Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » soortnaam
soortnaam [boodskap #126614] Vr, 14 Junie 2019 15:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19042
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
soortnaam
Afbreking: soort•naam
Samestelling: soort + naam
Uitspraak: /ˈsuə̯rtnɑːm/



Selfstandige naamwoord: soortnaam
Meervoud: soortname
Verkleinwoord: soortnaampie
Meervoud van verkleining: soortnaampies

Betekenis:
• (taalkunde) 'n Konkrete dinge wat getel kan word; selfstandige naamwoord wat nie 'n eienaam is nie.
• (biologie) Naam waarmee alle lede van dieselfde soort aangedui word, veral plante en diere. Naam van 'n spesie.

Gebruik:
• 'n Soortnaam het meervouds- of verkleiningsvorme en word anders as eiename meestal met 'n kleinletter geskryf: kas (kasse, kassies), mens (mense, mensie, mensies), skoen (skoene, skoentjie, skoentjies).
• Die soortnaam 'discolor' beteken tweekleurig en verwys daarna dat die blare bo donkergroen en onder silwerwit is.

Sinoniem:
• soortaanduiding
• spesienaam

Vertaling:
Engels: appellative, common noun; generic name
Nederlands: soortnaam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: werkwoord
Volgende onderwerp: sleutel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:42:34 MGT 2024