Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stiervegter
stiervegter [boodskap #153361] Ma., 26 Oktober 2026 11:53
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26940
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
stiervegter
Afbreking: stier•veg•ter
Samestelling: stier + vegter


Selfstandige naamwoord: stiervegter
Meervoud: stiervegters

Betekenis:
• Persoon wat aan stiergevegte deelneem deur 'n bul (stier) in 'n arena uit te daag.

Gebruik:
• 'n Spaanse stiervegter is in die hospitaal opgeneem nadat 'n bul hom op 'n afgryslike wyse deurboor het.

Wisselvorm:
• stierevegter

Hiponiem:
• matador (hoofstiervegter wat die bul doodmaak)
• torero (stiervegter te voet)
• toreador (stiervegter te perd)

Afgelei:
• stiervegtery

Vertaling:
Engels: bullfighter, matador, toreador
Nederlands: stierenvechter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma., 26 Oktober 2026 11:58]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: stier
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Okt. 26 14:33:47 UTC 2026