespreek en sal altyd 'n kwessie bly. As ek
> dan as 'n papbroek beskou word.......liewer bang Jan as dooie Jan!
> Willemien >>

Jy bedoel jy het dit soort van "vir Suid-Afrika" gedoen?
Re: Ware Suid-Afrikaners & Papbroeke [boodskap #17770 is 'n antwoord op boodskap #17499] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote in message ...
> In article ,
> "Froggefoote" wrote:
>> Papbroeke.
>>
>> Paddavoet
>>
>
> Dan is daar natuurlik die konsep wat ons destyds in die Weermag geleer is dat
> ís jy lewendig is, jy op 'n volgende keer weer kan veg.
>
> Dan is daar natuurlik maniere om die argument om te draai en te sê dat die wat
> agterbly bang is vir verandering.

Hmmm..... Ek wonder. Dennis Beckett kom tot die gevolgtrekking dat dit juis
die SA-ners in Australië is wat probeer om daar te leef presies soos hulle
tevore in SA geleef het (hy noem dit "Omoland" omdat dit so "wit" is!) Ek
dink hy het 'n punt beet, in die sin dat baie mense se skuif juis daaruit
gemotiveer word dat hulle nie hou van die wyse waarop dinge hier verander
nie.

Maar "verandering" is natuurlik iets wat op baie verskillende vlakke gesoek
kan word.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: Open Letter
Volgende onderwerp: Weer Jimmie Kruger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 08:37:12 MGT 2024