Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sleutel
sleutel [boodskap #126615] Vr, 14 Junie 2019 15:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Sleutel.
'n Sleutel.
sleutel
Afbreking: sleu•tel
Uitspraak: /ˈslɪø.təl/




Selfstandige naamwoord: sleutel
Meervoud: sleutels
Verkleinwoord: sleuteltjie
Meervoud van verkleining: sleuteltjies

Betekenis:
• Instrument waarmee 'n slot oop- of toegesluit word.
• (figuurlik) Iets wat aan 'n sleutel herinner of die funksie van 'n sleutel verrig.
• Kode waarmee 'n raaisel opgelos, 'n geheim ontsyfer of 'n syferslot geopen word.
• (gereedskap) Gereedskap om boute en moere vas te draai (soos 'n moersleutel).
• Musieksimbool aan die begin van 'n notebalk wat die toonhoogte van die note aandui.

Gebruik:
• 'n Sleutel is 'n spesiaal geslypte stuk metaal met groewe, bulte en gate wat dit in 'n slot laat pas.
• Goeie punte op skool is die sleutel tot sukses in die beroepswêreld.
• Ons het ongelukkig nie die sleutel om die geheime skrif te ontsyfer nie.
• Gee vir my die nommer 13-sleutel dat ek die bout kan vasdraai.
• Drie soorte sleutels word in moderne musieknotasie gebruik, naamlik F, C en G.

Afgelei:
• moersleutel
• sleutelbeen
• sleutelbord
• sleutelbos
• sleutelgat
• sleutelring

Verwant:
• loper
• slot
• sluit

Vertaling:
Engels: key; spanner, wrench; clef
Nederlands: sleutel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: soortnaam
Volgende onderwerp: voorwerp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 01:01:50 MGT 2024