| 'n Woord wat hier kortkom [boodskap #153430] |
Ma., 02 November 2026 13:44  |
 |
Zentie
Boodskappe: 3 Geregistreer: Oktober 2026
|
Junior Lid |
|
|
Sommige mense gebruik chiasties, ander chiasmies, maar dit is onduidelik wanneer watter woord gebruik moet word. Hier is 'n kort beskrywing van die Engels, direk vertaal, vanaf Wikipedia:
'n Chiastiese struktuur, of chiastiese patroon, is 'n literêre tegniek wat in narratiewe motiewe en ander tekstuele gedeeltes voorkom. 'n Voorbeeld van 'n chiastiese struktuur is wanneer twee idees, A en B – tesame met variante A' en B' – aangebied word in die volgorde A, B, B', A'. Chiastiese strukture wat uit meer komponente bestaan, word soms "ringstrukture" of "ringkomposisies" genoem.
|
|
|
|
| Re: 'n Woord wat hier kortkom [boodskap #153431 is 'n antwoord op boodskap #153430] |
Ma., 02 November 2026 14:20  |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27017 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
Die Universiteit Stellenbosch se Gewysigde Paramediese Vakwoordeboek lys chiasmies met die betekenis 'oorkruis; met betrekking tot 'n chiasma'. Daarteenoor lys die WAT slegs chiasties, met dieselfde betekenis.
Ek vermoed chiasties korreleer met die Engelse chiastic, terwyl chiasmies korreleer met die minder algemene Engelse wisselvorm chiasmic.
Ek sal later 'n inskrywing waag.
|
|
|
|