Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ek sal opstaan en na my Vader gaan" deur WEG Louw
"Ek sal opstaan en na my Vader gaan" deur WEG Louw [boodskap #152865] Vr., 11 September 2026 18:12
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 555
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ek sal opstaan - W.E.G. Louw

Ek sal opstaan en na my vader gaan;
opstaan uit my vodde en my vuil;
opstaan en onder die volle maan
wat geel streep oor die vleiland, gaan en huil
aan sy breë skouer, en hóm saggies vra
om alles te vergeet, en te vergewe
die jongkrag van my hoon wat hy moes dra;
dat ek weer soos 'n kindjie klein die lewe
vol sonskyn voel, die vreugde van my werk
in die wingerd waar pers die swaar korrels hang;
dat ek weer voel my hand jonk en sterk,
die voorjaarskoelte saggies teen my wang -
Voorwaar onmiddellik na my vader sal
en moet ek gaan, en aan sy voete val.
Vorige onderwerp: Waar is die Afrikaner-Boer?
Volgende onderwerp: "Die Teken" deur WEG Louw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Sep. 13 17:53:30 UTC 2026