Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die mossienes
die mossienes [boodskap #139815] Do, 28 Julie 2022 11:18
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
vir dae aaneen hou ek jou dop
daar waar jy jou nessie bou in die doringboom
hoe jy heen en weer vlieg
met ‘n grassie of ‘n stokkie in jou bekkie
om dit geduldig en sorgvuldig in die boom se mik neer te lê

soms, in jou afwesigheid, kom daar ‘n briesie op
wat so hap-hap aan die werk van jou snawel
en dan val daar soms ‘n stokkie af
maar by jou terugkeer, merk jy die skade dadelik op
en gaan soek daardie stokkie op die grond

elke stokkie word versigtig tussen die ander deur gevleg
om so ‘n stewige stokkiesmuur te vorm
sodat nie wind of reën dit uit die mik sal kry nie
en as jou nessie klaar gebou is
sit jy mossietrots jou snawelwerk van alle kante en aanskou
Vorige onderwerp: op soek na beskawing
Volgende onderwerp: ware demokrasie, ware vryheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 08:09:23 MGT 2024