| idealiseer [boodskap #153488] |
Sa., 07 November 2026 10:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27061 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
idealiseer
Afbreking: i•de•a•li•seer
Samestelling: ideaal + -iseer
Werkwoord: idealiseer
Verlede tyd: het geïdealiseer
Teenwoordige deelwoord: idealiserend, idealiserende
Verlede deelwoord: geïdealiseerde
Betekenis:
• Om iets gunstiger, mooier of selfs as ideaal voor te stel; gebreke of tekortkominge verdoesel.
Gebruik:
• Sy idealiseer haar ouers en sien nie hulle foute raak nie.
• Hy het die huwelik geïdealiseer en nie besef dat dit ook uitdagings, konflik en teleurstellings meebring nie.
Sinoniem:
• romantiseer
• veredel
• verheerlik
• verromantiseer
Antoniem:
• demoniseer
Afgelei:
• idealisasie
• idealisering
Vertaling:
Engels: to idealise, idealize, romanticise, glorify
Nederlands: idealiseren, verheerlijken, romantiseren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|