Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Vrou wou nie hoewe los – toe word sy vermoor
Vrou wou nie hoewe los – toe word sy vermoor [boodskap #119777] Vr, 03 September 2010 09:43
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Buks Viljoen

Nelspruit. – ’n 64-jarige vrou wat geweier het om van haar kleinhoewe
naby die stad te trek omdat haar oorlede ouers se as daar gestrooi is,
is gisteroggend vermoor in haar bouvallige huis gevind.

Mev. Elizabeth Dorey se hande was agter haar rug vasgebind, ’n stuk
lap is in haar mond ingeprop en sy is met ’n elektriese koord gewurg.

Dit was die derde keer in sewe jaar dat Dorey in haar huis op haar
Hilltop-kleinhoewe aangeval is.

Die moordenaars het Dorey skynbaar Donderdagaand vroeg in die
verwaarloosde huis oorval.

Hulle het ’n ruit by die voorstoep gebreek en toe heeltemal uit die
vensterraam gehaal om by die huis in te kom.

’n Werker het omstreeks 07:00 by die huis opgedaag en onraad vermoed
toe hy die gebreekte ruit sien.

Hy het hulp by die bure sowat 300 m daarvandaan gaan soek.

Hulle het haar lyk in die huis se gang gekry.

“Sy is ’n fyn geboude en weerlose tannie wat voordat sy vermoor is,
skynbaar erg deur haar moordenaars aangerand is,” het kol. Gerrie
Agenbag, speurtakbevelvoerder van die polisie in Nelspruit, gesê.

Dorey het verskeie erge slaanmerke aan die lyf en die gesig gehad.

Die vorige aanval op haar was op Kersdag 2007 en Agenbag het destyds
ook die saak ondersoek.

- Enigiemand met inligting oor die moord is gevra om Agenbag by 013
759 1108 te bel.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-wou-nie-hoewe-los -toe-word-sy-vermoor-20100902
Vorige onderwerp: Noem julle dit steeds mense?
Volgende onderwerp: 50% van alle misdaad in Gauteng gepleeg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 02:44:59 MGT 2024