Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ateïs
ateïs [boodskap #130500] Wo., 25 Maart 2020 18:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26064
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ateïs
Afbreking: a•te•ïs
Samestelling: a- + teïs


Selfstandige naamwoord: ateïs
Meervoud: ateïste

Betekenis:
• Iemand wat glo dat God nie bestaan nie.

Gebruik:
• As 'n ateïs het Friedrich Nietzsche 'n toekoms vir die mens gesien waarin hy sy eie waardes bepaal.
• Die ironie is as daar geen God was nie, daar ook geen ateïste sou gewees het nie.

Sinoniem:
• godloënaar

Antoniem:
• teïs

Afgelei:
• ateïsme
• ateïsties

Vertaling:
Engels: atheist
Nederlands: atheïst

Nota:
• Afgelei van die Griekse "áteos", "sonder God".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: monoteïs
Volgende onderwerp: agnostikus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Aug. 10 04:35:59 UTC 2026