| indium [boodskap #131625] |
So., 14 Junie 2020 19:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26074 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
indium
Afbreking: in•di•um
Selfstandige naamwoord: indium
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Chemiese element in die periodieke tabel met die simbool In en atoomgetal 49.
Gebruik:
• Indium is 'n seldsame, sagte, smeebare metaal met 'n lae smeltpunt wat onder meer in die vervaardiging van raakskerms en halfgeleiers gebruik word.
Afgelei:
• koperindiumgalliumselenied
• indiumantimonied
• indiumatoom
• indiumfosfied
• indiumnitried
• indiumtinoksied
• indiumverbinding
Vertaling:
Engels: indium
Nederlands: indium
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So., 09 Augustus 2026 19:59] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|