Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » in die hart van die afrikaner
in die hart van die afrikaner [boodskap #140136] Di, 30 Augustus 2022 13:46
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
gebore uit die stof van afrika
selfs vernoem na hierdie magtige vasteland
met lewende verwantskappe in europa
en ‘n kort geskiedenis uit asië

is afrikaans - my moedertaal

die enigste taal wat na ‘n vasteland vernoem is
‘n vasteland wat haar nie wil hê nie
maar haar soete klanke
weerklink reeds ver buite die grense van hierdie landmassa

dit is afrikaans - my moedertaal

om braaivleisvure en kombuistafels word stories vertel
in raadsale en kantore word debatte gevoer
op verhoë en straathoeke word liedjies gesing
en interessante toneelstukke opgevoer

in afrikaans - my moedertaal

die regering probeer regverdig
elke aanslag wat hulle voer
in staatskantore en aanklaglokale
en skole en hofsale

teen afrikaans - my moedertaal

gevul met die metafoor van hierdie pragtige taal
stap ons daagliks onder die afrika-son
om versoening en eenheid te bring
op ‘n vasteland vasgevang in rewolusie

deur afrikaans - my moedertaal
Vorige onderwerp: grade van eensaamheid
Volgende onderwerp: om 'n gedig te skryf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 22:28:12 MGT 2024