narsisme [boodskap #153140 ]
So., 04 Oktober 2026 08:19
Leksikograaf
Boodskappe: 26789Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Narsissus, die man wat op sys eie weerkaatsing verlief geraak het.
narsisme
Afbreking: nar•sis•me
Samestelling: narsis + -me
Selfstandige naamwoord: narsisme
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Oordrewe selfliefde en selfbewondering; sterk beheptheid met die eie persoon, dikwels gepaard met 'n gebrek aan empatie vir ander.
Gebruik:
• Sy narsisme maak dat hy heeltyd oor homself praat en nie ander se gevoelens en behoeftes in ag neem nie.
Wisselvorm:
• narcisme
• narcissisme
• narsissisme
Sinoniem:
• eieliefde
• eiewaan
• selfbewondering
• selfliefde
Verwant:
• narsis
• narsisties
Vertaling:
Engels: narcissism
Nederlands: narcisme
Nota:
• Van die mitologiese karakter Narsissus, wat op sy eie weerkaatsing verlief geraak het en deur die wraakgodin in 'n blom ('n narsing) verander is.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.