Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kapteinskap
kapteinskap [boodskap #144400] So, 14 Januarie 2024 08:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kapteinskap
Afbreking: kap•tein•skap
Samestelling: kaptein + -skap


Selfstandige naamwoord: kapteinskap
Meervoud: kapteinskappe
Verkleinwoord: kapteinskappie
Meervoud van verkleining: kapteinskappies

Betekenis:
• Die funksie van 'n kaptein. Hoedanigheid om kaptein te wees.
• (histories) 'n Gebied wat deur 'n kaptein beheer word.

Gebruik:
• Die Springbokke het die Wêreldbeker in 2019 onder die kapteinskap van Siya Kolisi gewen.
• Brasilië is in 1534 in oorerflike kapteinskappe ingedeel.

Vertaling:
Engels: captaincy
Nederlands: kapiteinschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onthef
Volgende onderwerp: adviseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 06:20:53 MGT 2024