Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontnugterend
ontnugterend [boodskap #153487] Sa., 07 November 2026 10:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27060
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ontnugterend
Afbreking: ont•nug•te•rend
Samestelling: ontnugter + -end


Byvoeglike naamwoord: ontnugterend
Attributief: ontnugterende

Betekenis:
• Wat 'n mens ontnugter; jou oë oopmaak en met die werklikheid konfronteer; skok en diep teleurstel.

Gebruik:
• Oorlog word maklik geïdealiseer, maar die werklikheid daarvan is ontnugterend.
• Begrafnisse bied 'n ontnugterende blik op ons onvermydelike lot.

Sinoniem:
• ontstellend
• skokkend
• teleurstellend

Vertaling:
Engels: disillusioning, sobering
Nederlands: ontnuchterend, desillusioneerend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van die werkwoord ontnugter.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitklop
Volgende onderwerp: idealiseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Nov. 07 11:19:44 UTC 2026