Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » hoop van die swartland
hoop van die swartland [boodskap #139877] Sa, 06 Augustus 2022 06:53
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
magtige bloekom
van ver anderkant die suiderwater
kom plant jy jou wortels diep in die klipgrond
van hierdie heuwelland

in groepe van verskillende groottes
het jy jou regoor die land kom vestig
met ‘n trots wat wil sê
dat jy nog maar al die jare daar was

anders as die geval met ander buitelanders
is jy ‘n ware aanwins vir die land
na jou kan verwys word as die boom van hoop
want jy beskerm alle asemhalendes teen die felle aanslag van die swartlandson

jy dien ook as baken vir menige vreemde of verdwaalde reisiger
en met die toenemende goue landerye
en die donker voorkoms van jou blaredos
gee jy uiting aan die naam van hierdie streek
Vorige onderwerp: deur die ogies van 'n dowe kindjie
Volgende onderwerp: ou wagter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:41:48 MGT 2024