Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » afrikaans - taal van my hart
afrikaans - taal van my hart [boodskap #139909] Di, 09 Augustus 2022 13:39
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
afrikaans, taal van my hart
deur jou kan ek lag
en uiting aan al die mooi dinge van die lewe gee
wanneer ek daagliks in die natuur beweeg
en sien hoe die plante en diere en goggas
elkeen op sy unieke manier
in harmonie met mekaar die sonskyn geniet

afrikaans, harttaal van my
deur jou kan ek ook huil
wanneer ek myself teen die wreedhede van die lewe wil uitdruk
as ek deur die koerante blaai
en deel in die pyn en lyding van onskuldige mense en diere
wat op die wreedste denkbare manier
van hulle plekkie in die son beroof word
Vorige onderwerp: die aarde versus die mens
Volgende onderwerp: die watergraf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 09:24:33 MGT 2024