Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teenoorgesteld
teenoorgesteld [boodskap #153205] Vr., 09 Oktober 2026 19:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26824
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
teenoorgestel
Afbreking: teen•oor•ge•stel
Samestelling: teenoor + gestel


Byvoeglike naamwoord: teenoorgestel, teenoorgesteld
Attributief: teenoorgestelde

Betekenis:
• Wat heeltemal van iets of iemand anders verskil.
• Wat in 'n posisie of rigting reg teenoor mekaar staan.

Gebruik:
• Hulle het teenoorgestelde menings oor die saak.
• Die huise staan aan teenoorgestelde kante van die straat.

Sinoniem:
• omgekeerd
• uiteenlopend
• teenoorliggend
• teenoorstaande
• teenstellend
• teenstrydig

Antoniem:
• eenders
• ooreenstemmend
• soortgelyk

Afgelei:
• teenoorgesteldheid

Vertaling:
Engels: opposite, contrary, reverse
Nederlands: tegenovergesteld, tegengesteld

Nota:
• Voltooide deelwoord van die werkwoord teenoorstel.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 09 Oktober 2026 19:23]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: malapropisme
Volgende onderwerp: uitwoed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Okt. 12 20:40:42 UTC 2026