| mees [boodskap #125810] |
Di., 14 Mei 2019 05:46 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25888 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mees
Afbreking: mees
Bywoord: mees
Betekenis:
• Die heel meeste; in die hoogste mate; meer as enigiets of enigiemand anders.
Gebruik:
• Hy is die mees ervare kandidaat.
• Die mees suidelike geveg van die Anglo-Boereoorlog het in 1901 naby Stilbaai plaasgevind.
Vertaling:
Engels: most
Nederlands: meest
Nota:
• "Mees" is die oortreffende trap van baie, veel.
• "Mees" word nooit saam met woorde wat met -ste eindig gebruik nie.
Selfstandige naamwoord: mees
Meervoud: mese
Betekenis:
• 'n Klein sangvoël van die familie Paridae.
Gebruik:
• Die mees is 'n klein, stewige voëltjie met 'n relatief kragtige snawel.
Vertaling:
Engels: tit, chickadee
Nederlands: mees
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|