Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dinkborrel
dinkborrel [boodskap #153365] Ma., 26 Oktober 2026 15:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26952
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Dinkborrel.
'n Dinkborrel.
dinkborrel
Afbreking: dink•bor•rel
Samestelling: dink + borrel


Selfstandige naamwoord: dinkborrel
Meervoud: dinkborrels
Verkleinwoord: dinkborreltjie
Meervoud van verkleining: dinkborreltjies

Betekenis:
• 'n Wolk in 'n prent met die woorde wat 'n karakter dink (maar nie hardop sê nie).

Gebruik:
• Die karakter se geheime gedagtes verskyn in 'n dinkborrel bo sy kop.

Sinoniem:
• gedagteborrel

Verwant:
• skreeborrel
• spraakborrel

Vertaling:
Engels: thought bubble, thought balloon
Nederlands: gedachteballon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma., 26 Oktober 2026 15:36]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: spraakborrel
Volgende onderwerp: skreeborrel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Okt. 27 14:34:39 UTC 2026