Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Assirië
Assirië [boodskap #125530] Wo, 01 Mei 2019 12:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ou kaart waarop Assirië aangedui is.
Ou kaart waarop Assirië aangedui is.
Assirië was 'n ou ryk in Asië wat nou gedeeltelik Irak is; het voor 3,000 v.C. as stadstaat (Assur) begin. Dit was ’n hooggeleë streek met rotse (waarvan klip gebreek is, in teenstelling met die modderstene wat in Babilonië gebak is), met valleie waar koring en gars gesaai is. Hier het ’n oorlogsugtige en magtige volk ’n ryk opgebou van die Persiese Golf tot aan die Nyl. Onder sy groot regeerders was Sargon II (722 - 705 v.C.) en sy seun Sanherib (705 - 681 v.C.), groot aanvoerders van leërs met strydwaens, boogskutters, stormramme en ysterwapens, die eerste wat op groot skaal gebruik is. Een van die Assiriese stede was Nineve.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Assignate
Volgende onderwerp: Assisi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:51:38 MGT 2024