Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 50% van alle misdaad in Gauteng gepleeg
50% van alle misdaad in Gauteng gepleeg [boodskap #119780] Do, 09 September 2010 14:47
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
50% van alle misdaad in Gauteng gepleeg
2010-09-09 11:53

Kaapstad - Die helfte van alle misdaad in Suid-Afrika vind in
Gauteng plaas.

Só het genl. Bheki Cele Donderdagoggend in Pretoria gesê by die
bekendmaking van die jaar se misdaadstatistieke.

"50% van alle misdaad in die land vind in Gauteng plaas," aldus Cele.

"In Kwazulu-Natal lyk dit ook rof, maar ons hoop dinge word daar
omgedraai."

Vroeër het Nathi Mthethwa, minister van polisie, bekend gemaak dat
talle ernstige misdade soos moord, bankrooftogte en roof met
verswarende omstandighede afgeneem het.

Cele was vol lof vir die gemeenskapspolisieforums wat volgens hom 'n
groot bydrae lewer tot die bekamping van misdaad.

Volgens die generaal is die polisie se moraal besig om drasties te
verbeter.

"Verlede jaar moes ek elke week tussen 10 en 15 lede se vorms teken
wat die diens wou verlaat. Vanjaar was die eerste geval van iemand wat
wil waai, in Augustus aan my bekend gemaak."

Cele het bygevoeg dat 4 000 mense hul terugkeer na die SAPD wil maak.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/50-van-alle-misdaad-in -Gauteng-gepleeg-20100909

*
Julle Tranvalers op die nuusgroep moet julle gedra.
Julle is hoeka besig om die plek te overcrowd
Vorige onderwerp: Vrou wou nie hoewe los – toe word sy vermoor
Volgende onderwerp: Bedrog-nes in staat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 14:05:48 MGT 2024