Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vadersnaam
vadersnaam [boodskap #153376] Di., 27 Oktober 2026 17:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
vadersnaam
Afbreking: va•ders•naam
Samestelling: vader + -s- + naam


Selfstandige naamwoord: vadersnaam
Meervoud: vadersname

Betekenis:
• Die naam van iemand se pa, of 'n naam wat daarvan afgelei is.

Gebruik:
• President Poetin se volle naam is Wladimir Wladimirowitsj Poetin, waar Vladimirovitsj sy vadersnaam is.

Sinoniem:
• afstammingsnaam
• patroniem

Vertaling:
Engels: father's name, paternal name, patronymic
Nederlands: vadersnaam


Tussenwerpsel: vadersnaam

Betekenis:
• (kragwoord) 'n Uitroep ter versterking van 'n stelling of versoek.

Gebruik:
• Om vadersnaam, moenie aan die kis raak nie!

Sinoniem:
• godsnaam
• hemelsnaam
• hemelswil

Vertaling:
Engels: for heaven's sake!
Nederlands: in hemelsnaam!

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vrekkig
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Okt. 28 08:26:42 UTC 2026