Betekenis:
• Waarvan daar nie ander of meer is nie.
Gebruik:
• Sy is my enigste suster.
• Hy was die enigste persoon wat dit vermag het.
Spreekwoord:
• Die enigste roos tussen die dorings. ['n Meisie tussen mans.]
• Iemand se enigste ooilam. [Die besitting waaraan iemand die meeste waarde heg.]
• Die dood is die enigste raat teen die ouderdom. ['n Mens kan nie keer dat jy oud word nie.]