Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die aarde versus die mens
die aarde versus die mens [boodskap #139908] Ma, 08 Augustus 2022 19:30
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
die aarde is die mens se enigste tuiste in die ganse heelal
en die uitleg van die land en die see maak dit ‘n baie mooi planeet

maar elke keer wanneer ek na die landkaart kyk
besef ek opnuut hoe onsettend min leefruimte
daar vir die meeste van ons landbewoners is

want haal ek die onbegaanbare bergreekse
die sand- en yswoestyne
die riviere en damme en mere
uit die landmassas uit

sien ek ‘n vreeslike klein stukkie grond
waarop stede teen ‘n verstommende snelheid groei

in die proses word medelandgenote uitgeroei
terwyl kosbare landbougrond onder kilometer op kilometer
teer en beton en plaveisel begrawe word

op watter stadium sal die mens wakker skrik en besef
dat hy besig is om sy enigste tuiste in die ganse heelal
totaal te vernietig deur sy dade van tereur
waarteen hy gewaarsku word maar waaraan hy hom glad nie steur
Vorige onderwerp: vlugtog
Volgende onderwerp: afrikaans - taal van my hart
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 22:38:08 MGT 2024