Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » ou wagter
ou wagter [boodskap #139878] Sa, 06 Augustus 2022 06:54
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
elke keer as ek oor die onderdeur loer
lê jy maar daar op die stoep
skynbaar vas aan die slaap
en onbewus van die wêreld rondom jou
maar immer gereed vir enige gebeurlikheid
in jou rol as sekuriteitswag van my plekkie in die son

elke keer as ek werskaf in die tuin
stap jy maar agter my aan
sonder enige teken van belangstelling
of respek vir dit wat ek probeer vermag
maar altyd bereid om te luister
in jou rol as plantkundige raadgewer van my tuin

elke keer as terugkom by die huis
wag jy my in asof jy my jare laas gesien het
met ‘n stert wat swaai asof jy iets wil slaan
en ‘n bek wat blaf in elke toonhoogte van hondetaal
sonder enige verwysing na die vorige pak slae
in jou rol as boesemvriend en lewensmaat van ‘n mal man
Vorige onderwerp: hoop van die swartland
Volgende onderwerp: vlieg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 09:14:34 MGT 2024