Betekenis:
• (anatomie) Die agterste deel van 'n mens of dier se romp, teenoor die bors of buik.
• (geologie) 'n Lang, verhoogde deel van die aardoppervlak; kim.
• Die agterkant of boonste oppervlak van iets.
Gebruik:
• Sy kla van 'n seer rug en stywe nek.
• Die argipel lê langs 'n oseaniese rug.
• Hy keer die boek op sy rug. Sy dra 'n aandrok met 'n lae rug.
Spreekwoord:
• Dis agter die rug. [Dis verby.]
• Hy het baie jare agter die rug. [Baie oud.]
• Sy praat agter my rug. [Van iemand skinder]
• Dis is soos hare op 'n hond se rug. ['n Groot menigte.]
• Iemand in die rug steek. [Iemand in die geheim benadeel.]
• Geld groei nie op sy rug nie. [Hy moet hard werk vir sy geld]
• Hy het sy rug op my gedraai. [Hy wil niks met my te doen hê.]
• Ek staan met die rug teen die muur. [Daar is geen uitkomkans.]
• Hy het 'n paar kruisies agter die rug. [Hy is al taamlik bejaard.]
• Agter sy rug iets doen. [Iets doen sodat hy niks daarvan weet nie.]
• Krap my rug, dan krap ek joune. [As jy my 'n guns bewys, bewys ek jou weer een.]
• Dis die laaste strooi wat die kameel se rug breek. [Die ding wat die krisis laat ontstaan.]
• Soos water op 'n eend se rug. [Gesê aan iemand wat hom nie aan goedbedoelde raad of kritiek steur nie.]