Betekenis:
• 'n Natuurlike getal groter as 1 wat slegs deur 1 en homself gedeel kan word (sonder 'n res).
Gebruik:
• Die getal een (1) is nie 'n priemgetal nie, maar 2, 3, 5, 7, 11, 13, 17 en 19 is wel.
• 'n Natuurlike getal wat nie 'n priemgetal is nie, is 'n saamgestelde getal.
Vertaling:
Engels: prime number
Nederlands: priemgetal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.