Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Teken" deur WEG Louw
"Die Teken" deur WEG Louw [boodskap #152877] Sa., 12 September 2026 20:16
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 555
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die Teken - W.E.G. Louw

Langs die stofpad in die witte somerson
het ek 'n vreemdeling gekry;
sy gang was van die wye westewind,
sy bruine oë blink en bly.

In puin van angs en twyfel aan myself,
soos een van god en mens verlaat,
en willoos, deur die oue, bitter drang gedryf,
het ek hom in my hart gehaat.

Droewig was sy verre oë soos die dou
toe hy sy hand verhef in sterk
en vrome stil gebaar, dat ek kon sien
die rooi vlam van die spykermerk.
Vorige onderwerp: "Ek sal opstaan en na my Vader gaan" deur WEG Louw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Sep. 13 12:33:22 UTC 2026