| erd [boodskap #152094] |
Vr., 03 Julie 2026 14:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25752 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
erd
Afbreking: erd
Selfstandige naamwoord: erd
Meervoud: –
Betekenis:
• Grond of klei, ook voorwerpe van hard gebakte klei.
• 'n Glasagtige deklaag op metaal; emalje, enemmel.
Gebruik:
• Die blompot is van Delftse erd gemaak.
• Elke keer as die kastrol val, spring 'n stuk erd af.
Sinoniem:
• aarde
• grond
Afgelei:
• erdagtig
• erdebak
• erdebad
• erdegoed
• erdepot
• erdepyp
• erdeskottel
• erdeware
• erdewerk
• erdslang
• erdvark
• erdwolf
• erdwurm
Vertaling:
Engels: earth, soil, clay; enamel, glaze
Nederlands: erde
Werkwoord: erd
Verlede tyd: het geërd
Betekenis:
• Om met emalje te bedek.
Gebruik:
• Die ou skottel moet weer geërd word.
Afgelei:
• operd
• vererd
Vertaling:
Engels: to enamel
Nederlands: emailleren
Selfstandige naamwoord: erd
Meervoud: erde
Betekenis:
• 'n Vuurmaakplek in 'n huis (ongeaspireerde vorm van herd).
Gebruik:
• 'n Eie erd is goud werd. [Jou eie huis bly die beste.]
Sinoniem:
• haard
• herd
Vertaling:
Engels: hearth, fireplace
Nederlands: haard
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|