| verworpene [boodskap #153280] |
So., 18 Oktober 2026 08:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26888 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
verworpene
Afbreking: ver•wor•pe•ne
Samestelling: verworpe + -ne
Selfstandige naamwoord: verworpene
Meervoud: verworpenes
Betekenis:
• Iemand wat verwerp of verstoot is en nie deur ander aanvaar of as deel van 'n groep beskou word nie.
Gebruik:
• Almal voel op die een of ander tydstip in hul lewe soos 'n verworpene, maar niemand is sonder waarde nie.
• Jesus het uitgereik na die swakkes, die gebrokenes en die verworpenes van die samelewing.
Sinoniem:
• uitgeworpene
• verdoemeling
• verskoppeling
• verstoteling
• verstotene
• verworpeling
Antoniem:
• aanvaarde
• uitverkorene
Vertaling:
Engels: outcast, rejected person
Nederlands: verworpene, verstotene
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|