foto [boodskap #126657] |
Sun, 16 June 2019 07:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
foto
Afbreking: fo•to
Selfstandige naamwoord: foto
Meervoud: foto's
Verkleinwoord: foto'tjie
Meervoud van verkleining: foto'tjies
Betekenis:
• Die beeld wat ontstaan wanneer 'n mens iets met 'n kamera of selfoon afneem.
Gebruik:
• Sy neem 'n foto van haar kinders.
• Die fotograaf ontwikkel 'n foto in sy donkerkamer.
Sinoniem:
• kiekie
Hiponiem:
• aksiefoto
• argieffoto
• babafoto
• groepfoto
• naakfoto
• natuurfoto
• strobofoto
Afgelei:
• fotoalbum
• fotogenies
• fotoraam
• fotobom
• foto-artikel
• foto-ontwikkeling
• foto-opname
• fotostateer
Verwant:
• kamera
Vertaling:
Engels: photo, photograph
Nederlands: foto
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|