| narsis [boodskap #153139] |
So., 04 Oktober 2026 08:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26745 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
narsis
Afbreking: nar•sis
Selfstandige naamwoord: narsis
Meervoud: narsiste
Betekenis:
• Iemand met 'n sieklike selfliefde; persoon wat oordrewe selfgesentreerd is en min empatie met ander toon.
Gebruik:
• Hy is 'n egoïstiese narsis wat mal is oor homself en gedurig oor sy eie prestasies praat.
Wisselvorm:
• narcis
• narcissis
• narsissis
Sinoniem:
• selfbewonderaar
Afgelei:
• narsisme
• narsisties
Vertaling:
Engels: narcissist
Nederlands: narcist
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So., 04 Oktober 2026 09:18] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|