Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » ware demokrasie, ware vryheid
ware demokrasie, ware vryheid [boodskap #139816] Do, 28 Julie 2022 11:34
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
oor baie jare heen het ek tale bestudeer
en my telkemale na die woordeboek gekeer
sodat die woorde wat ek soek
presies beteken soos in daardie boek

een so 'n woord was "demokrasie" gewees
'n pragtige woord, want daar het ek gelees
dit staan vir vryheid, gelykheid, menslikheid
regverdigheid en nog vele ander "heid"

ek weet nou wat "demokrasie" beteken
maar nou is daar 'n storm in my ontketen
ek verstaan nie die woorde wat end in "heid"
want ek lewe nou in 'n heel ander tyd

toe die boek gedruk is, het "vryheid" gesê
vry om te lewe. vry om 'n huis te mag hê
vry om te werk, vry om skool toe te mag gaan
vry om te ontspan en nog "vrye" verder aan

nou het ek tot my grote spyt ontdek
dat "vryheid" beteken vry om te vrek
vry om te steel en ook vry om te moor
vry om te alles wat die land versmoor

as dit dan nou is wat "demokrasie" beteken
sal ek baie graag die eerste petisie teken
wat ons weer terug sal neem na 'n vroeëre land
en ek weer tale kan leer met my eie verstand
Vorige onderwerp: die mossienes
Volgende onderwerp: zoeloe-liefdesbriefie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 20:51:15 MGT 2024