| eiervreter [boodskap #153029] |
Vr., 25 September 2026 14:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
eiervreter
Afbreking: ei•er•vre•ter
Samestelling: eier + vreter
Selfstandige naamwoord: eiervreter
Meervoud: eiervreters
Verkleinwoord: eiervretertjie
Meervoud van verkleining: eiervretertjies
Betekenis:
• 'n Nie-giftige slang wat hoofsaaklik voëleiers vreet, genus Dasypeltis.
• Enige ander 'n dier wat eiers vreet.
Gebruik:
• Die eiervreter leef in bome, termiethope en klipbanke, word 45 tot 75 cm lank, en kom regoor Suid-Afrika voor.
• Die viskraai is 'n eiervreter.
Vertaling:
Engels: egg-eater
Nederlands: eiereter, eiervreter
Tswana: lesolamae
Xhosa: idlaqanda
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr., 25 September 2026 14:20] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|