Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » afrikaans - sterwende taal
afrikaans - sterwende taal [boodskap #139843] So, 31 Julie 2022 21:16
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
die grootste afrikaanse digter van ons tyd
skryf in die koerant dat afrikaans gaan sterf
omdat ons regering afrikaans by die deur uit smyt

sodat engels die amptelike landstaal kan word
terwyl besighede en skole en universiteite
alles wat afrikaans is in die dreinpyp stort

maar ‘n taal word nie sommer dood gewens
want dit is lewende mense wat dit praat
en ons taal vloei alreeds oor menige grens

afrikaans mag miskien sy wetenskapstatus verloor
maar die opkomende jeug het reeds bewys
hoe hulle met dig en drama en sang kan toor

om afrikaans lewend en fris en gesond te hou
sodat die res van die wêreld afrikaans kan sien
as die afrikataal wat alle nasies en kulture omvou
Vorige onderwerp: wanneer wil vergaan
Volgende onderwerp: hello herfs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 20:23:27 MGT 2024