Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » malapropisme
malapropisme [boodskap #153204] Vr., 09 Oktober 2026 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26814
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
malapropisme
Afbreking: ma•la•pro•pis•me


Selfstandige naamwoord: malapropisme
Meervoud: malapropismes

Betekenis:
• Die verkeerde gebruik van 'n woord in die plek van 'n ander woord wat amper dieselfde klink, maar 'n ander betekenis het.

Gebruik:
• "Dit is 'n kakofonie van epidermiese proporsies" in plaas van "epidemiese proporsies" is 'n malapropisme.

Sinoniem:
• verhaspeling

Hiperoniem:
• taalflater

Vertaling:
Engels: malapropism
Nederlands: malapropisme

Nota:
• Malapropisme is 'n eponiem, genoem na Mrs. Malaprop uit die toneelstuk The Rivals (1775) wat woorde so verkeerd gebruik het.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 10 Oktober 2026 07:24]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: bagasieband
Volgende onderwerp: teenoorgesteld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Okt. 12 14:48:26 UTC 2026